Werk julle eie heil uit met vrees en bewing
(Filippense 2:1)
Hierdie Woord is dikwels deur dr H F Verwoerd aangehaal tydens sy bewindstyd in die jare sestig, die Goue Dekade van Afrikanerskap en Blankeskap – toenemende voorspoed en rustigheid vir Wit, Swart en Gekleurd.
Op 31 Mei 1961 is die vryheidstryd teen Britse imperialisme staatkundig in triomf beëindig toe die Republiek van Suid-Afrika totstand gekom het. Terselfdertyd het die stryd om ekonomiese voortbestaan van die Afrikaner wat in 1902 begin het, 'n hoogtepunt bereik. Die stryd op daardie twee terreine was tasbaar en gevolglik in dié sin meer haalbaar as die derde strydperk om voortbestaan as volk, as 'n betreklik klein Blanke volkie op Donker-Afrika-bodem. Hierdie strydperk was nie so ooglopend sigbaar as die ander twee strydperke (staatkundig en ekonomies) nie, maar virtueel van aard en gevolglik moeiliker om as strydperk aan die bevolking te "verkoop“. Ongelukkig ook en veral aan die Afrikanervolk wat op 31 Mei 1961 skielik voor 'n bedekte in plaas van 'n tasbare en sigbare stryd te staan gekom het.
Daarby het selftevredenheid oor die sukses van die staatkundige stryd te midde van ongekende ekonomiese voorspoed meegebring dat die werklikheid van voortbestaan as 'n klein volk te midde van 'n oorwegend heidense Swart massa by die Afrikaner verbygegaan het. Die uiteinde daarvan ervaar ons vandag – en nie net ons as Afrikaners nie, maar ons saam met die Engelssprekende Blankes in hierdie land. Die stryd wat op twee terreine op 31 Mei 1961 oorwinning gebring het, het nie tot nuwe doelgerigte idealisme gelei nie maar eerder in selfgenoegsaamheid verval.
Terselfdertyd het die era van sterk leierskap ná dr Verwoerd ook onder die Afrikaners en Blankes, soos elders in die wêreld tot 'n einde gekom. Noodwendig het dit tot koersloosheid gelei terwyl teenstand teen die gang van sake soms met geweld onderdruk is.
Die ANC as die simbool van Swart oorheersing ervaar tans dieselfde toestand, naamlik dat die "struggle“-bedeling verby is. Die nuwe geslag Swartes sedert die (kommunisties-gedrewe) rewolusie wat in 1990 deur De Klerk se Rooi Vrydag-toespraak aan die gang gesit is, se drome van rykdom en statuur in 'n kommunistiese nirvana is nie verwesenlik nie. Inteendeel is die tekens van verslegting óór-duidelik sigbaar.
Teen alle goeie verwagtinge van sogenaamde leiers in weier die Blankes en veral die jonger geslag Blankes om aan die reënboogideaal toe te gee. In plaas van saam met hulle Swart tydgenote te toyi-toyi het die Blanke jongmense noodgedwonge geleer om op eie voete te staan en self die verantwoordelikheid vir hulle lewens te aanvaar. Dit is ietwat ironies dat hulle nou, in die verdrukking, bereid is om dit te doen nadat hulle ouers en grootouers nie almal daartoe bereid was toe dit nog dienlik sou gewees het nie, en eerder in die gemakstoel van werkgeleentheid en lewensekerheid soos pensioen agteroor gesit het... Maar soos die Woord sê: Want drukking van melk bring botter voort, en drukking van die neus bring bloed voort (Spreuke 30:33).....
Dit bewys die waarheid van die Bybelwoord: Werk jou eie heil uit. Doen wat jou hand vind om te doen en doen dit met alle mag en oorgawe. Want jy hoef nie daarna te soek nie – dit word voor jou gebring. Daarom moet jy dit met vrees en bewing doen.