KOMMENTAAR -- STUKKIE GROND

Johan Dorfling

As ek mag, lewer ek graag kommentaar op dr Danie Theron se artikel 'N STUKKIE GROND OF 'N EIE LAND?  Volgens 'n woordeboek kommentarieer ek, maar eintlik wil ek net my mening uitspreek oor wat dr Theron geskryf het. Terselfdertyd is my kommentaar nie afbrekend soos mense gewoonlik verwag nie, maar ondersteunend.

Kaart en transport en waarborg bestaan nie in die kommunistiese omgewing nie. Dit is mos algemeen bekend dat in die kommunistiese ideologie alles aan die staat behoort; hierin moet eintlik die regering gelees word. Alhoewel die huidige bespiegelinge vooruitsigte van grondonteiening sonder vergoeding op blankes se eiendomme fokus, beteken dit dat alle grond, klein of groot, sonder vergoeding onteien sal word. Die swartes besef nog nie dat hul eie besittings hulle ontneem gaan word nie.

Geen privaatbesit sal toegelaat word nie.

Die staat (regering) is die eienaar van alle besittings en die onderdane mag nie wins maak nie. Alle inkomste en wins moet aan die staat oorbetaal word wat dan vaste salarisse sal uitbetaal soos hulle goeddink. In werklik is die regering, nie die staat nie, die eienaar van alles en ken hulle die salarisse toe soos hulle wil. Aan hulself word buitensporige salarisse betaal, asook onverdiende bonusse, want volgens hulself werk hulle harder as die spul onderdane. Soos dr Theron dit stel:  . . . . . “die hoogaangeprysde grondwet (is) ‘n middel tot ‘n doel. Dit is ‘n sosialistiese transformasie-instrument om die doelwitte soos gestel in die Freedom Charter, te verwesenlik. Dit sal ‘n staat daarstel waar die individu se regte deur die staat bepaal word. Eiendomsreg vir die individu is nie een van daardie regte nie!”  Pragtig raakgevat.

Minstens 90% van die huidige parlementslede ondersteun kommunisme en min besef dit. Kommunisme ontken die bestaan van God, daarom kan geen Christen aan die parlementêre bedeling deelneem nie. Al die groter politieke partye tree onbybels op. Die Bybel staan loodreg teenoor kommunisme en ondersteun openlik die grense tussen volke soos Totius dit uitgelê het. Ons mense moet dit insien soos dr Theron pragtig uiteengesit het.

Kom ons vat hande saam en bly weg van vermenging en van die onbybelse deur nie vir kommunistiese politieke partye en volkvreemdes te stem nie. Jou stem tel niks nie teen die oormag van vreemde volke. Christene mag nie met ongelowiges probeer saamwerk nie.