AANSLAG TEEN DIE AFRIKANER...

...DEUR GRONDWET GEMAGTIG

“INJUSTICES OF THE PAST”. So staan dit in die ANC-grondwet. En met hierdie paar woorde word die Afrikaner tot misdadiger verklaar.

Dit spreek dan eintlik vanself dat sy geskiedenis, kultuur en tradisies eweneens ‘n stuk onreg sal wees. Waarom sou die grondwet dit erken? Wel, kom ons gaan kyk wat het met die Afrikaner se regte gebeur onder die “beste” grondwet in die wêreld.

In 2016 het Afriforum sy rieme styfgeloop in die Konstitusionele Hof. Iets wat hulle moes verwag het as hulle die grondwet behoorlik bestudeer het en veral die doel van die grondwet verstaan het.

Hulle het vergeefs geveg om Pretoria se straatname te behou. In geen onduidelike taal was die meerderheidsuitspraak van die hof dat ‘n “cultural tradition founded in history” nie deur die grondwet erken word nie. Dit is nou dieselfde grondwet waarin staan dat die land “aan almal behoort, verenig in ons diversiteit.”

Maar die polities-gedrewe hof het in die saak van City of Tshwane Metropolitan Municipality v AfriForum vir al die goedgelowige Afrikaners moes toon dat die grondwet in sy retoriek twee dinge tegelykertyd probeer doen, naamlik om enersyds voor te gee dat ons nou “een nasie” is waarin almal dieselfde beskerming sal geniet, dog in dieselfde asem die Afrikaner sy regte ontneem juis omdat hy as ‘n misdadiger beskou word.

Regters Cameron and Froneman het van die meerderheidsuitspraak verskil en die volgende belangrike opmerking gemaak:

“… the implication that may be drawn from the first judgment is that any reliance by white South Africans, particularly white Afrikaner people, on a cultural tradition founded in history, finds no recognition in the Constitution, because that history is inevitably rooted in oppression”.  

Die feit dat die Stadraad van Pretoria geen konsultasieproses gevolg het nie en boonop nie die regte prosedures in die howe gevolg het op pad na die Konstitusionele Hof nie, is eenvoudig oor die hoof gesien. Soos regters Froneman en Cameron gesê het:

“...attenuating well-established and sensible rules and principles for hearing appeals against the grant of temporary interdicts.”

So, daar het u dit! Die pragtige Grondwet erken nie die Afrikaner nie want sy hele geskiedenis is een stuk onreg. Selfs Wolraad Woltemade, Racheltjie de Beer - die hele lot. Almal rassiste wat tot die asblik behoort. En ANC-terroriste wat op lafhartige wyse mense vermink en vermoor het verdien al ons lof en eerbetoning.

Ons reg op “gelykheid” en “gelyke behandeling” en “waardigheid” is nie die papier werd waarop dit staan nie.

Ons is “united in our diversity” vir sover ons alles afsweer wat ons was en alles wat ons nie wil wees nie as ‘n nuwe identiteit aanvaar.

Dit bring mens by die volgende saak in die Grondwet. Daardie aspekte wat duidelik diskriminerend is teen die Afrikaner en met dit wat nou ten aansien van eiendomsreg gedoen gaan word, die grondwet self tot die asblik verdoem.

Met die voorgestelde “onteiening sonder vergoeding” sal eiendom wat regmatig bekom is jou eenvoudig ontneem kan word en jy nie ‘n sent daarvoor kan kry nie. Dit sal nie in naam van Kommunisme gedoen word nie, maar deur die “beste” grondwet in die wêreld.

Nie alleen gaan grond onteien word nie, maar gaan die ANC die grond eintlik “namens“ grondeienaars hou. Dus, al behou jy eiendomsreg op ‘n stuk grond of jou woonhuis, die staat is eintlik die eienaar daarvan.

As die hele proses selfs liberaliste soos dr Anthea Jefferey bekommer (“the wording of the draft Bill is disturbing”), dan moet mens weet hoe verrykend die gevolge daarvan gaan wees. Die ANC en die EFF voer al lankal aandat die grond in hierdie land deur die Blanke gesteel was en aan die “regmatige” eienaars teruggegee moet word. Sonder vergoeding. Nou gaan die hoogste wet in die land dit moontlik maak sonder dat ‘n “outokratiese” kommunistiese regering daarvoor verantwoordelik gehou kan word. Marxisme-Leninisme en Kommunisme word nou verskans in die Grondwet.

En moenie dink dit gaan bly by plase nie. Nee, woonhuise, fabrieke, kantore, werksplekke, ja enige eiendom is die teiken. Dat dit die ekonomie finaal gaan knak kan die ANC nie ‘n duit skeel nie. Boere se minerale regte is reeds gevat (waarvan meeste sonder vergoeding), so dis eenvoudig roekeloos om te glo dat die ontneming van alle ander eiendomsreg nie sal plaasvind nie.                                                                                                                                               

Die kommunistiese plan met Suid-Afrika word nou ten uitvoer gebring. Deur middel van die grondwet wat steeds deur baie Blankes as hulle “redding” beskou word. So sal, soos dr Jeffrey dit teregstel:

“...the ANC could thus attain its decades-long desire to bring all the country’s land under its custodianship and control”.

“The ANC also wants to ‘eliminate’ all existing property relations, enroute to a socialist (and ultimately communist) society”.

Jou “kaart en transport” in ‘n kommunistiese staat beteken niks. Jy is uitgelewer aan die genade van die barbaar. En deur eiendom aan sy “grondhonger” stemvee te belowe en dan te “gee”, terwyl hy die “custodian” daarvan is, versekerdat die ANC virnog 25 jaar aan bewind sal bly. 25 jaar waarin die Afrikaner, indien hy dan nie reeds uitgewis is of gevlug het nie, tot die slawestand verdoem sal wees. Grondwet en al!