MY STRYD (7) SLOT

Lees reeks by My Stryd

Ds AE vd Berg

SWAK  BESKERMINGSDIENSTE

1.         Die SA Polisiediens (SAPD)

‘n Polisiemag wat sy sout werd is, sal daadwerklik misdaad beveg sodat wetsgehoorsames in rus en vrede kan leef.   Dit was vir baie jare die geval in my land.  Suid-Afrika het oor een van die mees effektiewe polisiemagte ter wêreld beskik.  Vandag nie meer nie.  Na April 1994 het die getransformeerde Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) geen oplossing gebring nie, maar eerder deel van die probleem geword.  Ten spyte van die skerp toename in aanstellings, neem misdaad nog steeds toe.

Ongewenste plante word nie uitgewis deur hul blare af te breek nie.  Dit moet met  wortel en tak uitgeroei word.   Ongelukkig gebeur dit nie in my land nie.  Die geweld wat ons nou al vir etlike jare teister, is deel van die regering se politieke mondering.  Daarom word die misdaadepidemie nie hokgeslaan nie.  Een van die hoofredes is die uiters swak mensemateriaal in ons beskermingsdienste.  Kundiges word doelbewus oor die hoof gesien, terwyl onbevoegdes in deskundige poste aangestel word.

Baie van die onbevoegdes het nie eens hul hoërskoolopleiding voltooi nie en derhalwe nie in staat om ‘n verklaring af te neem nie.  Selfs die SAPD se blitspatrollie met hul 10111 noodlyn wat eers die juweel van die ou polisiemag was, het ‘n bespotting geword.  Dit word dikwels deur onbevoegdes beman wat beswaarlik die vermoë het om noodoproepe na die regte afdelings te herlei.   Dis nou indien hulle dit wel beantwoord.

Terwyl blanke polisielede basies al die werk doen, word onbevoegdes tot range bevorder waarvoor hulle glad nie opgewasse is nie.  Blanke lede loop gereeld onder swartes se haatoptredes deur as diè hul onkunde ontmasker.  Dit het ook al dikwels gebeur dat blanke lede na swart gebiede verplaas is ten einde hulle moed te breek en hulle te laat bedank; iets wat die afgewaterde polisiediens allermins kan bekostig.

Swak mensemateriaal het die SAPD tot in die kern verrot.  Hoe kan wetsgehoorsames na sulke mense opsien?   Die minister van Veiligheid en Sekuriteit ontvang ‘n reuse salaris om misdaad te bekamp, maar doen dit nie.  In ‘n merietebedeling sou hy al lankal die trekpas gekry het!  Desondanks sit hy nog steeds in sy pos en glo dat sy buitensporige salaris hom toekom.

Die SAPD gaan self onder ernstige korrupsie gebuk.  Die gewese polisiehoof is selfs van sy pos onthef.  Daar is ‘n spreekwoord wat lui: Sê my met wie jy omgaan, en ek sê jou wie jy is.  En dis so waar!  ‘n Polisiehoof wat verbintenisse met dwelmbase, bendelede en veroordeelde misdadigers het, kan beslis nie op misdaadbekamping ingestel wees nie!

Die SAPD kon by meer as een geleentheid hulself nie eens teen rowers verdedig nie.  Polisiestasies is al bestorm en van vuurwapens en ander items beroof!  In 2006 alleen, het die SAPD meer as 15,000 van sy eie vuurwapens verloor.  Die nuusmedia het selfs bespiegel dat swart lede hierdie wapens aan misdadigers verkoop het!

Polisiemisdaad neem onrusbarend toe.  Wetsgehoorsames weet nie meer wie die gevaarlikste is nie – misdadigers of polisielede?   Dossiere wat verlore raak, het al die spot van die SAPD geword.   Lede word omgekoop om dossiere te laat verdwyn.  Rapport van 18 Junie 2006 berig van R14 miljoen wat spoorloos uit die kluis van ‘n polisiestasie in Benoni verdwyn het.  Twee swartes wat later in diè saak moes getuig, is kort daarna op geheimsinnige wyse in polisieaanhouding dood.

2          Korrektiewe Dienste

‘n Ontstellende berig in Citizen van 17 November 2006 lui dat korrupte bewaarders ontsnaproetekaarte aan misdadigers verkoop.  Hierdie kaarte is deur die Departement van Korrektiewe Dienste opgestel wat alle moontlike ontsnaproetes aandui ten einde ontsnappings te voorkom.  Die berugte reeksmoordenaar Annanias Mathe het glo so ‘n kaart vir R80,000 in die hande gekry om uit die Maksimumgevangenis in Pretoria ontsnap.

Die Citizen van 8 Oktober 2007 berig dat die ouditverslag van die Departement van Korrektiewe Dienste al ses jaar lank in geldelike wanorde is.  Daarbenewens weet niemand waarheen die R2,8 biljoen wat weg is, verdwyn het nie.

Onbevoegdheid, korrupsie en misdaad is besig om ons bekermingsdienste onherstelbare skade te berokken.  Hierdie verfoeilike toedrag van sake kan net stopgesit word indien daar heelbo begin en die verrotting wat swak mensemateriaal veroorsaak in sy geheel weggesny word.  Indien dit nie spoedig gedoen word nie, sal Suid-Afrika tot dieselfde vlak as die res van Afrika daal.   Ek gun hierdie roof vir geeneen van my volksgenote nie.

Slot

Ek haat nie swartes nie, maar verag wel hulle sinnelose geweld, minagting van menselewens, onregverdigheid, onbillikheid en parasitering.  Dan praat ek nie eens van die bedenklike wyse waarop booswigte opgehemel en eerbares van hul waardigheid gestroop word nie!   Die swart regering trek ‘n dik streep deur elke moontlike stukkie optimisme wat daar nog in wetsgehoorsames oorgebly het.

Die plaaslike swart bewind verskil nie van die res van Afrika nie.  Dis ‘n eindelose herhaling van die verkeerde manier van leef en ‘n dolle gejaag na die afgrond.   Plundersug skep geen demokrasie nie, maar eerder ‘n kleptokrasie waar elkeen gryp wat hy kan en na die duiwel met die res!

Indien ons nie spoedig van hierdie rowers ontslae raak nie, sal die wiele van die staatsmasjienerie op ‘n dag gaan staan.  My land is alreeds op sy reserwe-tenk.  Daarom eis ek ‘n beëindiging van hierdie skrikbewind.

Dit is my stryd!