Hoe lank gaan ons nog swyg as ons Christelike norme aangeval en Eerstewêreld-standaarde afgetakel word? Moet ons swyg as ons verkrag, beroof en vermoor word; swyg as onbevoegdes ons kundiges se toekoms so belemmer dat hulle na die buiteland verhuis? Moet ons oor alles swyg omdat ons bang is om as rassehaters gebrandmerk te word? Nee, ons durf nie verder swyg nie! Al word dit lewensgevaarlik om die waarheid te praat, is dit noodsaaklik dat volksgenote dit moet hoor!