Met betrekking tot ons vorige berig vanoggend oor die sporadiese uitbreek van geweld in ons land: Die koerant, The Middelburg Observer, het vandag met ‘n ROOI WAARSKUWING berig dat stakende munisipale werknemers met vuurwapens in Walter Sisulustraat in die sakekern opgeruk en vullis in die straat gegooi het terwyl hulle skote links en regs afgevuur het.
Die geweld het gister uitgebreek toe stakende werkers op die sekuriteitsinstansie, PPP begin skiet het en dié teruggeskiet het. Een werknemer het aan sy beserings beswyk. Nog een is steeds in 'n kritieke toestand.
Die geweld het gister uitgebreek ná ’n krisisvergadering wat nie daarin geslaag het om ’n oplossing vir die voortslepende arbeidsonrus te vind nie. Werknemers was glovan mening dat 'n skikking bereik sou word vir hulle eis van 'n Vlak 5 munisipale opgradering. Werknemers sê die staking sal voortduur totdat daar aan hul eise voldoen word. Die “eis” klink maar flou; dit is nie juis ‘n saak waaraan munisipale werkers hulle steur nie en die vermoede is dat dit net ‘n front is om te deel in die onrus wat reeds plek-plek in die land‘n aanvang geneem het.
Daar is geen woord van die munisipaliteit oor wat die volgende stappe sal wees om die geweld hok te slaan nie. Daar gaan dus geen stappe geneem word om die geweld te stop nie terwyl talle onskuldige persone se voertuie met klipgooi en brand verinnerweer word.
Sal hierdie die groot sneller wees vir die lank verwagte burgeroorlog in ons land?