MALEMA KAN SELF AAN PICK N PAY VOORSIEN...

Kriewelkop

Onthou toe onse Julias gesê het die boere moet van hulle plase af want ons het hulle nie nodig nie, Pick n Pay is mos vol kos!? Dalk het hy intussen agtergekom dis die boere wat Pick n Pay voorsien. Maar wat, ons hoef nie te bekommer nie, Suid-Afrika se voedselprobleme is opgelos! Malema gaan boer! Ons weet nog nie met wat nie maar hy begin nou die plase een vir een self inpalm. Al wat ons weet is dat dit met MI6 se geldjie is...

‘n Plaas van 139 ha wat sowat R4 miljoen gekos het, is die nuutste toevoeging tot Julius Malema se eiendomsportefeulje.

Luidens ‘n berig in City Press het Gwama Eiendomme, ‘n maatskappy wat gedeeltelik deur Malema se Ratanang Familietrust besit word, die plaas Schuilkraal naby Polokwane in Augustus gekoop.

Die ondersoekende joernaliste, Adriaan Basson en Carien du Plessis, skryf dat dié plaas vir kontant gekoop is omdat geen verband daaroor geregistreer is nie.

Schuilkraal is Malema’s se tweede plaas. City Press het in Julie berig dat die Ratanang Familietrust ‘n kleinhoewe op die plaas Palmietfontein vir R900 000 kontant gekoop het.