Kriewelkop
Ons nader in die nuwe jaar 'n baie interessante maar 'besige' politieke speelvak met toonaangewers soos Malema, Zuma en hulle onderskeie ondersteuners. Julias Malema het sy oog op die presidentskap van die ANC en is stelselmatig besig om die ANC-ondersteuners aan sy kant te kry. En waar hy voorheen nog so effens subtiel te werk gegaan het wat sy verhouding met Zuma betref is hy nou ná die bevinding van 'n vyf jaar skorsingstydperk uit die ANC, openlik blatant en uitgesproke in sy stryd met Zuma se leierskap. So het hy nie geskroom om verlede Donderdag aan die pers uit te basuin dat daar nou sonder handskoene geveg gaan word nie. So ook maak hy reeds voorbrand vir die verwydering van Zuma as president van die ANC vroeg volgende jaar. En daar is rede om te glo dat Malema geen metode om Zuma te verwyder ongehoord sal ag nie, solank hy daarin slaag.
Sy uitspraak dat hy nie geskok is oor die skorsing nie verbaas geensins as daar na sy verlede gekyk word waar hy hom in alle geval nie gesteur het aan outoritêre besluite en reëls nie. Daarom kan ons verwag dat hy doodeenvoudig sal voortstoom op sy revolusionêre pad om sy vryheidsideaal van 'n Swart Republiek te verwesenlik. Na alles was die kern van sy agenda naamlik om president van die ANC en Suid-Afrika te word juis die rede vir sy aanvalle op die ANC en Zuma waarmee hy verdeeldheid wou skep en grotendeels daarin geslaag het, en waarvoor hy nou geskors is.
Die skorsing het na alle waarskynlikheid aan Malema se beweging selfs groter momentum gegee aangesien hy daarmee baie simpatie van veral swart jeugdiges in die land sal kry – daarvoor sal hy sorg. In sy toespraak het hy dit ook reeds duidelik uitgespel dat die ANC dringend 'n nuwe leier nodig het en dat volgende jaar die deurslaggewende tyd vir die leierskapstryd sal wees.
Hy skoei sy reg om militant en uitdagend te wees op Nelson Mandela se goedkeuring – die sogenaamde vredes-ikoon wie in werklikheid die hele revolusie begin het as terroris en moordenaar terwyl hy deur die wêreld voorgehou is as 'n voorstander en skepper van vrede en orde vir alle volke in die land.
Intussen is Malema se ego besig om tot barstens toe op te blaas en vertel hy vanaf verhoë dat hy só belangrik is dat sy naam in al die geskiedenisboeke van ons land opgeskryf sal word. Na alle waarskynlikheid is hy hieroor reg want soos dit nou blyk sal Malema die dryfveer wees wat volgende jaar vir baie groot ontwrigting in Suid-Afrika kan sorg – wat min mense besef is dat hy miljoene rande betaal word om die revolusie te stook, en hy is vas van voorneme om dit uit te voer, of dit nou oor sy haat vir die blanke is of vir die mildelike finansiële vergoeding maak geen verskil nie.
Noudat hy 'geskors' is spoor hy ook sy ondersteuners aan om nog sterker as voorheen vir hulle “vryheid te veg” en dat hulle eerste mikpunt moet wees om die ANC oor te neem waarna niks meer in hulle pad sal staan tot "volkome vryheid" nie. Wat hy egter as volkome vryheid beskou is dat daar geen blanke in sig sal wees nie. Dit beteken dat die stryd teen die blanke in Suid-Afrika 'n revolusionêre hoogtepunt sal bereik wanneer Malema Zuma uit sy pad gehaal het.
Die uitsprake van sommige ANC-leiers dat Malema se mag nou gebreek is, is so ver van die waarheid verwyder as kan kom. Onse Juju is nou in nog 'n beter posisie as ooit te vore om steun te werf vir sy 'vryheidstryd' want na sy skorsing is simpatie vir hom daaroor nou nog 'n aanwins.
Sy politieke loopbaan kom ook nou goed opdreef en vir hom bestaan geen ander reëls as die reël van Afrika nie: die sterkste (sluste...) sal oorwin, al verg dit om Zuma te vermoor want in donker Afrika is die moord van 'n leier 'n blote formaliteit. Wat so 'n stap nog meer sal 'regverdig' in die oë van Malema en sy ondersteuners is dat Zuma nie van plan is om sy posisie sonder stryd te verloor nie - daarom sal hy hand en tand beveg word. Zuma het reeds te kenne gegee dat hy alles in die stryd gaan werp om herkies te word as president en verwag glo nie juis sterk opposisie van ander kandidate nie. Volgens sy raadgewers sal die eintlike stryd oor die vyf topposisies gevoer word maar is Zuma in sy eie mening waarskynlik die aangewese president vir nog 'n termyn.
Nie een van Zuma se span in sy kabinet is by magte om Malema werklik in die bek te ruk of sy planne in die wiele te ry nie. Daarom gaan hulle die hele situasie weer net onder die mat invee en probeer om in die openbaar geen aandag daaraan te skenk nie, maar die verwagting is dat Malema dit vanaf vroeg volgende jaar so onuithoudbaar vir die ANC en Zuma sal maak dat dit die onderwerp van die jaar sal word – waarmee Malema se voorspelling van sy naam in die anale van Suid-Afrika se geskiedenis, sekerlik bewaarheid kan word.