WAAROM ‘N STAATSBANK DIE OPLOSSING IS...

...Maar beslis nie vir 'n swart Suid-Afrika nie

Dr Danie Theron

Die SA regime se president, Cyril Ramaphosa, het op Woensdag 6 Maart 2018 aangekondig dat die Reserwebank genasionaliseer gaan word. Dus, die Reserwebank gaan nie meer as 'n private bank beskou word wat onafhanklik funksioneer nie, maar 'n staatsbank in die hande van die regering. Volgens Ramaphosa sal dit die land se soewereiniteit bevestig.

Na die aankondiging het die Rand verswak. As onafhanklike bank het die Reserwebank tans glo 770 private aandeelhouers wat elk 'n maksimum van 10 000 aandele mag hou. Aandele kan glo vir R9 elk gekoop word en daar is sowat twee miljoen te koop.

Die president van die Reserwebank word deur die regering aangestel en daar is noue samewerking tussen die regering en die Reserwebank soos byvoorbeeld by die vasstelling van die repokoers.

Voor die oorgawe in 1994 van die NP-regering aan die kommunisties beheerde ANC het baie in die ANC aangedring op 'n onafhanklike sentrale bank. Wat hulle eintlik bedoel het is 'n bank deur die ANC beheer.

Naomi Klein skryf in haar boek The Shock Doctrine dat Vishu Padayachee by die ANC aangedring het daarop, maar sonder sukses. Sodoende is die ANC glo verhoed om die "promises of the Freedom Charter" te implimenteer.

Dit is waarskynlik aan Harry Oppenheimer se invloed op Mandela te danke dat dit so afgeloop het. Die geldmagte wou juis verhoed dat die ANC die ekonomie onmiddellik in chaos dompel. Die geldmagte wou daardie beheer hou.

Nou na 25 jaar sien die gepeupel in die EFF die voertuig tot hulle utopie en moes die ANC noodgedwonge saamsing. Daarom die belofte so kort voor die verkiesing.

Ramaphosa is die geldmagte se man. Hy is deur hulle gemaak. Maar sy party druk hom nou in 'n ander rigting.

Of dit sal realiseer na die verkiesing sal nog gesien moet word. Indien wel is die einde van die staat baie naby. Nie eers Eskom sal 'n staat so gou breek soos 'n sentrale bank in ANC-hande nie.

'n Staatsbeheerde bank is die antwoord vir 'n verantwoordelike staat. Soos 'n soewereine Afrikanerstaat. Die ANC het met Eskom en andere bewys dat hulle korrup en onbevoeg en gulsig is. Hulle sal so 'n bank voor ontbyttyd leegsteel.