“Hou maar net vas wat julle het,totdat Ek kom”- Openb.2:25
Gelofteland wens al sy lesers 'n geseënde en voorspoedige 2022 toe.
Ons weet dit gaan 'n nog moeiliker jaar as 2021 wees maar ons weet ook dat ons Vader in die hemel sy kinders dra waar hulle nie self kan loop nie, en dat Hy sy hand nie van ons sal onttrek nie maar ons sal beskerm in die moeilikste tyd van ons lewe waar die satan soos 'n brullende leeu rondloop om te kyk wat hy kan verskeur. Ons sien dit letterlik gebeur in hierdie dae, maar daaraan sal ook 'n einde kom.
Dus, hou maar net vas wat julle het totdat Hy kom, soos Hy in Openbaring 2:25 aan ons sê. Dit behels veral ons geloof in Hom, dat ons nie sal twyfel oor sy liefde en betrokkenheid in ons lewens nie, en natuurlik ons gehoorsaamheid aan sy gebooie waaraan Hy ons geloof en liefde vir Hom meet soos in die Woord aan ons gegee.
Hou vas aan Jesus Christus, Hy sál tot ons redding kom!