APARTHEID

Apartheid is nie deur die Nasionale Party van 1948 ingebring nie, maar dit kom uit dae van die Engelse bewind van Suid-Afrika.

Apartheid is in 1894 in die skole in die Kaap ingestel deur Leander Star Jameson van die ‘Progressive Party’.

Die ontugwet was in die jare 1850 reeds in gebruik in Natal, die Vrystaat en in Kaapland. Snaaks genoeg, Transvaal was die enigste provinsie wat nie ’n ontugwet gehad het nie.

Die Indiërs is in 1896 van die kieserslys in Natal afgehaal. Hulle is net afgehaal en nie op ’n aparte kieserslys geplaas nie.

Die 1936-wet is deur die smeltersparty van genls. Hertzog en Smuts aangeneem waar hulle die Swartes van die kieserslys afgehaal het en hulle aparte verteenwoordiging gegee het.

 

Die 1913-wet was die gevolg van ’n 1903-kommissie, die Langdon-kommissie. Die Langdon-kommissie het aanbeveel dat Blankes en Swartes wat politiek en woongebied betref, geskei moet wees.

In die Kaapse koloniale tyd was daar ’n bepaling in elke titelakte dat ’n Kleurling nie op daardie bepaalde grond mag woon nie. Dit is maar net later uitgebrei na die Groepsgebiedewet.

Die hele grondslag van apartheid het dus reeds in Suid-Afrika bestaan toe die Nasionale Party in 1948 oorgeneem het. Selfs Hancock, wat genl. Smuts se biografie geskryf het, sê alle regerings het apartheid in Suid-Afrika toegepas. Maar hulle het dit ad hoc toegepas – stuksgewys. Al wat die Nasionale Party gedoen het, was dat hy al daardie maatreëls in ’n logiese eenheidstelsel opgeneem het. Maar hy het niks nuuts daartoe toegevoeg nie.

J A Marais