Kriewelkop
Waar is daar nog 'n land in die wêreld waar kabeldiefstal - dit is ook net dié wat aangemeld en bereken kon word – meer as R5 miljard per jaar beloop! Veral blanke boere loop kwaai deur onder hierdie sabotasie. Die hele land se ekonomie is besig om in duie te stort as gevolg van korrupte bestuur en geen belang om misdaad aan te spreek nie. Maar die landbou word die ergste geraak omdat hierdie soort diefstal op die platteland meer ongemerk kan plaasvind. Boere en landbou-ondernemings sit gereeld vir dae lank sonder kommunikasie- en ander infrastruktuur weens kabeldiefstal. Besproeiingstelsels word lamgelê, melkerye en kuikenhuise gaan staan en kosproduksie ly onder dié misdaad. Dit het nou so hande uitgeruk dat boere se produksievermoë ernstig daardeur geraak word.
Selfs die wynboere is moedeloos oor veral die aluminium- en koperdiefstal. Dit is landwyd ’n verskynsel op plase maar dit kom voor asof daar niks aan die saak gedoen word nie. Selfs Sibiya van die ANC-SA Polisiediens het onlangs aan die gekose komitee vir ekonomiese ontwikkeling gesê ondanks beter pogings om dié soort misdaad te keer, word min mense daarvoor in hegtenis geneem. Hierdie is tog 'n erkenning van die feit dat niemand gesoek of aangekeer word vir hierdie misdade nie.
Die polisie het glo wel in die boekjaar 2010/’11 beslag gelê op sowat R38 miljoen se gesteelde kabelverwante materiaal wat deur Transnet en Eskom geïnstalleer is. Sowat R265 miljoen se kabels is egter in 2010 gesteel.
Volgens Sibiya het die gevalle van kabeldiefstal glo afgeneem van 4 929 tot 4 280 in die twaalf maande sedert Januarie verlede jaar maar slegs 695 mense is egter tot Januarie verlede jaar in hegtenis geneem en 711 tot Januarie vanjaar. Maar daardie 'afneem' is net so geloofbaar soos die storie dat misdaad afgeneem het – daar word net minder daaroor berig.
Sibiya het aan die komitee gesê Suid-Afrika is nou een van die grootste uitvoerders van koper na lande soos China en Indië. Maar die SAPD het nie die wil om dié soort misdaad op te los nie want het hulle nie self die grootste amptelike misdaadorganisasie in die land geword nie?
Dit bring mens by die vraag wie agter hierdie lonende bedryf sit...