...WAAROM DAN TWYFEL?
Dr JJ Snyman
(Toe die laaste verkiesing in die Unie van Suid-Afrika op hierdie dag in 1958 plaasgevind het, was een van die belangrikste kwessies op die tafel die skeiding van volke. Dit was dan ook die stem van die Afrikaner waarmee hy daar sy staatkundige voortbestaan verseker het. Nie eers die politieke opposisie met al hulle weerstand daarteen kon toe daarin slaag om dit te ondermyn nie. Vandag is die Afrikaner nie in die posisie om dmv sy stem by die stembus sy voortbestaan te verseker nie; inteendeel, sy deelname aan die onwettige bestel gee valse legitimiteit aan die ANC. Elke volksgenoot wat dit begryp sal so ver as moontlik wegbly van die stembus op 8 Mei! Hierdie artikel van dr Snyman sit die situasie baie duidelik en prakties uiteen; ons hartlike dank aan hom daarvoor – Red.)
Vir enige ware Afrikaner-nasionalis is daar sedert 1994 net een opsie telkens as die vierjaarlikse koppetellery aanbreek,wat ook in liberale dialektiek as ‘n “demokratiese verkiesing” bekend staan. Daardie keuse word nie deur omstandighede of deur tydsverloop verander nie, juis omdat dit ‘n beginselkeuse is. En daardie keuse is om nie te stem nie. Nie gister nie. Nie vandag nie. Nie more nie. Nooit in hierdie bedeling nie.
Waarom dan nie stem nie? Wel, vir die soveelste maal: Die regmatige en internasionaal-erkende Blanke soewereiniteit op en in hierdie land is op bedrieglike wyse deur verraad aan ‘n swart terroristebende gegee wat op lafhartige wyse mense vermoor het en in die nuwe liberale orde heldestatus vir daardie terreurdade gekry het en nou bloot as gevolg van getalle, en nie deur enige meriete nie, die land regeer.
Die ANC regeer onwettig en deur middel van ‘n grondwet wat Blankes misken, hulle verlede as ‘n een groot misdaad beskou en ten doel het om die Blankes te vernietig. Ek neem daarom nie deel aan my eie gestadigde selfmoord nie.Ek is nie deel van ‘n bestel wat God misken en minag nie. Ek kruip nie voor die barbaar vir krummels nie. Ek het my selfrespek behou al het ek tydelik my vryheid in my land verloor.
Die Nasionale Party het in 1994 op onwettige wyse die soewereiniteit van hierdie staat oorhandig aan ‘n swart meerderheidsregering. Die Blanke is nie in die oordrag van mag geken nie. Dit is onweerlegbare feite, feite wat die mees geharde liberaliste toegee. Feite wat in die internasionale regsorde bly staan en nie deur tyd vergaan nie. Om die proses te steun deur deel te neem aan ‘n verkiesing is om legitimiteit daaraan te gee. Afrikaners met selfrespek weier om dit te doen.
Ek lewer my nie uit aan die Afrikagenade van hordes wat nie eers weet hoe om ‘n rioolstelsel van ‘n dorp in stand te hou nie en ook nie omgee nie. Spasie en geduld ontbreek om elk van die tien duisend vergrype (waarvan ons weet) hier te lys. Hoeveel bewyse is nodig om immoralteit, onbevoegdheid, onvermoë, banaliteit en barbaarsheid te bewys?
Ek sit nie in ‘n parlement met ‘n paar lede tussen redelose hordes en lieg dan vir mense dat ek ‘n verskil maak deur saam te plunder al kry ek net ‘n fraksie van wat die hoofplunderaars kry nie. Ek besmet myself nie met die etiket van deelname terwyl ons almal weet dis maar net gewone meerderheidsregering nie. Skuus, swart meerderheidsregering, of dan wel ‘n eenparty diktatuur.
Ek verag die nuwe Suid-Afrika omdat die nuwe Suid-Afrika, gestroop van die liberalistiese retoriek, my verag.
Die besluit om te stem of nie kan nooit afhang van wat aan jou opgedis word nie. Daar is nie ‘n beste keuse nie. Daar is net die regte keuse. Dit is en bly ‘n keuse vanuit beginsel en nooit vanuit omstandighede nie.Tekens is daar dat al minder mense gaan stem elke vier jaar. Waarom? Want hulle sien die futiliteit van die oefening in. Hulle sien hoe hulle verneder word. Hulle sien die veragting in die swartman se oë. Hulle sien hoe hulle stem ‘n druppel is in ‘n oseaan. Hulle sien, al is dit dan bloot uit ‘n praktiese oogpunt, dat stemmery ‘n speletije vir die onnadenkendes is.
Die destydse leiervan die Herstigte Nasionale Party, mnre Jaap Marais het die saak volledig verwoord. Waarom dan nou twyfel? Dit kan net wees omdat jy of jou party of beweging hom nie meer glo nie. Sy beginsels verwerp. En dis presies wat die HNP by monde van sy koerantjie Die Verloopte Afrikaner doen wanneer hy opmerk dat die “beste keuse” is om “maar” weg te bly. Dus, as daar iets beter was om voor te stem, dan is stem ‘n opsie! Die “maar” verklap boonop die party se ingesteldheid sedert dit in 2008 gekies het om Jaap Marais in beginsel te verwerp, dog in naam amptelik te behou om steun te behou.
Die besluit om te stem of nie kan nooit afhang van wat aan jou opgedis word nie. Daar is nie ‘n beste keuse nie. Daar is net die regte keuse. Dit is en bly ‘n keuse vanuit beginsel en nooit vanuit omstandighede nie.Tekens is daar dat al minder mense gaan stem elke vier jaar. Hoekom? Want hulle sien die futiliteit van die oefening in. Hulle sien hoe hulle verneder word. Hulle sien die veragting in die swartman se oë. Hulle sien hoe hulle stem ‘n druppel is in ‘n oseaan. Hulle sien, al is dit dan bloot uit ‘n praktiese oogpunt, dat stemmery ‘n speletije vir die breinloses is.
Hierdie verkiesingspel sal hom uitspeel. Dan sal wat regtig saakmaak sy beurt kry. En dit is: of jy as Afrikaner jou selfrespek, jou identiteit, jou durf, jou wil, jou roeping, behou het. Uit die as sal ons verrys. Want dit is wat die ANC en sy stem-proseliete van Suid-Afrika maak: ‘n ashoop.
Ons sal nie soos elkeen wat uit omstandighede optree swik as die verkiesing tog begin aanloklik lyk nie. Ons sal geduldig wag op die roepstem van ons volk. Ons is nie geroep om slawe te wees nie. Ons is geroep om vry te wees. Ons is bestem vir groter en beter en hoër dinge as ‘n spel van koppetel.