Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Nadat God sy eie taak as Skepper uitgevoer het, het Hy ook die rusdag geskep. Ons is veronderstel om heeltemal van ons werke te rus, nie net liggaamlik nie maar ook geestelik, sodat God ín ons kan werk.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (15)
083 444 7672)
Bouts vloek meer as gewoonlik. Die bakkie sit nou so laag in die modder dat hy amper nie die deure kan oopmaak nie en soos dit nou aangaan, kan hy maar die ding oor ‘n uur of drie koebaai waai. Hy het tyd gemors om die dooie mense weg te sleep, maar as hy hier naby moet slaap, gaan dit nie tussen ‘n klomp lyke wees nie.
Die wiele het in die gemaal en gesukkel die modder agter, voor en na die kante opgeskop en dit lyk asof iemand dit daarmee gespat het. Hy wat Bouts is, is ook vol daarvan en as hy daaraan ruik, is dit die modder van iets wat baie lankal verrot het. Dit wat die wiele die laaste keer opgeskop het, is nie meer bruin nie, maar ‘n donker grys-swarterige kleur. Dit stink!
Hy oorweeg dit om al sy goed van die bakkie af te haal, eenkant te gooi en hoop hy red dit van die stinkende vlei. Uit die hoek van sy oog sien hy die karre teen die heuwel afkom.
“Ek hoop dis mense met ‘n vriendelike ingesteldheid en nie nog mense wat geskiet wil wees nie!”
Hy hou op met dit waarmee hy besig is, maak seker die haelgeweer is gelaai en dan voel-voel hy in die bandolier hoeveel rondtes nog oor is. Nie baie nie.
*
“Ek ruik braaivleis!”
“Nonsens man. Niemand met volle verstand sal in hierdie tyd vleis braai nie. ‘n Mens kan dit te ver ruik.”
“Ek sê jou, ek ruik braaivleis. En as ek eerlik wil wees, ruik dit soos wors, ek kan amper sweer.”
“Jy gaan nou seker vir my sê jy sien rook ook?”
“Jip. Kyk daar, drie huise anderkant die sirkeltjie.”
“Is jy seker dis nie iets wat besig is om af te brand nie?”
“Glo, my. As daar iets is wat Jack Rossouw goed ken, is dit wors wat gebraai word.”
Diek hou voor die sterk staalhek stil, klim uit die Jeep en loop daarheen. Hy slaan met sy plat hand teen die deur en roep:
“Hallo, daar! Is daar vir ons ook ‘n stukkie?”
“Is jy mal, man!” skreeu Jack. “Hulle gaan mos nie oopmaak dat jy kan kom saam braaivleis hou nie. Vertel hulle eerder dat ons ‘n gewonde man by ons het.”
Diek hoor ‘n deur oopgaan.
“Wie is daar? Ons is gewapen, en ons sal nie huiwer om te skiet nie!”
“Dis van ons mense! Ons het ‘n gewonde man by ons. Ons vra net hulp.”
Diek kan hoor dat nog mense by gekom het. Hy hoor gedempte stemme praat en as hy moet raai, debateer hulle of hulle die hek moet oopmaak of nie. Na ‘n ruk hoor hy iets word nader geskuif en ‘n oomblik later verskyn ‘n donkerkop-man se gesig bo-oor die hek.
“Waar is die gewonde ou?”
“Agter op die bakkie, man. Hy het sleg seergekry en as hy nie gou hulp kry nie, sal hy doodgaan. Moet ons hom uitdra dat jy kan sien?”
“Nee. Dis nie nodig nie… aan die ander kant, ja. Bring hom dat ek kan sien en as dit waar is, kan twee van julle hom indra, maar julle los julle gewere buitekant. Verstaan jy?”
“Is daar iemand soos ‘n dokter by julle?”
“Nee, maar ons het ‘n veearts.”
“Dis goed genoeg. Maak oop, asseblief man!”
Diek is erg verlig as die hek stadig kant toe geskuif word. Voor hom staan ‘n man in sy laat twintigs of vroeë dertigs. Hy het ‘n pistool in sy hand. Dis nie op hulle gerig nie, maar kan vinnig opgetel word. Hy sien ‘n beweging agter ‘n voertuig en besef dis nog iemand, met ‘n geweer of haelgeweer, hy is nie seker nie.Dit maak ook nie saak nie.
Grootbert kom aangeloop met Uys in sy arms. Bloed loop teen Uys se arm en hand af, drup op die teer en dan op die sement ingang.
“Dankie, julle. Ons waardeer dit opreg.”
*
Daar is niemand so blind as hulle wat nie wil sien nie en niemand so doof as hulle wat nie wil hoor nie. Ten spyte van die geskiedenis wat die teendeel bewys, was daar baie mense wat nooit wou glo dat Suid-Afrika die pad van soveel ander Afrika-state sou loop nie. Nie net wat verval en korrupsie betref nie, maar ook dat, wanneer die moeilikheid onafwendbaar is, Afrika homself reinig van anderskleuriges en in hierdie geval van almal wat nie ‘n swart vel het nie. Hierdie “reiniging” gaan met woede, bloedlus en ongebreidelde aggressie gepaard. Gister se gemoedelike huishulp, tuinjong, pompjoggie, kelner, kassiere of buurman word oornag vandag se wreedaard. Diegene wat dit nie wil glo nie, kan maar gerus die geskiedenisboeke nagaan.
Die enigste verskil tussen die ander Afrika-lande en Suid-Afrika is dat die blankes nêrens het om heen te vlug nie. En tussen vermoor en oorlewing staan ‘n gewapende minderheid. Soos Paul Roux en sy Poena, en Diek en sy ou soldate.
*
“Ons het geweet daar gaan iets gebeur, maar net nie wanneer en hoe erg nie. Dit het ons met die probleem gelaat dat as die ergste kom, moet ons bly of gly? As ons gly, waarheen en wanneer? Ons het elkeen goeie werke of besighede gehad, met verbande, kar-skuld, kredietkaarte wat betaal moes word, sowel as die mense wat vir of onder ons gewerk het. Gaan ons te vroeg en niks gebeur nie, het ons ons werk of besigheid verloor en daarmee ons inkomste. Daarby sal ons niks hê om na terug te kom nie. Dan lyk ons soos idiote vir daardie mense wat gesê het alles sal voorspoedig gaan.”
“Toe bly julle maar? Ja, ek verstaan nogal die probleem. Ons ou manne wat in die oorlog op die grens was, het die gevaartekens helderder gesien en ons het nie juis iets gehad om te verloor nie. Die meeste van ons was òf afgetree, òf naby dit. Ons vroue is òf oorlede, òf het ons gelos omdat ons nooit regtig die grens uit ons koppe kon kry nie. Daarby was ons geskok oor dit wat vanaf 1989 tot 1994 gebeur het en baie van ons ou soldate het gevoel ons is verraai. Daarom is die oorlog nie klaargemaak nie en ons sal dit nou doen. So, dit was vir ons makliker om reg te maak as vir julle.”
“Die ander kant was net so moeilik. As ons bly, soos ons gedoen het, was daar geen manier om te weet hoe intensief en lank die wanorde sou aangaan nie. Ons was beperk met die aankoop van wapens en die tyd wat dit neem met al die stappe waardeur ‘n mens moet gaan voordat ons aansoek kon doen vir lisensies, het ons ontmoedig; die hoeveelheid ammunisie was beperk, so ons het maar gehoop vir die beste. En dit was toe al die tyd die ergste.”
“Wees nou maar eerlik: julle wou nie hoor nie.”
“Nee. Dit was te erg om in te dink.”
“Dink sò daaraan: in 2018, sou julle dit kon glo as iemand vir julle sou vertel het dat ‘n virus losgelaat sal word wat die wêreld in ‘n inperking sou laat vir sewe maande en die ekonomie van selfs die sterkste moonthede sou knou? Dat net in ons ou landjie honderde duisende besighede hulle deure as gevolg daarvan sou toemaak en miljoene hulle werk sou verloor? Dat ons ekonomie, wat reeds aan die sink was, met sewe persent sou inkrimp? Verstaan julle die implikasies? Sou julle in 2010 kon glo dat ‘n enkele Indiërfamilie honderde miljarde rande sou steel uit die staatskas, dat ons ‘n president het wat van een hofsaak na ‘n ander sou strompel? Dat ons vlak 6 kragonderbreking sal hê en dat ons uiteindelik, voordat Eskom finaal gevou het tot op vlak 8 sou gaan? Nee, julle sou nie. En tog het kenners soos Anthony Turton, Ted Blom en Chris Yelland oor en oor gewaarsku. Het julle tien jaar gelede gedink die SANW sou vir alle praktiese doeleindes nie meer diensbare voertuie hê en die Samils, wat al 40 jaar oud is, nog gebruik sou wees saam met Olifant Merk Twee tenks, wat niks anders is as Centurions uit die 1950’s wat ombou is nie? Dat ons land nie meer as ‘n handvol diensbare vegvliegtuie sou hê en net so min ervare vlieëniers nie?”
“Ons het nie geweet nie.”
“Het julle geweet dat in 2020 sou troepe in die infanterie se gemiddelde ouderdom 37 wees en eintlik nie meer prakties aangewend kon word nie? Dat daar ‘n onbehendige, oud-MK generaal sou wees vir elke 185 ander range, wat die hele besigheid so lomp gemaak het, dat 80 persent van hulle begroting net aan salarisse sou gaan? Sou julle my tien jaar gelede geglo het as ek sou sê die polisie sou die wapens wat ingehandig is, aan Kaapse bendes verkoop? Dat hulle rekenaarstelsel wat hulle eie wapens moet kontroleer afgeskakel sou word weens wanbetaling?”
“Is jy seker?”
“Ja. Dis gedokumenteer. Het julle geweet dat die nuwe voorgestelde wapenwet wat na 2021 geïmplementeer moes word, vir alle praktiese doeleindes die burgery sou ontwapen en dat hierdie ontwapening net so uit die Kommunistiese Handfes, dat Hitler, Stalin, Pol Pot, die Khmer Rouge, Idi Amin, Mau Tse Tung geneem is en vele ander dieselfde gedoen het voor massa-uitwissing? Luister, die tekens was alles daar. Waarom het julle dit nie gesien nie?”
“Ons was te besig met ons lewens om aandag te gee aan samesweringsteorië.”
“En was dit toe een?”
“Nee, dit was inderdaad die waarheid. En dit het ons onkant gevang.”