Kriewelkop
As wetsgehoorsame landsburgers maar weet hoe maklik misdadigers vuurwapens bekom sal hulle nie meer die doelbewuste rompslomp om 'n wapenlisensie te bekom so geredelik verduur nie. Die polisie – en ons weet wie is die polisie deesdae - het 'n heerlike skuiwergat waarin hulle doodeenvoudig hulle vuurwapens "vermis" verklaar en kry dan nuwes - verlede jaar is R16 miljoen vir 4 000 Beretta-pistole ter vervanging van die vermiste vuurwapens opgedok. Indien 'n ander landsburger sy gelisensieerde wapen so sou laat wegraak sou hy aangekla word en nooit weer 'n wapen kon bekom nie. So het daar die afgelope 12 maande 1 335 aangetekende vuurwapens van die polisie sommer net "weggeraak" – die werklike getal sal u nooit amptelik hoor nie. Bykans 12 000 polisievuurwapens het die afgelope vyf jaar glo 'verlore' gegaan, bitter min daarvan weens die beweerde nalatigheid en diefstal, maar baie eerder deur 'n smousery daarvan aan ander misdadigers. Onthou u nog die berigte so vier jaar gelede toe 'n polisiestasie in Pretoria uitgevang is dat hulle wapens oornag verhuur teen R10 patroon daarmee saam?
Gedurende die boekjaar 2009-10 het 3 226 vuurwapens glo verdwyn maar ons weet ook dat die Nuwe Suid-Afrika nie kan boekhou nie en nie die helfte aanteken nie.
Daar het glo ook 2 507 wapens gedurende 2007-08 verlore geraak. Gedurende die afgelope vyf jaar is altesaam11 935 wapens as vermis
aangegee waarvan 7% glo teruggevind is.
Die groot getal “vermiste” wapens kan direk toegeskryf word aan die hoë vlakke van korrupsie en misdadigheid binne die polisiediens – amptelik die grootste misdaadorganisasie in Suid-Afrika.