WAAROM ONS NOG IN AFRIKA HOORT

SWART OORHEERSING

Kriewelkop

“Algemene demokratiese verkiesings is lankal iets van die verlede al dink sommige blankes nog dat hulle stem by partye soos die VF+ en die DA as ANC-opposisie enigiets werd is. Ons is vinnig oppad na staatsgrepe as die normale manier van regeringswisseling met gepaardgaande grootskaalse bloedvergieting.”

Die hele sielkundige aanslag teen die blankes en in besonder teen die Afrikanervolk nog lank voor 1994, was daarop gemik om Suid-Afrika onder swart oorheersing in te forseer. Volgens die Afrikaniste sou Afrika slegs dan verenig en bevry wees en in staat wees om sy 'roeping' te vervul. In 2012 weet ons egter dat daar ‘n groter agenda is as om slegs volle mag oor die blankes in die land uit te oefen, naamlik dat daar géén blankes in Suid-Afrika geduld sal word teen die tyd dat Zuma sy belofte uitgevoer het nie om “die jaar 2013 te laat kenmerk as die jaar waarin 87% van alle eiendom in Suid-Afrika aan swartes uitgedeel sal word" – die 87% léés eintlik 100%, maar Zuma moet nog ‘n tyd lank die front hou asof blankes wel op klein skaal geduld sal word. Volgens die Freedom Charter het die swart regime egter geen ander keuse of plan as om al die plase onder die swart arbeiders te verdeel, en volkome ekonomiese beheer oor alle blanke ondernemings te vekry nie.

Wat beteken Swart oorheersing?

Daar is nie meer veel Afrikaners wat huiwerig vassteek voor die aanvaarding van so 'n konsep en wat probeer vasklou aan die ou bedeling nie; soos aan 'n uitspraak deur George Orwell in sy boek ‘Nineteen Eighty-four’, weet ons dit is in werklikheid net so van toepassing op ons volk: "Wat jy sien en hoor is nie waar nie... wat Ouboet (Big Brother) vir jou sê is waar, dís wáár." Die breinspoeling het volmaak geslaag, reeds baie jare gelede, en die verdrukking wat die volk vandag beleef is nie genoeg om hulle in staat te stel om die waarheid van die oorsaak te gaan uitploeg nie – kapitulasie is veel makliker, en dit verg ook byna al hulle tyd en vermoë om in die ekonomiese knelgreep te leef. Daarom word ‘politiek’ doelbewus uit die saak gehou en ploeter almal net voort om te óórleef.

Talle mense sal hulle dus nog steeds vrywillig laat mislei deur beloftes van die swart regime nieteenstaande die feit dat daar van vorige beloftes  niks gekom het nie, en nieteenstaande dít wat elke Afrikaner vandag in Suid-Afrika sien en hoor. Omdat dit die geval is, moet ons weereens let op wat Swart oorheersing vir ons ook vorentoe beteken.

‘n Goeie barometer waaroor ons beskik om te weet waarheen Suid-Afrika oppad is, is die gebeure in die res van Afrika. Daar is geen rede om te glo dat sake in Suid-Afrika anders sal  verloop nie, daarvoor het die ritueel van Uhuru homself al te dikwels met tonige reëlmaat herhaal.

Die minder dramatiese wat gebeur het, was die fisiese landuitvlug van duisende blankes om ons eie diaspora te beleef as 'n volk, tans versprei dwarsdeur die wêreld.

Die ergste is reeds aan die gebeur, naamlik dat ons volk fisies uitgedelg en vermoor word in ‘n lank reeds nie meer lae intensiteitsoorlog nie. Hierdie toestand sal bly eskaleer en in ‘n volskaalse moordaanval kan die laaste twee miljoen blankes wat nog in die land aanwesig is, in ‘n kort tydjie uitgemoor word.

In die staat Zimbabwe is nagenoeg honderd en dertigduisend Matebeles deur Mugabe se Vyfde Brigade in ‘n kort tyd vermoor in 'n suksesvolle poging om die Matabele-weerstand te verminder. Geen haan het daaroor gekraai in die Westerse Wêreld nie. Wat laat ons dink dat die buitewêreld tydens of ná afhandeling van so ‘n uitwissingsproses op die blanke in Suid-Afrika, van enige hulp en waarde sal wees?

Ten beste sal dit beteken dat ons klein teenwoordigheid in die swart Azanië slegs ‘n kort tydjie geduld sal word, maar dat ons  al krimpende minderheid met reeds  geen beheer oor landsake nie, hulpeloos oor ons eie lotgevalle sal wees. Ons is in 2012 reeds so 'n klein minderheid dat ons geen invloed op die regime kan uitoefen nie. Ons word tans slegs geduld in dié mate dat ons ‘n ekonomiese bate vir die swart bewind vervul. Hulle kan eenvoudig enigiets met ons aanvang en ons het geen manier om om onsself te verdedig of om ons uit te spreek teen hulle rassistiese optrede nie.

Die outokratiese stelsel van die ANC wat hulle met  ‘n sogenaamde “demokrasie” bedryf, is baie vinnig besig om te wissel van ‘n een-party-stelsel tot 'n polisiestaat. Alhoewel hulle nie in staat was om ‘n militêre mag in stand te hou nie, selfs nadat hulle dit in eerstegraadse toestand geêrf het, het die korrupte mag wat die swart polisie nou uitoefen, ‘n allesdaagse nagmerrie geword. Algemene demokratiese verkiesings is lankal iets van die verlede al dink sommige blankes nog dat hulle stem by partye soos die VF+ en die DA as ANC-opposisie enigiets werd is. Ons is vinnig oppad na staatsgrepe as die normale manier van regeringswisseling met gepaardgaande grootskaalse bloedvergieting.

Indien Afrika nog 'n maal as barometer geneem word asook die uitsprake van plaaslike swart 'leiers', is dit 'n uitgemaakte saak dat die hele ekonomie sentraal beheer moet word met die soort chaos wat gewoonlik dáármee gepaard gaan. Dit het reeds ekonomiese stagnasie, armoede en disintegrasie in die hand gewerk, soos wat die geval was in die res van Afrika. Dit is ook vinnig besig om te lei tot dieselfde mensgemaakte hongersnood wat so kronies is in die Afrika van vandag.

Dit is ook duidelik dat die samelewing heeltemal geïntegreer moet word en dat daar vanweë die groot bevolkingsverskille binne die staat absolute voorkeur aan "nasionale eenheid" gegee word. Dit beteken dat 'n nuwe Azaniese identiteit besig is om gekweek te word en dat "partikularisme" en "eksklusiwiteit" met hand en tand beveg sal word. Die swart regime het uit die staanspoor Engels die taal van die land gemaak en het ook onlangs aangekondig dat Afrikaans feitlik verbied gaan word, veral in opleidingsinstansies. Dit beteken dat dit lankal nie meer gebruik word in radio- en TV-uitsendings of in amptelike korrespondensie nie. Selfs die sogenaamde Afrikaanse TV-kanaal, KykNet, speel deesdae geen Afrikaanse advertensie nie maar het dit so geleidelik gedoen dat sy Afrikaanse ondersteuners dit nie gou besef het nie. Die belangrikste is egter dat Afrikaans nie meer ‘n onderwystaal sal wees nie.

Daar is baie ander dinge wat ook genoem kan word, soos byvoorbeeld die "Africanization" (verswarting) van die staatsdiens, wat 'n groot getal Afrikaners in 'n oogwink tot die bedelstaf gedwing het, en waarvan daar nou nagenoeg 800 000 in sogenaamde blanke nedersettings woon, of in gewone taal in blanke plakkerskampe krepeer van armoede en siektes. In so 'n situasie, waarin 'n volk se kulturele regte en identiteit totaal afgetakel is, is ook die laaste grein van sy politieke selfbeskikking hom lankal ontneem. Daar is ook nog die totale verlaging van lewensstandaarde, selfs hongersnood wat die meeste getroue blanke belastingbetalers besig is om in die gesig te staar, om nie eers te praat van die grootskaalse viktimisasie en terrorisering van blankes nie.

Hoe onsmaaklik hierdie feite ook al mag wees, dit is ongelukkig die werklikhede van swart oorheersing wat nie weggedink of goedgepraat kan word soos die baie liberaliste in ons land dit probeer doen nie.

Dit is egter nie slegs vir die Afrikaners wat so 'n bedeling nadelig beïnvloed nie. Soos in die res van Afrika sal die Suid-Afrikaanse ekonomie in afsienbare tyd totaal in duie stort nadat ‘n groot getal van die professionele blanke werksmag lank reeds geëmigreer het. Op sy beurt het dit die oorweldigende meerderheid swartes in Suid-Afrika  in in matelose ellende laat verval. Dis slegs die klein swart regerende elite wat in hul "WaBenzi" rondry en lang toesprake in die VN maak. En dit is juis die teenoorgestelde van wat die Afrikaniste dwarsdeur Afrika aan die swart bevolking belowe het. En juis hierdie feit is wat maak dat die swart opstand hierteen in gewelddadige woede sal oorgaan wat nie net by swart op swart geweld sal bly nie – van die handjievol blankes in hierdie land sal daar niks oorbly indien ons genadige God nie ‘n wonderwerk verrig nie.  En wanneer hier geen blanke meer in sig is nie,  sal daar steeds 'n konstante stryd om politieke mag wees, presies soos ons in Zimbabwe ervaar het met die burgeroorlog tussen die Shonas en Matebeles. Soos in elke ander Afrikastaat.

Is daar uitkoms vir die blanke?

Is daar uitkoms vir die blanke op hierdie tydstip? Menslik gesproke nee. Geen volkstaat of buitelandse hulp sal ons voortbestaan verseker nie. In selfs ‘n ekonomies vooruitstrewende volkstaat sal twee miljoen blankes (selfs al sou ons almal dwing om daarin te woon) omring van ‘n groeiende syfer van reeds ongeveer 80 miljoen honger en hulpbehoewende swartes reg rondom ons, op ‘n gegewe tyd ‘n Bloedrivier van formaat afgee, en sal ons steeds slegs ons God, soos by Bloedrivier hê, wat ons daaruit sal kan red.

Hierdie land is óns land, wat ons deur die bloed van ons heldegeskiedenis geêrf het, en as God dan ‘n wonderwerk moet verrig om ons voortbestaan as Christenvolk vir Hom te moet verseker, dan kan ons netsowel vir die héle land in geloof op ons knieë voor Hom staan, nie net vir ‘n bedelstukkie aarde nie. Ná wat Hy aanvanklik vir ons gegee het, die hele Suid-Afrika, grens dit aan ongeloof om met minder as ons hele land weer beheer te neem oor donker Afrika, om só sy Naam te verkondig en as versorgde volk van ons Drie-enige God ‘n voorbeeld vir die hele heidense wêreld te wees. Dit is al meriete waarop ons nog enigsins in Afrika hoort.