Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God se kreatiwiteit is eindeloos – elke lewe wat Hy skep is uniek en voldoen aan streng vereistes. Hy het ons ook geskape om kreatief te wees - Ex 35: "Die HERE het aan hulle vaardighede gegee om al die werk van 'n vakman te verrig: om te ontwerp, om blou, pers en bloedrooi wolstof en linne te borduur, en om te weef." En 1 Kronieke 15: "... om sangers te laat aantree met musiekinstrumente, harpe, liere en simbale..." 2 Kronieke2: "... vakman in die bewerking van goud, silwer, brons en yster en van pers, bloedrooi en blou wol. Hy moet ook vaardig wees in graveerwerk..." Wees elke dag kreatief met al jou Godgegewe talente, en jy sál gelukkig wees.
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (13)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
Although the press had maintained a steady trickle of unsourced exposés of the inner workings and membership of the Broederbond since the 1960s, the first comprehensive exposé of the organisation was a book written by Ivor Wilkins and Hans Strydom, “The Super-Afrikaners - Inside the Afrikaner Broederbond”, first published in 1978. The most notable and discussed section of the book was the last section which consisted of a near-comprehensive list of 7500 Broederbond members. The Broederbond was portrayed as Die Stigting Adriaan Delport (The Adriaan Delport Foundation) in the 1968 South African feature film Die Kandidaat (The Candidate), directed by Jans Rautenbach and produced by Emil Nofal.
The Broederbond and Apartheid Every Prime Minister and State President in South Africa from 1948 to the end of Apartheid in 1994 was a member of the Afrikaner Broederbond. English-speaking bureaucrats, soldiers, and state employees were sidelined by reliable Afrikaners, with key posts going to Broederbond members (with their ideological commitment to separatism). The electoral system itself was manipulated to reduce the impact of immigrant English speakers and eliminate that of Coloureds.The Afrikaner Broederbond continued to act in secret, infiltrating and gaining control of the few organisations, such as the South African Agricultural Union (SAAU), which had political power and were opposed to a further escalation of Apartheid policies. Members of political parties right of the National party were not welcome and 200 members were expelled by 1972.
In 1983 when the Conservative Party was founded with Andries Treurnicht as leader, all Broederbond members who belonged to the newly formed party were no longer welcome in the Bond. Treurnicht, C.W.H. Boshoff and HJ Klopper previous chairmen left the organization. Other members like van den Bergh, H.J. left too.
In 1985 the Afrikaner Broederbond realised that change needed to take place in South Africans Politics. Although the government did not talk openly with the banned ANC, it was decided by the organization they should start negotiating. On 8 June 1986 JP de Lange, the then chairman met Thabo Mbeki in New York for a five-hour meeting. It was a meeting held at a conference organised by the Ford Foundation. The meeting was just between de Lange and Mbeki, but at the conference other ANC members Mac Maharaj, Seretse Choabi, Charles Villa-Vicencio, and Peggy Dulany were present. P. W. Botha also left the Broederbond after his retirement.
*
‘n Onlangse video op die Business Day se webblad bevat ‘n onderhoud met die vorige Britse ambassadeur in Suid-Afrika, Robin Renwick. Tydens sy ampstermyn het De Klerk aan die ANC oorgegee en hy was ook een van die sleutelspelers tydens die Lancastherhuis-beraad wat op Robert Mugabe se oorname van die ou Rhodesië gelei het.Tydens die onderhoud met Business Day onthul Renwick enkele van die koverte Britse aksies wat hy onderneem het. In die eerste instansie, het hy baie nou met Helen Suzman saamgewerk. Onlangs het Renwick ook ‘n biografie oor Suzman gepubliseer. Dit was van die begin af sy plan om Nelson Mandela vrygelaat te kry en die ANC die land en die ekonomie te laat oorneem. Hy noem ook in die video dat hy Nelson Mandela afgerig het om byvoorbeeld ‘n goeie indruk op mev. Thatcher te maak.
Verwoerd is daarna deur Tsafendas vermoor en in 1989 was daar ook ‘n aanslag op PW Botha se lewe toe hy vergiftig is. Sterk gissings is dat De Klerk en Pik Botha daarvoor verantwoordelik was. Agterna het die media gesê dat hy ‘n”beroerte-aanval” gehad het, maar vir sy familie en vriende het PW Botha dit gestel dat hy vergiftig is. Mediesespesialiste het ditookbevestig.
“About 2002, 2 men arrived at our home in the Wilderness. They came to apologize to my husband for being present when his elimination was discussed. They withdrew, as they did not want to be part of his assassination. A poison was used which was procured from Russia and put into his tea after his horse ride one morning. His secretary brought him his tea. It manifested as a stroke, which his brain did not reflect after a scan”.-Elize Botha.
*
“Waar laat dit vir ons?”
“Julle sal geen ander opsie hê as om terug te baklei nie. En as ek sê baklei, dan bedoel en met hand en tand, geweer en pistool, soos dit gegaan het in Bosnië-Herzegovina en Sarajevo. Die regering weet dit – waarom dink jy was hulle so angstig om wapens uit die hande van blankes te kry? Die klomp kamma amnestie-periodes was pure snert. Ja, daar is van daardie wapens wat inderdaad vernietig is, maar wie behalwe die polisie het kontrole daaroor gehad? Ek is jammer vir die klompie eerlike en pligsgetroue polisiemanne en vroue, maar hulle is ver in die minderheid.”
“En staan ons ‘n kans teenoor die massas?”
“Natuurlik. Almal is so behep met getalle. Ja, daar is vyftig miljoen swartmense, maar die meeste van hulle sal nie betrokke raak by die gevegte nie, ander sal vlug, en dié wat wel gaan veg, is meestal nie opgelei nie, het nie ervaring met wapens nie en die belangrikste, hulle sal nie veg om oorlewing nie - julle wel.”
“Jy praat die hele tyd van ‘julle’. Is jy nie saam met ons in hierdie situasie nie?”
“Nee, boet. My en my makkers se tyd is verby. Kyk hoe sit hulle daar; nie een van hulle het baklei in hulle oor nie.”
Skeer, Arno en John sit lank stil. Hulle het hulle wapens gereed, met vars magasyne gelaai, veiligheidsknippe afgehaal. Hulle kan hoor hoe daar buite iets gebeur, maar met die dik deure en vensters is die klank ook gedemp. Die liggame van die aanvallers en dié van Nellie Visagie is die enigste aanduiding dat daar ‘n aanval was, die liggame en die swart kol op die duur mat wat deur die skokgranaat veroorsaak is. Die gesprek, al die inligting die legkaart-stukkies wat ingevoeg is, maak ‘n lelike, onsmaaklike prentjie uit, hier en daar in kleur, maar met nog stukke weg en op sommige plekke in wit-en-swart. Daar is baie vrae wat deur hulle verstande flits en draai, maar hulle weet nie werklik waar om te begin vra nie.
“Nou goed, Magnus. Jy het hier ‘n stuk gekonkel en gedraai uitgegorrel wat sin maak, maar ook baie vrae laat. Ek verstaan van die Broederbond en van Koffiefontein en hoe die spul aanmekaar skakel, maar die groot vraag is nog steeds, wat het Smit agtergekom? Ja, ek weet dis oor geld. Miskien baie. As jy sê Mulder en Rhoodie en selfs John Vorster is onder die bus gegooi vir hulle aandeel aan die Inligtingskandaal, en dit was maar oor ‘n geringe bedraggie, soos jy sê van vier en sestig miljoen rand, wat is baie geld, en waar is dit?”
“Een vraag op ‘n slag, alhoewel hulle almal aanmekaar geskakel is. Wat is nodig om ‘n volk en land te herbou, behalwe mense?”
“Geld en vaardighede.”
“Nou goed. Kom ons sê julle wen die oorlog, want dit is wat dit is, en julle sal as julle end-uit glo julle kan en sal. Kom ons gestel na ‘n paar jaar is daar vrede, die politieke geskille is uit te sorteer en julle as blankes kan weer in beheer van sake wees. Hoe gaan julle byvoorbeeld die briljante mense wat oorsee gegaan het teruglok?”
“Met geld.”
“Geld wat julle waar gaan kry?”
“Ons sal weer soos in die verlede die ekonomie van voor af begin opbou.”
“En sê nou net julle kan ‘n geldelike hupstootjie kry?”
“Ek voel aan jy wil my iets vertel.”
“Ek en die ander Koffiefonteiners, met die samewerking van vele ander mense het hierdie gemors mos al dekades gelede gesien kom. Ek het mos nou al daaroor gepraat. Dink jy ons het net politiek gespeel en ons tyd gemors? Nee, ons het voorsiening gemaak daarvoor.”
“Julle het geld iewers gebêre?”
“Ja. Vandat die Republiek tot stand gekom het, het ons goud uit die Reserwebank gevat en in die buiteland gaan wegsteek. Baie in Switserland, heelwat in Engeland, maar ons het dit later gaan terughaal. Daar is baie in Fort Knox in Amerika, in Frankryk en nog ‘n paar ander veilige plekke”.
“Hoeveel?”
“Vyf duisend ton.”
“Askies. Ek het nie mooi gehoor nie – ek het gedink jy sê vyf duisend ton?”
Magnus begin lag. Dis nie ‘n lag wat hy geniet nie en daarin is jare se moedeloosheid, frustrasie, woede, selfverwyt en hartseer. Na ‘n paar minute bedaar hy.
“Ja, jy het reg gehoor. Vyf duisend ton se goud.”
Skeer sit ‘n hele ruk stil. In sy gedagtes probeer hy uitwerk hoeveel dit kan wees.
“Dis maklik twee biljoen rand.”
“As jy bedoel biljoen soos ons in Afrikaans sê. Die Engelse praat van ‘n ‘trillion’. Baie mense verwar dit met ‘n triljoen. En dis nie twee nie, maar teen die huidige goudprys en Rand/Dollar wisselkoers, tussen vier en ‘n half en vyf biljoen. Dis nou vier duisend vyf honderd maal tien met nege nulle rande.”
“Dis meer as ons totale buitelandse skuld.”
“Amper dubbeld soveel. Waarom dink jule probeer die ANC-regering so hard om hulle hande op hierdie dokumente te kry? As hulle dit het, kan hulle die land verlaat en rustig langsaan De Klerk intrek.”
“Is dit die geld wat De Klerk en kie gekry het, ingesluit?”
“Nee. Tussen hulle het hulle maar sowat ‘n miljard gekry. Miskien minder.”
“En hoe kry ons dit in die hande?”
“In die badkamer, agter die spieël – ja ek weet julle het al daar gekyk – is daar ‘n brandkluis. Alles wat julle nodig het, sal daarin wees”.
“En hoe kry ons die brandkluis – breek ons die spieël?”
“Niks so kru is nodig nie. Nee, onder die handewas-bak is daar ‘n kraan, soos te verwagte. Draai hom heeltemal toe en dan weer heeltemal oop.”
“En is daar ‘n nommer?”
“Natuurlik. RAUTEM.”
“Die syferwaardes van die letters?”
“Korrek.”
“En as ons die inhoud gevat het, hoe kom ons hier uit?”
Magnus druk met sy krom rumatiek-voorvinger teen Skeer se bors.
“Julle moet julle pad oop baklei. Ek kan ongelukkig niks doen om julle te help nie.”
“Niemand wat jy kan bel om te kom help nie?”
“Nee. Julle is op julle eie.”
“Hoeveel manne wag buite op ons?”
“Jy is mos ‘n polisie-brigadier. Hoeveel dink jy?”
“Dertig, veertig?”
“Ek skat ook soveel.”
“Hoe lang tyd het ons?”
“Ek weet dit ook nie. Enige tyd, dink ek.”
(RAUTEM)