Kriewelkop
Terwyl ons vandag reeds na die elektrisiteitstoestand vóór 1994 gekyk het by SUID-AFRIKA 1991-1992 - ELEKTRISITEIT, en seker nie kon glo ons praat van dieselfde land as waarin ons vandag woon nie, kom ons kyk na die interessante inligting in dieselfde jaarboek oor uraan en kernkrag, en sien self hoe 'n veilige land ons sou kon word met hierdie vooruitgang. Maar ná oorname van die onwettige ANC-regime moes alle kern-'gevaar' natuurlik so gou moontlik uit die weggeruim word en is al die betrokke instansies hieronder gesluit en die ses hoogstaande tegnologiese kernbomme wat Suid-Afrika reeds vervaardig het vinnig buite werking gestel:
Die Kern-ernergiebrandstofkorporasie van Suid-Afrika (Kebkor), 'n private maatskappy met noue bande met die Kamer van Mynwese, verwerk en bemark byna al Suid-Afrika se uraan. Alle goudmyne wat uraan produseer, is aandeelhouers in die maatskappy.
Suid-Afrika beskik oor die derde meeste – 13,6% - van die Westerse wêreld se uraanreserwe. Die totale reserwes wat teen minder as 80 dollar per kg ontgin kan word, is in 1989 op 305 000 ton geraam. (Een van die belangrike redes waarom die internasionale geldmag ons land gevat het, dit vir swartes gegee het om onregeerbaar te maak en dan ons ondergrondse rykdomme sonder weerstand te kan inpalm).
Uraanafsettings kom dwarsoor die land voor, maar word hoofsaaklik as neweproduk van goud ontgin en in 'n mindere mate as neweproduk van koper. In 1989 het goudmyne 97 persent van die totale produksie gelewer (3 472) ton uraanoksied.
Alle produksiegeriewe wat met die vervaardiging van kernbrandstof verband hou, word deur die Atoomenergiekorporasie (AEK) bedryf. Dit sluit in aanlegte vir uraanomsetting en –verryking en vir die vervaardiging van kernbrandstofelemente. Die aanlegte het voldoende vermoë om in Suid-Afrika se behoeftes aan kernbrandstof te voorsien en die eerste herlading kernbrandstof, wat uit 56 brandstofelemente bestaan, vir een van die Koebergreaktore is gedurende 1990 voltooi en aan Evkom gelewer.
Die AEK bedryf die fasiliteit vir die wegdoening van radio-aktiewe afval by Vaalputs, sowat 100 km suid-oos van Springbok in Noordwes-Kaapland. Hierdie fasiliteit hanateer alle medium en lae aktiewe afval van Koeberg.
In ooreenstemming met die AEK se bemarkingstrategie word die organisasie se produkte, dienste en tegnologie volgens kommersiële beginsels tot die beskikking van die nywerheid gestel .
Die AEK se tegnologie-ontwikkelingsprogramme is op die kernwetenskappe gerig en word uitgevoer om in dié bedryf sowel dié organisasie as die RSA se doelwitte, te ondersteun.
Dink net hoe uitstekend ons onsself sou kon verdedig in die sogenaamde "hulpelose toestand" waarin ons kwansuis sou verval indien FW en sy meelopers nie ons land weggegee het nie.