JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (9)

Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener

Suid-Afrika

(Land van die toekoms)

"Maar julle is 'n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis gewerp het tot sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is”. (1 Petrus 2:9-10)

In aansluiting by hierdie teksgedeelte het die Boodskapper aan my gesê: “So spreek die Here God tot die volk van Suid-Afrika: Jul­le wat eertyds geen volk was nie, het nou my volk geword; julle wat vroeër nie ontferming geken het nie, oor julle sal Ek my nou ontferm”. Die vyand het ons nie as volk getrek nie.

Die heerlikheid van Europa behoort tot die verlede, die val van die Britse Koninkryk staan voor die deur; die wêreldse rykdom, grootheid en mag van Amerika het sy toppunt bereik en sal van nou af aan geleidelik ondergaan totdat sy mag heeltemal verdwyn het.

En wat bly daar dan oor?

Suid-Afrika is die hoop van die wêreId.

Suid Afrika is die land van belofte, die land van vryheid, die land van bevryding.

Vir die lyding van sy voorgeslagte; vir die morelemoed van sy rebelle, vir die reinheid van sy geskiedenis, onbevlek met mensebloed (hy het nog nooit ’n ander nasie eerste aangeval nie), onbesoedel met hebsugtige geweld, vir die wonderskoonheid van sy Natuur, vir al die onbegrensde skatte verborge in sy grond, omrede van al hierdie dinge, en nog veel meer, wat later openbaar gemaak sal word, is Suid-Afrika uitverkore bo alle ander dele van die wêreld.

Jy, vir wie daar vroeer geen ontferming was nie, die Here God sal Horn nou oor jou ontferm. Hy het die bande van jou verdrukking aanskou; sy medelydende oog is op jou gevestig; Sy oor het die versugtinge van jou verstrooide, verarmde en verdeelde volk gehoor, en sy Heilige toorn is ontstoke teen jou vyande.

By geleentheid het mnr. Boy Mussmann aan Nicolaas van Rensburg gevra: “Wie is ons, oom Klasie?” En die Siener se antwoord was: “Ons is God se volk...”

Amerika, wat die septer moes dra, is in die weegskaal geplaas en te lig bevind

“In die tyd van jou groot benoudheid stuur Hy aan jou ’n belofte van bevryding, en dit sal wees op die vooraand van groot politieke omwentelinge in jou land, sodat jy kan weet en gereed wees, want Hy doen niks sonder om sy kinders voor te berei nie...”

Dit staan ook so in die Bybel: “...die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie”. (Arnos 3:7)

Vervolg...