Johan Dorfling
Na aanleiding van koerantberigte en om duidelikheid te kry, stel ek die volgende vrae aan Afriforum:
Wat verstaan Afriforum onder "die ou apartheidvlag"? Dit vrae ek omdat dit waarskynlik is wat ons mense as 'n volksvlag, 'n eie vlag, ken.
Het Afriforum werklik geen besondere liefde vir hierdie vlag nie?
Glo Afriforum regtig dat die betrokke vlag die vermoƫ het om belediging en emosionele benoudheid aan te hits? Wat van die vreedsame optog van die boere en ondersteuners?
Dink Afriforum dat die vertoning van die Afrikaner se volksvlag tot haat kan lei?
Het Afriforum getel hoeveel Suid-Afrikaners wat die (ou) vlag vertoon (ek lei af blankes), apartheid as misdaad teen die mensdom afkeur? ("Most South Africans denounce apartheid as a crime against humanity").
Is die nader van eerste die VSA om ondersteuning teen grondonteiening en onderdrukking te kry, bevestiging van die wegbeweeg van ons stamlande wat 'n ander agtergrond het? As dit so is, lei ek af dit is ook wegbeweeg van ons eie mense soos veral genl Jan Smuts destyds gedoen het. Die VSA het immers 'n heeltemal ander taal, kultuur en beskouing as wat ons Afrikaners het.
Beantwoording van hierdie vrae behoort groter duidelikheid aan Afriforum se siening te gee. Dit mag ook tot verdere vrae aanleiding te gee.