Eskom gaan tekort van miljarde van gebruikers verhaal
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Die finansiële krisis wat oor die afgelope jare by Eskom ontstaan het weens wanbestuur en korrup-sie het ’n skrikwekkende tekort van R66,6 miljard geskep. Vroeër vanjaar het direksielede Amerika besoek in ’n poging om nuwe lenings aan te gaan. Hulle het toe beloftes van slegs sowat R21 miljard ontvang. ‘n Kringloop van afpersing het hierop ge-volg. Die kabinet wou Eskom dissiplineer, en het sowat ses verskillende ondersoeke na Eskom se optrede geloods. Volgens energiekenners raak dit skaars aan die oppervlakte van die ernstige sistemiese probleme binne Eskom.
Met die jaarlikse verhogings voor die deur het die vakbonde begin dreig met stakings indien hulle nie ‘n verhoging van minstens 15% ontvang nie. Daarop het Eskom aangekondig dat hy 0% verhoging voorstel, aangesien hy nie fondse het om sy salarisse te verhoog nie. Die krisis wat sodoende teen die middel van Junie ontstaan het, is die gevolg van Eskom se tekort aan kontant en sy onvermoë om sy buitelandse lenings van vroeër af te los. In ander woorde gestel: Eskom is tegnies bankrot. Deur geen verhoging toe te laat nie het Eskom in werklikheid die druk verplaas na NERSA en die ANC-regering. NERSA, die Nasionale Energie Reguleerder, het in opdrag van die Ramaphosa-bewind drastiese verandering in bestuurspraktyke vereis voordat Eskom weer toegelaat sal word om tariewe te verhoog. Deur die stakings uit te lok (geen verhoging van lone nie) hoop Eskom dat die regering wel tot sy redding sal kom.
Op 14 Junie 2018 het NERSA, te midde van die stakings en krisisse by Eskom, aangekon-dig dat die energieverskaffer toegelaat gaan word om R32,69 miljard van energiegebruikers te verhaal oor die volgende drie jaar. Hierdie bedrae word benodig om Eskom se lenings aan die staatskas terug te betaal, maar dit stel Eskom nog nie in staat om sy toekomstige bedryf te be-veilig nie. Dit beteken uiteraard dat massiewe tariefverhogings voor die deur is, en dit beteken ook dat Eskom aan die vakbonde se druk sal toegee met ’n aanbod vir salarisverhogings.
Druk van die vakbonde het Eskom dus in staat gestel om die regering af te pers. Volgens een konsultant lewer Eskom minder energie as enkele jare gelede, maar sy werkerskorps het in dieselfde tydperk met 30% gestyg. Boonop is Eskom se tariewe per KW-uur tans drie keer wat dit kos om krag op te wek. Eskom oorverhaal dus sy bedryfskoste van die gebruiker. Een van die Eskom se kwellinge is die feit dat baie munisipaliteite regoor die land oor die afgelope jare in gebreke gebly het om vir elektrisiteit te betaal. Sekere munisipaliteite skuld Eskom miljarde.
NERSA eis onder andere dat Eskom sy personeel drasties moet verminder. Indien dit gebeur sal verdere stakings gedurende die komende wintermaande volg. Reeds tydens die stakings is beurtkragreëlings in Gauteng aangekondig. Daar kan verwag word dat blanke wer-kers primêr vir afdanking geteiken sal word. Nuwe elektrisiteitstariewe sal na verwagting eers in September 2018 bekend gemaak word.