AGTERLIKHEID MOET BEVEG WORD

Dries Bergman

Miljoene mense glo dat om 'derdewêrelds' te wees ‘n soort noodlotsvonnis is waaronder sommiges lewenslank gebuk moet gaan.   Nee, dis geen onvermydelike toestand nie, maar eerder 'n sieklike mentaliteit wat mense laat glo dat hulle onder geen verpligting is om werk van dieselfde gehalte as die res van die wêreld te lewer nie.  Dis vir baie ‘n gerieflike bos waaragter hulle hul traagheid en luiheid verskuil.

Dis bv. derdewêrelds as ‘n regering regtellende aksie as ‘n knuppel gebruik om ekonomies-voorspoediges mee plat te slaan.   Dis derdewêrelds om van ander te verwag om skouer aan die wiel te sit maar self nie litte te roer nie. Derdewêrelds is geestesarmoede en ‘n selfopgelegde vonnis.  Die derdewêreldmens se geestesarmoedige lewens-ingesteldheid veroorsaak dat hy altyd in armoede en ellende sal bly leef.

Die derdewêreldmens verwerp so dikwels dit wat tot sy voordeel strek, maar omhels terselfdertyd dit wat vir hom en sy land nadelig is. Hy is ‘n jaloerse, hebsugtige mens wat hom altyd veronreg voel.  Daarbenewens neem hy nooit verantwoordelikheid nie en gee uiterlike faktore die skuld vir sy ellende, veral kolonialisme en apartheid.  Wat die derdewêreldmens nie kan insien nie, is dat wanneer hy ander vir sy swakheid blameer, hy homself swakker maak as wat hy werklik is.

Derdewêreldmense probeer altyd simpatie vir hul agterlikheid te verkry.  Swart staatshoofde misbruik gereeld hul diplomatieke posisie om die internasionale gemeenskap se simpatie en 'n stuiwer of twee in hulle bedelbakkie te verkry.  Sulke eerloosheid hinder derdewêreldregeringslui skynbaar nie in die minste nie.  Nee, agterlikheid moenie bejammer, maar eerder beveg word!