POLISIE HET 'N WARE 'MAG' GEWORD

Kriewelkop

"David Bruce se bevinding was dat daar geen sistematiese optrede teen korrupsie is nie en dat die polisie vrot van korrupsie is as gevolg van die 'konsep' van ‘n parallelle loopbaan waarin baie polisielede reeds in die eerste week misdadigers word.  In sy ondersoek het hy onder andere by een gevangene verneem dat hy as polisieman 17 jaar lank doenig was met voertuigkapings, ‘n prostitusienetwerk, inbrake en vals vuurwapenlisensies voordat hy aangekeer is."

Daar is darem iets wat nié die afgelope jare in die Nuwe Suid-Afrika verander het nie: die polisie blyk steeds die grootste misdaadnuusmakers te wees. In die goeie Suid-Afrika het ons die polisiediens die 'polisiemag' genoem want hulle het daardie naam verdien. Onder 'n swart kommunistiese regime is die naam verander na 'polisiediens'. Maar hulle het voorwaar weer 'n 'mag' geword – 'n oormag. 'n Gevaarlike oormag oor wetsgehoorsame burgers.

Waarom is daar so verskriklik baie korrupsie en misdaad in Suid-Afrika, word gereeld gevra?

Niemand sal dit betwis dat daar uit ons buurstate daagliks ‘n beduidende getal roofgieriges arriveer nie, wat as gevolg van werkloosheid en gevolglike armoede steel en moor onder Suid-Afrikaners. Mens kan dalk sê dat dit verstaanbaar is met ‘n Afrika-kommunistiese regime soos die ANC met hul roekeloosheid jeens immigrasiebeheer.

Maar die oormag van misdadigers in ons land wat die voorreg het om besoldigde lede in magsposisies soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens te wees is onverskoonbaar.

Reeds in 2000 berig die Mediese Navorsingsraad (MNR) dat 20 000 polisielede misdaadrekords het.

Vandag in 2012 sal dit 'n rariteit wees indien daar een is wat geen misdaadrekord dra nie, maar ware syfers sal ons nie weer sien nie. In Beeld van 9 Mei 2008 word genoem dat die destydse teenkorrupsie-eenheid in 2000, 1 048 polisielede vasgetrek het waarvan net 193 uiteindelik veroordeel is.  Ook dat daar tussen 1996 en 2001, 23 000 ondersoeke gedoen is deur hierdie eenheid, en uiteindelik 3 200 polisielede in hegtenis geneem is. In 2002 is hierdie ondersoek-eenheid summier onder leiding van Jackie Selebi ontbind - wat self tereg gestaan het op aanklagte van korrupsie asook weens sy beweerde bande met georganiseerde misdaad. Die rede vir die ontbinding, volgens Selebi, was kwansuis dat dit oorbodig was aangesien die eenheid vir georganiseerde misdaad dieselfde funksie het.

As gevolg van die publiek se toenemende klagtes oor die stygende misdaad in ons geteisterde land, stel Selebi toe ongeveer twee jaar later ‘n 30-bladsye “Plan vir die Voorkoming van Korrupsie en Bedrog” op en plaas die SAPD se hoof van strategiese bestuur, George Moorcroft, in beheer van hierdie teenkorrupsieplan. In 2008 was dit  steeds nie ten volle geïmplimenteer nie. Volgens Moorcroft moes daar ook nog ‘n nuwe dossierstelsel ingestel word wat die diefstal van misdaaddossiere sou bekamp, ‘n stelling wat opsigself ‘n erkenning is van gedetermineerde misdaad in polisiegeledere.

‘n Polisiewoordvoerder, Selby Bokaba, verdedig destyds Selebi se plan deur te beweer dat die ou eenheid  bloot ondersoeke gedoen het, terwyl die nuwe plan die volle omvang van die probleem sou aanspreek; nie dat dit in 2009 die geval was nie, ons was en is in 2012 steeds en nog baie erger blootgestel aan  misdaad deur SAPD-lede as tevore. Maar met betrekking tot die sogenaamde 'verbetering' in die toestand sou mens nie eers wou vra of die ou ondersoek-eenheid dalk te veel ontdek het tydens sy gespesialiseerde ondersoektaak nie.

Nog ‘n opvallende wending ná die ontbinding van die ou ondersoek-eenheid, was dat die klem wat op die hoë korrupsie geval het en dat dit verdoesel moes word. Vroeër is alle strafsake onder korrupsie gekategoriseer, daarom was die syfer so hemelhoog.  Om die publiek te probeer sus is die skorsing van polisielede in 2008 verdeel in verskeie kategorieë waarvan die syfer vir korrupsie ‘n klein persentasie sou uitmaak. Ander skorsings is onder hoofde soos omkopery, meineed, bedrog, vervalsing en nog andere gekategoriseer. So was dit dan moontlik om voor te gee dat korrupsie in die polisie drasties gedaal het die afgelope paar jaar en is die ontbinding van die ou ondersoek-eenheid voorgehou as die rede daarvoor.

Volgens die syfers vir 2007-2008 was daar slegs 110 polisielede geskors weens aanklagte van korrupsie. Natuurlik sal ons in 2012 geen werklike syfers in hierdie verband onder oë kry nie.

Dr Liza Grobler, ‘n kriminoloog wie se doktorstesis juis gehandel het oor die misdaad in die polisie, se siening oor hierdie klemverskuiwing was soos volg:

“As jy wil kyk hoe diep die verrotting loop, kan jy al die polisielede se misdade kategoriseer as korrupsie weens die aard van hulle werk en die magte wat hulle het.  Hulle is nie soos gewone misdadigers nie”.

Dit bring ons weer by dr Dawid Swart se verhaal - lees dit by BOER SE 2 WAARSKUWING- SKOTE KOS HOM R300 000 )

Dit is duidelik dat navorsers soos dr Liza Grobler en dr  Swart se ontdekkings skokkende misdade van die polisie onthul en dat hulle eie lewens daarom, behalwe dat hulle blankes is, nie ‘n duit werd is nie. Die optrede van COSATU kan ook nie losstaande van die polisie se samewerking gesien word nie.

Dit is ook duidelik dat die SAPD nie van plan is om afsonderlike ondersoekeenhede soos byvoorbeeld in New York en Londen die praktyk is, te duld nie en sal sulke aanbevelings tot elke prys beveg word. Moorcroft en Bokaba het destyds ‘n gerieflike skuiwergat raakgesien en was dit eens dat ‘n spesiale eenheid om die SAPD te ondersoek, kwansuis ‘n bykomende las op hulle beskikbare hulpmiddels sou plaas aangesien daar reeds so baie misdaad in die land is – maar die polisie, wat ‘n al groter deel uitmaak van die baie misdaad in die land, mag nie ondersoek word nie!

Daar is wel troosopsies voorgehou: dat verskillende stede en dorpe se polisiestasies mekaar sou ondersoek in geval van klagtes waar dit nodig blyk en dit daarmee voortaan die SAPD se plan was om hulself te polisieer, maar daarvan het tot op datum niks gekom nie. Mens kry eerder die indruk dat die misdaad van die polisie in die een dorp gesteun word deur die polisie in ‘n naburige dorp.

Dr Grobler was in die kol toe sy beweer het dat dit ‘n gekke konsep is wat totaal indruis teen  internasionale norme; dat dit selfs lagwekkend is om te hoor van die polisie se plan dat die polisie die polisie moet polisieer.
Maar in Beeld, 20 Junie 2009, meer as 'n jaar later, berig die minister van polisie, Nathi Mthethwa, dat die regering sy toewyding aan die stryd teen korrupsie moet verklaar en dat die program om gemeenskapspolisiëringsforums te stig, sloer. Dan was die vorige jaar se beloftes mos ‘n klomp kaf, net soos die beloftes om misdaad te bekamp in 2012 steeds 'n paaiende spul twak is.

En die swart polisie kry steeds prestasiebonusse – dalk geskoei op die uitmoor van ons volk?

‘n Senior navorser van die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening, David Bruce, het in 2008  intensiewe navorsing gedoen oor die SAPD se metodes van polisieëring.  Sy bevinding is dat daar geen sistematiese optrede teen korrupsie is nie en dat die polisie vrot van korrupsie is as gevolg van die 'konsep' van ‘n parallelle loopbaan waarin baie polisielede reeds in die eerste week misdadigers word.  In sy ondersoek het hy onder andere by een gevangene verneem dat hy as polisieman 17 jaar lank doenig was met voertuigkapings, ‘n prostitusienetwerk, inbrake en vals vuurwapenlisensies voordat hy aangekeer is.

‘n Ander verdoemende feit is dat die polisie by die stasie waar hierdie gevangene nagskof gewerk het, net gereageer het wanneer die plaaslike bende hulle ontbied het aangesien daar betaling aan verbonde was.  Ander oproepe deur die publiek is meestal geïgnoreer. Daar was talle ander gevalle gedek deur die media die afgelope paar jaar waar klagtes deur die publiek op dieselfde situasie dui. In 2012 word daar nie eers meer berig oor sulke nietighede nie – ons is mos nou alles gewoond.

Die rede waaroor die R100 miljoen-saak teen die Benoni-polisiekantoor in Februarie 2008 in duie gestort het, moet ook in gedagte gehou word - die belangrikste vier getuies is almal vermoor, net soos die vrou wat in Januarie 2008 in ‘n saak teen twee polisielede van Booyens sou getuig. Toe ‘n brawe senior polisieman in daardie tyd self aan die media vertel waarom polisiemisdaad nie sonder meer deur mede-polisielede verklap word nie, het dit duidelik geword dat die ware toestand verswyg word uit vrees vir hul lewens. Dit gee ook ‘n aanduiding van die effektiwiteit en omvang waarmee korrupte polisielede hierdie skrikbewind voer.

En het daar ooit weer 'n haan na gekraai toe die polisie in 2009 vir die diefstal van meer as 700 000 vuurwapens van die blanke publiek beskuldig is omdat hulle nie 'n  SAP 520 vorm beskikbaar gestel het waarmee wapeneienaars vergoeding kon eis vir hulle wapens wat deur die polisie ingeneem is nie? Ons sal ook niks weer daarvan hoor nie, hulle het ook met daardie miljoene weggekom.

Wanneer onafhanklike navorsers en kriminoloë ná deeglike ondersoek die polisie se sogenaamde lae korrupsiesyfers openlik verwerp, het die inwoners van Suid-Afrika ernstige rede tot kommer. Moorcroft het selfs erken dat persone in die polisiekollege betrap word met vals sertifikate. Moord, diefstal, korrupsie en heelwat erger dinge eskaleer daagliks in die polisie. Ons hoef nie te twyfel oor wat vir ons wag in die komende kraglose, donker Suid-Afrika tussen massas korrupte "polisielede"  wat onder die ANC die grootste misdaadorganisasie geword het nie.