Natuurlik kan die SA Weermag van die swart kommunistiese ANC Suid-Afrika nie beskerm nie, soos tans in die media berig word. Ons weet mos dat hulle nie in staat is om 'n Eerste Wêreldland in stand te hou nie soos ons gesien het vandat hulle ons land onwettig in 1994 op 'n skinkbord by die verraderlike FW de Klerk, Pik Botha en Roelf Meyer gekry het – ja, dieselfde Roelf Meyer wat destyds by swart hoofde in hul statte en krale die voorvadergeeste aanbid het met 'n sataniese ritueel waartydens bokgal oor sy kop uitgestort is.
Nou kom Roelfie en bring 'n sogenaamde oorsigkomitee tot stand, 'n man wat toe hy die land saam met sy twee verraaiervenote wegegee het, se pos as minister van verdediging daarmee heen is en hy tans minder as nul met die ANC uit te waai het. Dat Lindiwe Sisulu, die ANC se minister van onverdediging deur haar eie slimmigheid of selfs uit 'n werklike besef van die vervalle toestand van die weermag die komitee verlede jaar aangestel het vir ’n sogenaamde diepte-oorsig van die SANW, hoef nie eers met 'n knippie sout geneem te word nie. Net soos FW knaend sedert 1994 probeer om weer die politiek te betree ná sy verraad teenoor die blankes in Suid-Afrika, so probeer sy maatjie Roelf Bokgal om weer 'n voet in die politieke deur kry.
Die idee van die komitee kon net van hom en sy meelopers gekom het. En nogal uitgeslape want niemand kan verskil oor die haglike toestand van die ANC-weermag nie, soos ook die meeste ander departemente, maar wie in beheer van die weermag is, besit feitlik die hele land.
Daar sal daar waarskynlik geen weerstand kom teen hierdie kaping indien 'n witman aan die stuur van so 'n "oorsigkomitee" staan nadat die swartes alles reeds opgedons het nie – niks kan oënskynlik vererger as wat dit tans is nie, sal daar gereken word.
Maar het iemand al gevra presies wat Meyer en Kie se agenda is? Daar word gesê dat die komitee glo moontlike bedreigings van Suid-Afrika se veiligheid oor die komende paar jaar sal uitgelig met opsies hoe om dit die hoof te bied. Seerowery, terreur en die massa-instroming van onwettige immigrante is glo van die grootste bedreigings vir Suid-Afrika. Natuurlik is dit alles waar, maar as die ANC ernstig was oor die onwettige immigrante sou hyself 'n stokkie daarvoor steek en nie 'n komitee benodig nie. Daarom sal 'n komitee met al die oorsigte in die wêreld ook geen verskil aan die ANC se optrede maak nie. Onthou hoe gou die ANC na 1994 se oorname die grense vir hulle broers oopgegooi het en met ope arms verwelkom het want dit is hoe hulle dit wil hê. En geen denkende mens sal glo dat Meyer soveel vir die ANC of vir die land wat hy uitverkoop het omgee dat hy nou uit 'n patriotiese gevoel die land se weermag wil opskerp nie.
Dan bly daar mos net een logiese motief oor: die hoop bestaan by daardie driemanskapverraaiers dat hulle die weermag weer kan bestuur (want dit is waarop hulle poging afstuur), en dat hulle met die einste verbeterde weermag weer die hele land sal kan beheer, op watter wyse ookal – daar moet tog êrens 'n begin kom met die terugvat - onthou wat FW in 1994 in die media gesê het: dat hy oor vyf jaar daarvandaan weer die land sou bestuur, maar sy vyf het nou al 18 jaar geword en die gesloerery moet seker nou einde kry?
Mens kan nie besluit wat die ergste is nie: onderdrukking deur die ANC as godlose owerheid, of om weer onder dieselfde verraaiers wat die onderdrukking veroorsaak het te staan. God behoed ons in beide!