Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Nasionalisme
Op die grondslae van nasionalisme, kan mens hom nie vereenselwig met ’n beoogde stelsel wat ’n volslae negering van nasionalisme sal wees nie, en wat na ’n fase van wrywing en botsing sal uitloop op ’n Swart meerderheidsregering wat, soos die les van Afrika leer, waarskynlik onder Kommunistiese beheer sal wees en Suid-Afrika betreklik gou sal afdruk tot die peil van nasionale armlastigheid, korrupte administrasie en miskenning van elementêre menseregte en demokratiese waardes. (En nou het ons land rommelstatus; hoe in die kol was hierdie insig!)
Byna ses-en-sestig persent van die klousules van die voorgestelde Menseregte-akte is eintlik ’n bevestiging van die huidige regsposisie, en in die sin van min betekenis.
In die opsigte waarin dit buite die bestaande regs- en politieke orde gaan, is dit egter ’n bloudruk vir ’n revolusionêre ingryping in die Suid- Afrikaanse bestel deurdat:
- dit die regbank sal politiseer en die regspleging in Suid-Afrika in politieke vaarwaters sal inruk in verband met strydvrae waaroor daar diepgewortelde magte en gevoelens in ’n volk werksaam is, soos die besef van groepsidentiteit, die bewustheid van tradisionêre invloede, die respek vir die voorgeslag, die vereenselwiging met volkshelde, die drang tot selfbetuiging;
- dit betoog om die juridiese regverdiging te verskaf vir ’n politieke orde gegrond op ’n pluralistiese nasie, waardeur ’n hoë voorrang gegee word aan die abstrakte idee van ’n samevoeging van heterogene individue in wat in die werklikheid ’n anti-nasie sal wees;
- dit nasionalisme as die politieke mag waardeur die Afrikanervolk homself betuig en gehandhaaf het, uitskakel weens die ingeboude vereiste dat ras en kultuur nie in die politieke stryd ’n rol gegun sal word nie;
- dit die waarheid misvat dat gesag net kan bestaan wanneer volstrekte standaarde geld, en die enigste volstrekte standaard van die gelykheidsdogma is nul;
- dit die wetenskaplike feit minag dat daar tussen ras en kultuur ’n diep organiese band is;
- dit magsuitoefening sal bevorder deur uiteenlopende individue in ’n groot kollektiwiteit saam te voeg waarin die natuurlike skanse van volks- en rassegrense platgestoot is, en die enkeling regstreeks sal blootstel aan ’n verwyderde owerheid met wie daar geen nasionale identifisering is nie;
- dit ’n poging verteenwoordig om ’n anti-nasionale pluralisme daar te stel volgens ’n abstrakte idee en inderdaad ’n huis sal skep wat innerlik verdeeld is en derhalwe nie kan staan nie;
- dit in die huidige politieke en sosiale klimaat stygende verwagtings sal wek, wat deur revolusionêre en anargistiese magte uitgebuit sal word om die orde uit te daag en uit te tart in antisipasie dat weerstand reeds prysgegee is deur aanvaarding van die gelykstelligsdogma op grond van die voorgestelde Menseregte-akte.
’n Sleutelbeplanning is byvoorbeeld vervat in klousule 17 van die voorgestelde Menseregte-akte, wat dit duidelik stel dat die staat rasse vermenging sal subsidieer en rasseskeiding sal penaliseer, deur die weerhouding van middele. Die klousule moet in die geheel aangehaal word omdat dit so belangrik in die betrokke samehang is:
“Die reg van elke persoon of groep”, lui dit, “om hom te disassosieer van ander individue of groepe; met dien verstande dat indien sodanige disassosiasie diskriminasie daarstel op grond van ras, kleur, godsdiens, taal of kultuur, geen openbare of staatsfondse direk of indirek ter bevordering van die belange van die persoon ofgroep wat aldus diskrimineer, beskikbaar gestel mag word nie”.
Die ironiese implikasie hiervan is dat diskriminasie uit naam van anti-diskriminasie gestraf word deur diskriminasie: die staat sal diskrimineer teen die wat diskrimineer! ’n Persoon word oënskynlik “’n reg” gegee, maar in wese is dit so beperk dat dit neerkom op ’n ontneming van ’n reg.
Hier word egter ook getas aan die wortel van menslike ordes, omdat hierdie beperking indruis teen die reg op voorkeur vir die eie. Voorkeurige assosiasie is ’n kenmerk van alle sosiale wesens, en terwyl mense hulle voorkeur kan grond op nasionaliteit, kultuur, klas, taal, godsdiens, intellektuele belangstelling of ras, is ras die mees standhoudende maatstaf, bewus of onbewus, by voorkeurige assosiasie, omdat die sigbare kenmerke van ras blywend, bestendig en op ’n berekenbare wyse oordraagbaar is.
Diskriminerende praktyke en voorkeurige behandeling vind universeel plaas waar daar kontak tussen twee wyd uiteenlopende rasse is.
Gelykheid is nie geregtigheid
Om alle mense gelyk te behandel voor die gereg is om ’n regverdige gedissiplineerde samelewing te verseker. Maar ’n beskaafde samelewing vra meer: dat die wet getemper word met verdraagsaamheid en genade, deur oorweging van wat in ’n oortreder se guns is, of van aangebore gebreke waarvoor hy nie met reg aanspreeklik gehou kan word nie. Dit is ook die lig waarin verskillende rasse beskou moet word, en waarom dit die opperste dwaling is om gelykheid en geregtigheid met mekaar gelyk te maak.
Matthew Arnold, die Engelse digter en denker, het eenmaal opgemerk: ..die vermenging van persone van verskillende rasse in een samelewing lei tot verwarring van alle verhoudings in die menslike lewe en van alle begrippe van reg en verkeerd”. Dit is insigte waarvan terdeë kennis geneem moet word.
Die Kommissie se klousule 12 lui byvoorbeeld:
“Die reg om vrylik in die Republiek van Suid-Afrika te beweeg, op enige plek daarin te woon of ’n wettige besigheid, beroep, ambag of ander aktiwiteit te beoefen”.
En dit hou onteenseglik in dat Swartes in Suid-Afrika in Blanke woonbuurte kan woon, en dat, anders as in die VSA, Blankes nie die reg sal hê om dit te verhoed nie. Dit gaan dus nie daarom dat die staat weerhou word van inbreuk op “menseregte” nie, maar dat die staat Blanke mense dwing om hulle reg op voorkeurige assosiasie prys te gee.
Twee basiese menseregte
Dit is ’n opvallende leemte in die Kommissie se verslag en voorstelle dat geen erkenning gegee word aan die reg op voorkeur vir die eie nie. As daar ’n basiese mensereg is naas wat Ortega Y Gasset genoem het “die reg op kontinuïteit”, is dit die reg.
Dit rus op die lewenswet wat alle verskeidenheid in die skeppingsorde onderlê. Indien die individu van die spesie nie ingebind is tot genetiese preseleksie nie, sal die spesie nie kon ontstaan of bestaan nie.
Die reg op voorkeur vir die eie is ook die grondslag van nasionalisme. Dit veronderstel nie dat die eie beter as ander is nie, net soos ’n man se voorkeur vir sy gesin nie veronderstel dat hulle beter as ander is nie. Die voorkeur behoef geen verklaring of verduideliking of verskoning nie.
Toets is geregtige samelewing
Die toets van welslae van die erkenning van menseregte is eenvoudig of dit ’n geregtige samelewing oplewer in gevalle waar mense en volke van verskillende rasse-afkomste as individue behandel word.
Uit voorbeelde wat voor-die-hand-liggend is, blyk die teenoorgestelde. En die Kommissie kan dit nie weerspreek nie.
Dit is nie nodig om toestande in Afrikastate met menseregte-aktes hier te bespreek nie. In geeneen van die state is die menseregte-akte die papier werd waarop dit gedruk is nie. En die betrokke bevolkings is swakker daaraan toe met ’n menseregte-akte as wat hulle daarsonder was.
Gelykheid voor God
Dit is insiggewend om weer te kyk na wat byvoorbeeld Aldous Huxley skryf in die bundel Proper Studies.
“Deesdae word die Christelike leerstelling van die broederskap van mense en hulle gelykheid voor God ingeroep ter ondersteuning van politieke demokrasie. Dog heeltemal onlogies" lui dit. “Want”, skryf hy, “die broederskap van mense impliseer nie hulle gelykheid nie.
“Gesinne het hulle dwase en hulle genieë, hulle swart skape en hulle heiliges, hulle wêreldse suksesse en hulle wêreldse mislukkings. ’n Mens moet broers liefderik en met geregtigheid behandel volgens elkeen se verdienste. Maar die verdienste van elkeen is nie dieselfde nie. Ewe min impliseer mense se gelykheid voor God gelykheid onder hulleself.
“Vergeleke by ’n oneindige kwantiteit kan alle eindige kwantiteite as gelyk geag word. Daar is, waar dit om oneindigheid gaan, geen verskil tussen een en duisend nie. Ons wêreld is ’n wêreld van eindige kwantiteite; en waar dit gaan om wêreldse dinge, is dit volkome irrelevant dat alle mense gelyk is in verhouding tot die oneindige kwantiteit wat God is. Die Kerk het te alle tye sy wêreldse beleid voortgesit op die veronderstelling dat dit irrelevant is. Dit is eers onlangs dat die teoretici van demokrasie hulle op die Christelike leerstellings beroep het vir bevestiging van hulle egalitariese beginsels.
“Christelike leerstellings gee, soos ek getoon het, geen sodanige steun”.
Hierdie standpunt, hoewel nie regstreeks verwysend na menseregte nie, is ter sake omdat dit deurdring tot die grondliggende liberale illusie oor menseregte, naamlik geregtigheid deur gelykstelling—’n benadering wat van ingrypende betekenis is by oorweging van menseregte in ’n samelewing waarin rassegrense platgestoot moet word om gelykheid te vestig.
Gelykheid teen vryheid
Die beroemde akademikus en denker, FA Hayek skryf in sy werk The Road to Serfdom: “Gelykheid voor die gereg en stoflike gelykheid is nie net moeilik nie, maar ook in stryd met mekaar: ons kan die een of die ander bereik, maar nie albei tegelyk nie. Die gelykheid voor die gereg wat deur vryheid vereis word, lei tot stoflike ongelykheid”.
Hierdie eenvoudige waarheid word so met opset misken dat dit tot allerlei illusies en vergissings aanleiding gee, soos dat gelykheid van individue se regte die voorwaarde vir vryheid is. Elders is daar gewys op die struktuur van die gesin, as die kleinste samelewingseenheid, wat ’n hiërargiese orde vertoon, en waarin ongelykheid van leeftyd, van funksie, van gesag die volstrekte weerspreking van die aanspraak op vryheid, gelykheid en broederskap is.
Baie getuienis in hierdie verband is beskikbaar, maar daar word volstaan met wat die bekende Nederlandse skrywer HA Lunshof gesê het: “Een ding’’, lui dit, “staan vas: vryheid en gelykheid gaan nooit saam nie. Wanneer jy mense dwing om almal gelyk te wees, dan moet jy hulle hul vryheid ontneem. Wanneer jy mense ook maar net ’n greintjie vryheid toelaat, sal hulle altyd na ongelykheid streef, omdat dit die wese van die mens en die natuur is”.
“Gelykheid is opstand van onder”
Voortgaande sê hy: “Predikers van gelykheid wil meestal die laere nie ophef tot die hoëre nie, maar die hoëre na benede trek. Dit is ’n gevaarlike proses, want so goed as wat jy ’n volk kan ophef, kan jy hom deur begeerte so prikkel dat hy deur alle dyke breek en alles oorstroom. Daarom is dit so verkeerd om voortdurend oor gelykheid te praat, ja, dit voor te stel asof dit iets moois en begeerliks sou wees. Gelykheid is die natuurlike vyand van broederskap, omdat laasgenoemde uit die hoëre sfere stam en gelykheid die opstand van benede is”. (Elseviers Weekblad, 14 Julie 1956).
Hierdie beskouing is ter sake, omdat die aandrang op menseregte onlosmaaklik is van die ideologie van die gelykheid van mense. Dit is die klaarblyklike rede waarom voorstanders van ’n menseregte-akte nie “groepe” of volke en rasse wil erken nie. Maar dan tegelyk ook weier om die euwele konsekwensies van die gelykstellingsdogma in die konkrete Suid-Afrikaanse situasie te erken.
Sogenaamde vriende wil swart regering hê
Dit laat die Kommissie goedsmoeds op p.324 verklaar: “Die nadele en gevare kan almal deur ’n versigtige behandeling en met gebruikmaking van die korrekte prosesse en tegnieke uitgeskakel word” — ’n stelling wat suiwer op teoretiese bespiegeling rus.
Onder die oorwegings ten gunste van “die beter beskerming van individuele menseregte” word onder andere genoem: “die bevrediging van die Westerse filosofiese grondslae ... en dit voldoen aan die internasionale standaarde”.
Maar die Kommissie weet of behoort te weet dat die Amerikaanse magshebbers sedert die dae van pres. Jimmy Carter openlik uitgesproke is dat hulle in Suid-Afrika ’n Swart “meerderheidsregering” wil hê. Ongetwyfeld sal hulle die aanvaarding van ’n menseregte-akte soos voorgestel, verwelkom, omdat hulle dit as ’n voorwaarde vir die politieke ontwikkeling tot Swart regering beskou. Hulle sal alleen tevrede wees wanneer ’n Kommunisties beheerde ANC-regering die politieke mag in Suid-Afrika het, soos die geval in Zimbabwe was, waar die Britte en Amerikaners geweier het om ekonomiese sanksies op te hef voordat ’n Kommunistiese bewind oorgeneem het.
“Een van sterkste lande”
DIT is verbasend dat die Kommissie die essensie van die ingewikkelde bevolkingsamestelling in Suid-Afrika deur die vingers sien en by al die bewyse tot die teendeel, die Amerikaanse toestand aanprys as navolgens- waardig.
Die Kommissie maak met nadruk op p.97 ’n uitspraak wat waarskynlik getuig van ’n vooringenomendheid oor die deugsaamheid van ’n menseregte-akte aan die hand van die Amerikaanse voorbeeld.
“Die Amerikaanse juriste” lui dit, “roem daarop dat menseregte in geen land ter wêreld so goed beskerm word as in hul land nie. Die Amerikaanse mensereregte-akte word gesien as ’n trotse erfenis wat veral meegebring het dat juridiese en politieke diskriminasie teen Swart mense te bowe gekom is.
“Die menseregte-akte het dus werklik geslaag om ’n minderheidsgroep te beskerm. Aan die hand van die menseregte-akte kan die geldigheid van wetgewing getoets word en kan wetgewing wat strydig is met fundamentele menseregte ongeldig verklaar word. Die bestaan van ’n menseregte-akte en die toetsreg van die howe het nie verhoed dat die VSA een van die sterkste lande in die wêreld geword het nie, nog het dit staatsveiligheid ondergrawe. ”
Desegregasie gelyk aan gedwonge integrasie
Dit is algemene kennis dat die proses van desegregrasie van die vyftiger- en sestigerjare in die VSA gepaard gegaan het met gedwonge integrasie, soos die aanry van kinders van verskillende rasse na skole van ander rasse, en die sogenaamde “affirmative action”, waardeur werkgewers en instellings verplig is om bepaalde getalsverhoudings in byvoorbeeld personeel te handhaaf. Dit is die logiese konsekwensies van ’n beleid van miskenning van die reg op voorkeurige assosiasie. Natuurlike rasseskeiding en die reg op voorkeur vir die eie word vervang deur wetlike verpligte rassevermenging of integrasie. Wat uit naam van “regte” bepleit is, word omgesit in dwang, om die skyn te wek dat ’n beleid van miskenning van rasseverskille wel deug.
In die laat vyftigerjare het ’n bekende linkse, prof. Catlin van Brittanje, op besoek aan Suid-Afrika gesê dat “niemand toegelaat moet word om te weier om te assosieer met iemand van ’n ander ras nie”. Dus, die liberale dogma van vryheid van assosiasie se onvermydelike teenhang is geforseerde assosiasie, soos die Amerikaanse voorbeeld demonstreer.
Diskriminasie in Amerika
Terwyl die Kommissie klaarblyklik sterk steun vir sy konsepsies put uit die Amerikaanse voorbeeld, is dit ’n byna weeklikse verskynsel dat berigte en artikels gepubliseer word oor diskriminasie teen Swartes in die VSA. ’n Enkele onlangse voorbeeld is afdoende.
Beeld van 19 Oktober 1989 het ’n opskrif gehad: “Kleurblinde Amerika bly ’n droom”. En die eerste sin het gelui: “Die skeiding van rasse in Amerika behoort reeds jare tot die verlede. Tog kan ’n mens nie praat van rassegelykheid in die land, wat veronderstel is om kleurblind te wees nie”.
“Rasseverhoudings en die status van die Swartes” lui dit verder, “het merkwaardig verbeter sedert die Tweede Wêreldoorlog, maar die grootste deel was reeds van toepassing in die jare sewentig. Daarna was daar min vordering, selfs agteruitgang”.
“Daar word”, gaan die berig onder andere voort, “teen Swartes gediskrimineer met die koop of huur van eiendomme in Wit woongebiede”. En die Swartes het ondanks die “Bill of Rights” geen manier om dit te verhoed nie; en die Blankes ag hulle nie moreel gebonde aan die “Bill of Rights” nie.
Die voorbeeld van die VSA is belangwekkend en relevant, want daar is ook ’n veelrassige samelewing.
Hoewel slawe vrygestel is in die tweede deel van die negentiende eeu, terwyl daar ’n “Bill of Rights” op die Wetboek was, het Swartes nog in die tweede helfte van die twintigste eeu gewelddadig betoog vir burgerregte. Op sigself kwalifiseer dit die Kommissie se uitspraak hierbo in aansienlike mate. Hierdie bekende feit moet minstens deur die Kommissie vermeld gewees het om objektiwiteit te betoon en om by alle nugterheid die moeilike toepassing van sulke wette te erken.
Die aanspraak van Amerikaanse juriste waarop die Kommissie hom beroep, moet aan die werklikheid getoets word.
Een van die bekendste “civil-rights”-figure van die sestigerjare in die VS A is James Meredith na wie vroeër hierin verwys is. Hy het in Februarie 1985 volgens die Washington Post in toesprake voor studente onder andere gesê:
“Blankes vermy die nommer een probleem in Amerika — ras—deur sover as moontlik weg te bly van Swartes ...
“Ek sal liewer keelaf gesny word (‘lynched’) as om behandel te word asof ek nie bestaan nie.
“Dit was Blankes wat Swartes uitgebuit het vir goedkoop arbeid, selfs slawe-arbeid.
“Nou sien j'y nie Swartes wat vrugte of katoen pluk of by tafels bedien nie. Blankes wil nie eens Swart arbeid uitbuit nie. Ek sal liewer uitgebuit as geïnoreer wil wees .
“Amerikaanse Swartes is nou swakker daaraan toe as ooit in die geskiedenis, die slawetyd inkluis. ”
Hoe rym sulke getuienis met die Kommissie se bewerings hierbo aangehaal?
“10% Lewer 60% in VSA-tronke”
Dit is natuurlik nie al wat in die verband ter sake is nie. In Oktober 1985 het Ramsay Milne byvoorbeeld in The Sunday Star Review geskryf:
“Dit is so dat as Amerikaanse Swartes die meeste ondervoed in die nasie is, hulle ook in haas elke ander faset van die lewe ’n agterstand het.
“In die onderwys is Blanke Amerikaanse kinders ver bo in prestasiepeile en bywoning van kolleges.
“In openbare gesondheid toon onlangse amptelike syfers dat in haas elke bekende siekte waarvan aantekening gehou is, met inbegrip van Vigs, die insidensie hoër onder Swartes is. Die kindersterftekoers is onder Swartes viermaal hoër as onder Blanke kinders.
“Byna sestig persent van die Amerikaanse tronkbewoners is Swart, hoewel Swartes tienpersent van die bevolking uitmaak ...”
Die tersaaklike deel van die aanhaling is die laaste paragraaf. Die ander is bygevoeg ter wille van perspektief. (As die geval van die Indiane in die VSA bygebring word, sal dinge nog erger lyk).
Die feit dat tien persent van die bevolking sestig persent van die tronkbevolking oplewer, kan net dui op ’n samelewing wat emstig ongebalanseerd is. En as die erkenning en handhawing van menseregte in die VSA aangeprys word as ’n voorbeeld om in Suid-Afrika na te volg, moet hierdie werklikheid onder oë gesien word, veral waar die verhouding van Blankes teen Nieblankes in omgekeerde orde in Suid-Afrika is.
Dit is opvallend dat die Amerikaanse patroon van ’n oorwigtige Swart tronkbevolking herhaal word in ander lande. Nieu-Seeland se Maori-be- volking maak meer as die helfte van die tronkbevolking in die land uit (Eastern Province Herald, 1 Augustus 1986). En in Australie het die inboorlinge die hoogste koers van tronkstraf in die Westerse wêreld (Weekly Mail, 30 April 1987).
Die Nieblankes in die betrokke state beland nie in die tronke omdat hulle primêr tot misdaad geneigd is nie, maar omdat hulle as individue van een ras gelyk behandel word met ’n individue van ’n ander ras. Daaruit volg wanaanpassing, frustrasie en uiteindelike misdaad, met die gevolglike ontneming van vryheid en daaruit voortvloeiende las wat dit op die samelewing plaas. Dit vloek luid teen sosiale geregtigheid.
Hierdie feite het betekenis, omdat dit gaan om mense in samelewingsverband.
Moes die Kommissie nie eerder besef het nie dat die Amerikaanse model in beperkte sin toepaslik is op Suid-Afrika nie, en boonop in baie gunstiger omstandighede as in Suid-Afrika na meer as honderd jaar steeds ’n sigbare mislukking is?
Waarom is VSA sterk? – vervolg...