Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Elke mens se kruik word by tye so leeg dat jy niks meer het om mee te werk nie. Daar is net een plek om dit weer vol te maak: aan die voete van ons Here Jesus. Gaan sit nou jou leë kruik daar neer en vertel aan Hom hoe jy jou daaroor bekommer, en jy sal verstom staan hoe Hy dit met al jou daaglikse benodigdhede opvul !
ONS SNELTREIN NA DIE AFGROND
As ‘n mens vandag na al die foute van die ANC kyk is werkloosheid redelik bo aan die lys. Daar word tans in die media met groot ontsteltenis gekyk na die 10 miljoen werkloses in ons land – die ergste wat dit nog ooit was. Die vermoede bestaan egter dat daar nog baie miljoene méér werklose vreemdelinge besig is om ons land en mense te plunder. Werkloosheid het 'n negatiewe rimpeleffek op enige beskaafde samelewing en lei tot ‘n menigte van sosiale probleme. Dis natuurlik ook die weiveld van opstokers en ondermyners.
Die ANC se oggend- en aandpraatjies kom nie ooreen nie. Hulle het hul bv. ten doel gestel om 500,000 werkgeleenthede per jaar te skep. Daarvan het niks gekom het nie. Werkgeleenthede word eerder ingeperk. Al mense wat nog wel werk kry, is 'n handjievol swartes wat in poste wat van goedopgeleide blankes geroof is, aangestel word.
Verder is ons arbeidsterrein besig om in 'n sosio-ekonomiese moeras te verander want oral waar onbevoegdes aan die stuur van sake geplaas word, ly die ekonomie geweldige skade. In plaas van die ekonomie te bevorder, hou die regering hul eerder met ekonomies-skadelike praktyke besig. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is die duur berade, simposiums, vergaderings, indaba's en samesprekings wat nie net baie geld kos nie, maar die ekonomie ook niks baat nie. Dis eerder staatspartytjies en duur inhuldigings!
Elke stap wat die swart regime met betrekking tot die ekonomie geneem het, het tot groter staatsinmenging en ‘n doelbewuste verarming van blankes gelei. Twee jaar voor die magprysgawe het 'n wetenskaplike ondersoek getoon dat 32% van die blankes (3,88 miljoen) toe alreeds onder die broodlyn geleef het. Hierdie syfer is vandag baie hoër. Teoreties gesproke is blankes vandag selfs baie slegter daaraan toe as tydens die depressiejare van die vorige eeu. Die Carnegie-kommissie wat die armblankevraagstuk ondersoek het, het bevind dat 15,6% van die blanke bevolking van 1,8 miljoen destyds onder die broodlyn geleef het.
Werkloosheid is nie net vir swak gekwalifiseerdes en onbevoegdes ‘n probleem nie. Talle hoogsopgeleide en gegradueerde blankes sukkel in die huidige onregbedeling om geskikte werk te bekom en moet dikwels ter wille van oorlewing minderwaardige betrekkings aanvaar of sonder werk sit. Mensekapitaal bly altyd belangriker as geldkapitaal. 'n Land se ekonomie kan nie sonder die nodige menslike kundigheid vlot nie. Suid-Afrika se mineralerykdom sal byvoorbeeld waardeloos onder die grond bly lê indien daar nie kundiges is om dit ekonomies te ontgin nie.
Luiheid is nog 'n ernstige probleem aan die suidpunt van Afrika. Die swak voorbeeld wat die ANC-regime stel, stel mense aan 'n etiek van prestasievermyding bloot. Daar word baie gou na mense wat tradisioneel nie bereid is om positiewe produseerders te wees, as agtergeblewenes of minderbevoorregtes verwys. Watter waarde het mense wat gedurig vir almoese bakhand staan vir ‘n land?
Hierdie iets-vir-niks mentaliteit doen ‘n land onmeetbare skade aan. Die verskil tussen voorspoed en armoede hang ten nouste van mense se benadering tot arbeid af. Daar is bv. in Duitsland ‘n geheel ander vennootskap tussen werker en werkgewer as by ons. Met sy inspraak in besluitneming, probeer die Duitse werker nie soveel geld vir so min werk as moontlik kry nie. Hy sal eerder die onderneming waarvoor hy werk in samewerking met die werkgewer tot voordeel van albei uitbou.
Wat is Japan se suksesresep vir die ekonomiese reus wat hy vandag is? Sy werkers het eerstens dissipline en tweedens respek vir gesag. Die Japanese werker se prioriteite is reg. Hy stel groepsbelange bo individuele belange. Daarbenewens beskik die land oor ‘n burokrasie wat die landsekonomie met 'n ferm hand regeer. By Suid-Afrika ontbreek elkeen van hierdie kernaspekte.
Die Suid-Afrikaanse arbeidsmark word toenemend geknou deur werkers waarvan die produktiwiteitsvlakke uiters onbevredigend is. Dis gewoonlik mense by wie arbeidstrots feitlik geheel ontbreek. Werkgewers kan ongelukkig nie veel doen om swak werkers te ontslaan nie. Hulle word met vakbonde, hofsake en selfs die dood gedreig!
Voeg daarby die massas swart werkloses wat totaal werk-onbevoeg is, en jy kry ‘n droewige prentjie. Suid-Afrika sal nie van hierdie ineenstorting gespaar word nie. Ons is besig om in ‘n sneltrein die afgrond tegemoet te gaan. Die huidige werkloosheidsyfer is net ‘n simptoom van die ware toestand maar ook ‘n barometer van waar ons werklik staan.
Ons kan maar net bid dat die Here aan die ander punt staan om ons te vang wanneer ons ineenstort!