BOER SE 2 WAARSKUWING- SKOTE KOS HOM R300 000

Kriewelkop

Verskeie persone sal nog die berigte in die media rondom die gebeure in die saak teen dr Dawid Swart onthou. Die hele wraakveldtog teen hom het in  Junie 2009 begin.

Dr Dawid Swart, destyds 'n lektor in kriminologie aan die Universiteit van Pretoria, woon met sy gesin op sy plaas Klipkop in die Kleinfontein-omgewing, noord van Brits. Dr Swart was toe besig met navorsing oor plaasmoorde as moontlike verhandeling vir ‘n verdere doktorstesis. Hy het tereg gestaan op aanklagte van poging tot moord nadat vier swartes hom op sy plaas bly steur het. Die hele gebeure was weer 'n tipiese swart rassistiese Cosatu-toneel aan die afspeel: 'n Blanke boer word geteiken, geterroriseer en tot vervelens toe gevandaliseer  maar hy mag homself nie verdedig nie.

Ek het destyds persoonlike onderhoude met die gesin gevoer en was verstom om te sien hoe die liberale media elke faset in die hele treurmare tot leuens verdraai. Dit was 'n deursigtige maar grootse poging om van 'n wit boer in die noordweste van Transvaal 'n moordenaar en monster te maak met 'arme swart kindertjies' as 'slagoffers.'

Nou, na twee en 'n half jaar, is die saak uiteindelik afgehandel en is dr Swart onskuldig bevind want ten spyte van die talle leuens teen hom gevoer kon daar geen bewyse gevind word dat hy skuldig staan aan die aantygings nie. Dit was nogal 'n swart regter wat hom vrygespreek het met die uitspraak dat die aanklagte en getuienisse so pateties en inkonsewent was dat daar geen regtelike aansprake op kan wees nie. Dr Swart het gister besluit om myself van hierdie uitslag te kom verwittig want daaroor sal sekerlik nie in die liberale media berig word nie – hul onderspit is te groot.

Maar vir dr Swart en sy gesin oor wie die hofsaak soos 'n swaard vir twee en 'n half jaar gehang het, is daar ook nog die R300 000 regskoste wat hy êrens vandaan moet verhaal.

Doktor Dawid Swart het die Sondagmiddag met sy motorfiets deur die lemoenboorde op sy plaas gery toe hy ná die hoeveelste waarskuwing met vorige voorvalle, weer die swartes op sy grond gewaar. Dit, nadat hy in alle leesbare tale denkbaar, rondom sy grond borde laat plaas het met kennisgewing dat dit privaat eiendom is en nie betree mag word nie.
Hy het twee skote met sy haelgeweer in die lug opgeskiet en die vier swartes het laat spaander, twee skerp na links en die ander twee na regs, en heeltemal ongedeerd weggehardloop sou enige regdenkende glo wanneer hael die lug in geskiet word. Dr Swart beweer hy is oortuig hy het niks ongeoorloof gedoen nie. Die vier swart moeilikheidmakers, Tebogo Thabane, Thabo Thabane, Leonard Nkadimeng en Nchoco Ntoagae is glo vir wonde in die Dr George Mukhari Hospitaal in Ga-Rankuwa behandel maar selfs hierdie truuk het agterna geboemerang.

Dit was nie lank daarna nie toe die spul pandoere wat met Cosatu kop in een mus is, op sy plaas toesak, hom in hegtenis neem, alle wapens onregmatig konfiskeer, sy vrou binne hul huis rondstamp, hom agter op hul voertuig gooi waarvan hulle die seil op daardie tydstip toe verwyder sodat hy in die yskoue wind geboei lê terwyl hulle teen 140 km per uur van die plaas na die polisiestasie in die dorp jaag.

Die saak is vooraf so goed beplan en opgeblaas, selfs Noordwes se premier, Maureen Modiselle, is opdrag gegee om haar skok oor die ‘rassistiese’ voorval in ‘n ellelange mediaverklaring uit te spreek, natuurlik alles in Engels aangehaal in die plaaslike koerant.

Selfs by die motorversieningshandelaar in die dorp waar mev Swart een middag 'n paar dae later haar motor gelaat het vir verstelwerk, het swartes onmiddellik nadat sy uit die motor geklim het verwys na die voertuig van  "doktor Swart wat die swartes geskiet het", min wetende dat sy hul taal magtig is en alles kon verstaan - so wyd is die nuus klaarblyklik deur Cosatu versprei.

Dr Swart is dae later op borg van R7 000 uitgelaat.

Waaroor niemand egter ‘n woord gepraat het nie, is die voorafgaande voorvalle wat reeds so lank as drie jaar op hierdie plaas voortduur, gevalle van gewapende roof, talle diefstalle in die winkeltjie op die plaas, huisinbrake, hoenders wat in die hoenderhok vermoor word en net daar gelaat word as teken van waarskuwing, bokke wat gereeld gesteel word, aanranding op mev Swart in haar winkeltjie op die plaas, alles gebeure wat net doodeenvoudig nie deur die polisie ondersoek is na aanmelding nie maar net geïgnoreer is. Hulle het hulle meestal nie verwerdig om uit te gaan vir klagteondersoeke nie, en die een maal wat hulle wel op 'n klagte van die Swarts gereageer het, het hulle nie eens die moeite gedoen om vingerafdrukke te neem nie, alhoewel hulle blitsvinnig op die plaaswinkeltjie toegeslaan het die dag toe ‘n besope swart vrou gaan kla het dat die kleingeld wat sy gekry het, te min is. Gelukkig het mev Swart die strokie van die aankope gehou en moes die pandoer ná sy wiskundige berekening daarmee onverrigtersake die perseel verlaat.

Dit is duidelik dat Cosatu hierdie hele saak vroegtydig baie spesifiek teen dr Swart georkestreer het. Die deurlopende teenwoordigheid van Cosatu tydens hofverskynings was 'n deursigtigheid. Daarbenewens wou die blanke boere in die omgewing dr Swart ondersteun tydens sy hofverskynings deur middel van ‘n optog, maar hulle is deur die prokureur wat die saak hanteer gewaarsku dat dit tot ‘n enorme fiasko gaan lei, dit, terwyl Cosatu die stof witwarm gedans het in die omgewing. Blankes het dus nie dieselfde regte as swartes nie.

Destyds het die universiteitsowerheid doktor Swart  ingeroep met die waarskuwing indien hy skuldig bevind sou word aan die aanklagtes, hy sy pos by die universiteit kwyt sal wees en is daar aan hom summier verlof toegestaan. Watter groter bewys het mens nodig om te weet onder watter kommunistiese hiel die Universiteit van Pretoria staan, dat ‘n lektor wat slegs sy eiendom probeer beskerm het, nog voordat daar uitsluitsel oor sy saak is, reeds gewaarsku word dat hy sy pos kwyt sal wees. As dit nie vooraf gereël is nie, is daar seker ook geen misdaad in ons land nie, ons verbeel ons seker maar net.

Intussen is die Swart-gesin onbeskermd gelaat op hul plaas, sonder wapens, en het hulle gebruik moes maak van ‘n sekuriteitsmaatskappy wat ‘n wag met ‘n selfoon vir die nag daar kom aflaai, dit teen R250-00 per nag.

Een nag kon doktor Swart en sy vrou nie slaap nie en het die ligte heeltyd laat brand. In die vroeë oggendure het hulle besef daar is ‘n aantal swartes op die werf wat by die stoor bedrywig was. Die swart sekuriteitswag van Rens Sekuriteitsmaatskappy se enigste verweer op die vraag waarom hy hulle nie reeds vroeër die nag in kennis gestel het nie want hulle was dan wakker, was dat sy selfoonbattery pap was. Dus kon hy ook nie hulp ontbied van sy werkgewers in geval van nood nie, baie gerieflik.

Sou enige regdenkende hierdie toestand as toevallig beskryf?  Daar kan nie eers geglo word dat dit nalatigheid was nie, Rens Sekuriteit is in die omgewing bekend vir wakker optrede. Chris van Rensburg, eienaar en wakker bestuurder van hierdie maatskappy, was vroeër jare een van die skerpste polisiemanne. Daar kan nie anders as om te redeneer dat Cosatu totaal uit hul pad gaan met moeite om alle swartes om te koop of te dreig tot samewerking met hul vernietigingsproses in die uitwissing van die blanke bevolking in Suid-Afrika nie.

Mens kan met reg bespiegel of Cosatu hierdie vryspraak van dr Swart gaan ignoreer of gaan die hele terrorisering weer van vooraf begin? 'n Kriminoloog wat besig is met ondersoeke na korrupsie in die polisiemag, plaasmoorde op blanke boere en die uitwissing van 'n volk, se lewe is waarskynlik niks werd in die vrot Nuwe Suid-Afrika nie.