BLANKE 'LANDBOU- LEIERS' SE VERRAAD

Kriewelkop

As planne en strategieë tot ekonomiese groei kon lei, sou Suid-Afrika waarskynlik een van die vinnigste groeiende lande ter wêreld gewees het. Maar soos uit die onlangse geskiedenis van die land sedert 1994 onder 'n swart kommunistiese regime met talle agendas blyk, lê die probleem daarin dat dié planne nooit in werking gestel word nie. Daarom gaan dit enige logika te bowe dat klaarblyklike Afrikaners soos mnr Neels Ferreira, voorsitter van Agri SA se bedryfskamer, kan wegkom met sy deursigtigheid dat daar van ANC-owerheidskant iets omtrent landbou vir blanke boere gedoen sal word. Geen van die jarelange beloftes wat gemaak is het nog nie gerealiseer nie want die grondgrypprogram is tog as teenoorgestelde proses lank reeds in werking. Zuma self het in sy parlementsopeningsrede gesê dat 2013 gekenmerk sal word as die jaar waarin 87% van grond in Suid-Afrika gegryp sal word vir swartes – opsigself 'n ernstige dreigement vir die vrede in die land. En dan kom paai verlooptes soos Ferreira blanke boere voortdurend sodat hulle tog nie in opstand moet kom nie.

Ferreira het op Stellenbosch gesê:  "Die probleem is egter dat die talle planne vir die land nie op dreef kom nie. Daar is talle planne en strategieë op die tafel – soos GEAR, Asgisa, IPAP1 en IPAP2, die “New Growth Path” en nou ook die Nasionale Ontwikkelingsplan (Visie 2030).  Vir die landbou is daar die strategiese plan van 2002 en die meer onlangse geïntegreerde groei- en ontwikkelingsplan (IGDP).’n Mens sou graag wou sien dat die beplanningstadium verby is en dat alle energie nou aan die implementering daarvan gewy word. Die sentrale tema van al hierdie planne is om landelike ontwikkeling te bevorder sodat die landbou (naas die mynbou) as die hoeksteen sy plek kan inneem."

Die pilare waarop die jongste landbouplan glo gebaseer moet wees, behoort die gelyke deelname deur alle belanghebbendes, grondhervorming, ’n mededingende ekonomie en die volhoubare aanwending van hulpbronne in te sluit. Maar nou kom Ferreira, wat deursigtige insig toon, weer met die valse optimisme:  “Dit is verblydend dat die IGDP voorsiening maak vir behoorlike evaluering en ’n moniteringstelsel wat alle belanghebbendes en deelnemende staatsdepartemente insluit. Die Minister van Landbou het reeds aangedui dat sy gereeld met alle betrokkenes wil vergader. Pres. Jacob Zuma het ook twee jaar gelede aangedui dat hy wil kennis neem van belangrike besluite en moontlike oplossings in die landbou.”

Wat 'n grap! Asof daar werklik deur die swart kommunistiese regime iets positiefs vir die blanke boere gedoen sal word. Zuma het reeds twee jaar gelede 'aangedui' hy wil kennis neem van belangrike besluite en oplossings, maar hy het nog nie kennis geneem nie, want hy is nie van plan om sy beloftes uit te voer nie. En blankes soos Ferreira sus en paai die blanke boere met hierdie spul snert want solank daar gepraat word, word daar uitgestel met wat ookal ter tafel is.

Kom boere, word wakker en hou op om julle aan die neus te laat lei deur sogenaamde landbouleiers – hulle is nie daar vir landbou nie maar met 'n veel groter agenda! Dalk kan julle hulle bankstate van nader bekyk...