Kriewelkop
Jacob Zuma, ANC-president, het in sy Partlementsrede gesê dat die jaar 2013 die kenmerk sal dra van die 'Natives Land Act of 1913' waarin 87 persent van die blankes se grond weggegryp sal word: "By African people Zuma was referring to black South Africans, not Coloureds or whites. The clear implication of his statement was that the entire land mass of South Africa had once belonged to black Africans and the Land Act had deprived this group of 87% of this area." – Joernalis James Myburgh se verduideliking.
Pieter Mulder het Zuma daarop gewys dat die hele Suid-Afrika nie in die verlede deur swart mense bewoon is nie, dat daar genoeg bewys is dat daar geen swartes in die Weskaap en Noordwes-Kaap was nie, wat minstens 40% van die land se oppervlakte uitmaak. Hy het Zuma daarvan beskuldig dat hy rassistiese kwotas gebaseer op nasionale demografie in die Weskaap wil uitoefen, en dat die ANC dit sonder meer ook in die res van die land sal doen.
Zuma het Mulder terug beskuldig dat hy die historiese feite omtrent die land betwis en hom gedreig oor hy durf waag om so 'n belangrike saak te probeer ondermyn. Mulder is beskuldig van 'n duiwelagtige verlede en dat hy 'n skerp mes in die maag van die swart Suid-Afrikaners druk. Mulder is ook daarvan beskuldig dat hy die waarheid betwis "that African people's claims to Africa is unquestionable." Dus mag swartes nie bevraagteken word nie, maak nie saak wat hulle eis nie, soos ook nou die blankes se lewe en hulle reg daarop.
Die ergste is dat ook ander blankes (die rede waarom die Afrikanervolk in hierdie gemors verkeer – deur hulle menige volksverraaiers) Mulder net so skerp aangeval het en hom beskuldig het van politieke geskiedenis-geheueverlies. Ene Pierre de Vos het Mulder 'n hele lesing probeer gee oor die 1913 'Land Act.'
Die Mail & Guardian het ook sy eiertjie gelê met 'n mening van David Coplan, professor in antropologie by die Universiteit van die Witwatersrand, waarin hy eers vir Mulder beskuldig van wandade in die apartheidsjare voordat hy uiteindelik moes erken dat wit boere en die Xhosas mekaar inderdaad naby die Kei Rivier die eerste maal raakgeloop het, en dat daar geen swartes tevore in die Weskaap was toe die eerste blankes aangeland het nie.
Nou waarom dan al die bohaai? Die waarheid is egter dit:
Ons weet dat die tyd naby is dat die swartes die blanke met geweld uit die land sal probeer haal. Daar sal geen omsigtigheid meer wees hieromtrent nie. En daar sal geen genade vir die witman wees nie want dit gaan nie oor 'n bietjie grond vir ons om ook op te bestaan nie, ons moet weg, dood as ons nie self wil vlug nie. Onthou wat die swarte se uitgesproke siening is: solank die blanke nog sigbaar is het hulle nog nie hulle vryheid nie. En net dalk moet ons ook nie seker wees dat dit so ver as 2013 sal wees nie. Maar 2012 sal dié jaar wees waarin die openlike massa-opsweping teen die witman sal eskaleer tot dit by die uitbarsstadium kom, 'n ware kruitvat waarop ons almal lankal sit en net wag dat die vonkie dit laat brand. En dan sal daar net een uitkoms wees: ons Skepper se genade – moenie verbaas wees indien u dan groot wonderwerke aanskou nie!