GRILLERIG BLY GRILLERIG!

Kriewelkop

Kriewelkop

Dit is nooit lekker om oor iets grillerigs te skryf nie, in elkgeval nie vir my nie. En dan wonder ek waarom ek dit tog maar elke keer doen. Al verklaring wat ek vir myself het is dat die grillerigheid so aanhoudend in my gedagte refrein dat ek 'n mate van verligting kry wanneer ek klaar daaroor geskryf het. So asof dit so bietjie van my gemoed afskuif. Eers dan kry ek dit weer reg om my gesig minder skuins te trek en met ander dinge besig te raak. Daarom skryf ek nou maar oor die grillerigheid wat ek gisteraand op die TV-kanaal KykNet ervaar het.

Die TV-program RIAN wat om Donderdae-aande uitgesaai word het maar normaalweg 'n grillerige ondertoon, soos met Rian wat nou die dag gedagvaar is oor sy omstrede en afbrekende uitlatings teenoor die Afrikanervolk – 'n grillerigheid wat nie juis beter word deur die gerugte dat hy 'n agtermekaar-mannetjie is nie; ek meen nou, hy het dit nie juis ontken in 'n vorige TV-onderhoud toe hy 'n ander selferkende agtermekaar-mannetjie op die stel oor dié se agtermekaargeite uitgevra het nie; dis toe dat dié agtermekaar-mannetjie vir Rian sê dat hy mos weet hoe dit werk want hy is dan self so agtermekaar as kan kom - so min of meer so. Nou ja, voormekaar of agtermekaar, kom ons los nou maar eers vir Rian hier.

Gisteraand het hy egter nog 'n agtermekaar-mannetjie wat self nie meer weet of hy 'n hy of 'n sy is nie, op die stel vir 'n onderhoud gehad. En saam met dié sy-hy het Rian vir Pik daar gehad.  So tussen Evita Bezuidenhout en Pikswart Botha  saam met Rian kan dit dan nie juis anders as om erg grillerig te wees nie.  Want toe onthou ek weer hoe daai Pieter-Dirk Uys met die Afrikaanse name wat geen mens weet waar hy dit kry nie, nie so lank gelede nie ook op KykNet gesit en kerm het oor die onregte wat hy as blanke agtermekaar-mannetjie in die apartheidsjare moes verduur. Hy was feitlik in trane toe hy vertel het hoe skelm hy te werk moes gaan om sy eerste seksuele ervaring met hulle bure se swart tuinwerker in dié se kamer in die agtertuin te bewerkstellig. Hy voel vandag nog verontreg dat hulle dit nie in die ope kon doen nie want die 'vervloekste' apartheidswette het hulle glo gedwing om dit skelm te bly doen.  Intussen is hy steeds baie trots oor sy agtermekaargeitery.

Met Pikswart wat langs Uys in die ateljee sit gisteraand, was dit natuurlik vir Rian bo en behalwe die feit dat hy welkom in die agtermekaargeselskap voel, plesierig om nóg 'n rede: dat Pik en Uys nou beide ANC-lede is  -  glo 'n mylpaal in die Suid-Afrikaanse politiek.

Behalwe die grillerigheid is nog 'n gedagte wat sterk tot die nasionalistiese kyker deurdring dat die ou NP-leiers darem vreeslik dom moes wees; soos Pik self sê, waarheen is die land nou oppad! Met al die korrupsie en onvermoë van die ANC om 'n land te bestuur! Hulle, dis nou die ou NP-leiers, het dit glo nie in hulle wildste drome gedink nie! Siestog. Maar as ons hulle nou nie van onnoselheid wil verdink nie, bly daar net een alternatief oor: hulle lieg blatant oor die redes waarom hulle die land onwettig aan 'n swart onvermoeënde kommunistiese regime weggegee het –  onwettig want daar was geen wettige verkiesing waarin hulle ‘n mandaat gekry het nie - Wat was dan die rede Pik? Die geld? Die eer?  Veral die groot eer as jy en jou spannetjie met FW, Roelf Meyer, Barend du Plessis en die ander wat nou gereed sit om die 'land van ondergang te red', na vore tree en die groot helde wil wees?

Maar wag, laat ek nie van die onderwerp afstap nie: Pikswart, Pieter-Dirk, Rian, julle bly grillerig!