ANGUS BUCHAN SE HAELGEWEER- TAKTIEK

Lees gerus weer hierdie artikel, en besef waarom mense more in groot getalle agter die man aanry - moet ook nie vergeet dat Buchan se trust reeds miljoene sterk is nie; more se byeenkoms sal dit verder goed aanvul.

Buchan en 22 April

Ds Andrè van den Berg

As sake in ʼn land skeef loop, raak mense paniekerig en op hol met enigiets wat na ʼn moontlike oplossing of uitkoms lyk. Dis baie gevaarlik en kan selfs die teenoorgestelde gevolge hê.”Soos wanneer iemand vlug vir ʼn leeu, maar ʼn beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en ʼn slang byt hom!” (Amos 5:19).

Angus Buchan se uitnodiging aan elke geloof, ras en kleur om op 22 April vanjaar saam te kom te kom bid vir die herstel van die land, laat rooi ligte brand. Dis sinkretisme – die vermenging van gelowe. Elkeen bid tot sy eie god en mogge troffe. Sulke haelgeweertaktiek hoort nie onder gelowiges nie!

Die geskiedenis leer dat mense nie uit die geskiedenis leer nie. Ook nie die Boerevolk nie.   Gemene sake met heidene was juis medeverantwoordelik vir die verval van die land.

Buchanse verlies aan profetiese visie word betreur. Hy het byvoorbeeld in ʼn vorige verkiesing openlik verklaar dat God hom beveel het om almal in Suid-Afrika aan te sê om te gaan stem. Dit rym nie met hierdie Bybelse opdrag:

Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;en Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige” (2 Kor.6:14-18).

In die 80er jare het talle vooraanstaande kerklui saam met imams en ander afgodsdienaars in Kaapstad by mekaar ingehaak en teen apartheid betoog. Vandag steier die land onder die gevolge daarvan!

Baie volksgenote beskou Buchan in stryd met die Skrif as ʼn tipe van verlosser. “Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie” (Ps.146:3). Ander glo weer dat hy die man met die bruin pak klere is waarvan Siener van Rensburg praat. Dis onwaarskynlik – hy is Engelssprekend. Daarbenewens bring die man in die bruin pak klere die ontgogelde volk tot bedaring wanneer hy hulle op ʼn koppie naby Lichtenburg toespreek. Gevolglik sal hy beslis Afrikaanssprekend wees.

Buchan is ʼn voorstander van die voorspoedteologie; dat geloof stoflike voordele inhou. Hy verdien skynbaar ruim uit sy optredes. Sy Shalom Trust is ʼn hele paar miljoen sterk.

Bukhan het egter ook positiewe punte. Sy uitsprake oor die herstel van die rol van man en vrou in die huwelik en sy standpunt teen homoseksualisme, is in ʼn tyd waarin die gat in ons sedelike osoonlaag al hoe groter word, verblydend. Die ophef wat mense egter van hom maak, is onrealisties en buite perspektief.