KRIEWELKOP
Op hierdie webblad het ons gesê wil ons ons volk geestelik help toerus. Waarom? Want geen stryd kan ooit gewen word sonder 'n geestelik goed toegeruste volk nie. Ons bluf onsself as ons dink dat ons die oorlog teen ons onderdrukkers kan wen met praat of skiet – die tyd vir praat is verby en die tyd vir skiet sal nog kom, dalk nie meer so ver nie maar dit sal fataal wees indien ons daardie skote aftrek voordat ons werklik toegerus en gereed daarvoor is.
Ons is almal bewus daarvan dat wanneer mens in gevaar verkeer jy na elke moontlike wapen sal gryp. Ook troetel jy jou beste wapens want as jy dit weggooi verswak jy jouself en versterk jou vyande daardeur. As ons werklik verstand het sal ons besef dat ons nie ons kragtigste wapen moet weggooi nie, en dit is ons Blanke volk self. Mens kan 'n oorlog wen sonder ander wapens en sonder voorrade met onkonvensionele oorlogvoering, maar geen volk kan die oorlog wen sonder om geestelik sterk toegerus te wees nie.
Die magte wat in ons land aan die werk is het grootliks daarin geslaag om die geestelike weerbaarheid van ons volk af te breek. Ons is ernstig verswak daardeur.
Baie van ons volksgenote het nie hiervoor kans gesien het nie en is na die buiteland. Maar die van ons wat in hierdie land oorgebly het, het nog een kragtige wapen, ons Blanke volk met al sy wil en geestesweerstand, wat die kommunistiese propaganda van haatstig tussen Wit en Wit net soos hulle haat aanstig tussen Swart en Swart (waarvan ons in die volgende maande van verkiesings seker heelwat tot uiting sal sien kom), kan beveg wanneer ons deeglik toegerus is.Deel van daardie toerusting is ons selftrots wat herwin moet word. Ons het so gewoond geword aan die vernederings van misdade teen ons dat ons nie eers die wil toon om onsself weer geestelik toe te rus vir die stryd wat nog voorlê nie. Volksgenote se selfrespek het in die slag gebly met die aanslae wat die kommunistiese regime op ons geloods het. Die groot slag was natuurlik die verraad van ons "eie mense" maar ons moet nou vorentoe gaan. Ons behoort toe te sien dat ons weer die nodige opvoeding ondergaan om onsself by die punt van selfaanvaarding te bring. Dit beteken dat ons elke aspek van ons kulturele lewe weer moet beoefen en ophou maak of dit oudtyds, agterlik en belaglik is. Wanneer ons weer waarde heg aan suiwer taalgebruik, kennis dra van waar ons vandaan kom sodat ons kan verstaan waarheen ons oppad is, en veral verstaan WIE in beheer van ons lewens is en ons land sál genees wanneer ons Hom weer die nodige eer betoon deur sy Gebooie te gehoorsaam, dan sal ons stryd gewonne wees. Dít alles is daardie geestelike toerusting, daardie wapen wat ons nodig het om ons vyand te oorwin.
Moenie wag dat een of ander groot leier na vore kom om hierdie taak vir ons te probeer doen nie, dit sal nie nou gebeur nie, die volk is te verskeurd. As ons wil oorleef sal elkeen vir homself hierdie pad moet kies en dit met deursetting volg. As ons nie hierdie keuse maak nie bly daar net die alternatief oor: die verlamming waarin ons verkeer sal voortduur totdat die hele volk uitgemoor is. Die keuse berus by u!
'n Strydende volk is 'n lewende volk!