DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (34)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

STAATSGREEP VAN SEPTEMBER 1978

Die oomblik nadat generaal Van den Bergh aan my vertel het dat mnr. Vorster besluit het om homself vir die Presidentskap beskikbaar te stel het ek dr. Connie Mulder gewaarsku om vir die verkiesing van ’n nuwe leier van die Nasionale Party, en sodoende ’n nuwe Eerste Minister, voor te berei.

Dr. Mulder was nie onverhoeds betrap nie, want in 1972 al het mnr. Vorster so te sê besluit om uit te tree en toe dr. Mulder met ’n oorweldigende meerderheid verkies is om Ben Schoeman as Leier in die Transvaal op te volg het politieke kommentators hom onmiddellik as die “Kroonprins" gedoop. Maar ons het die weg vir mnr. Vorster se detente met Swart-Afrika gebaan min wetende dat die geweldige publisiteit aan mnr. Vorster nuwe moed sou gee. In plaas daarvan om te bedank, soos elke ingeligte waarnemer verwag het dat hy in Julie 1974 sou doen, het mnr. Vorster besluit om aan te bly.

In 1976 het mnr. Vorster weer eens te kenne gegee dat hy mag aftree en Connie Mulder se kring van selfaangestelde persoonlike raadgewers het van tyd tot tyd ontmoet om ’n langtermyn strategie uit te werk, ingeval hy verkies sou word. Standpunte is opgestel en bespreek. Selfs by die Olimpiose Spele waarheen dr. Mulder en ek gegaan het om met Egiptiese en ander buitelandse kontakte te ontmoet, was daar ten minste een belangrike bespreking van hierdie aard.

In Pretoria het ek sekere bloudrukke en kaarte vir dr. Mulder se gebrulk opgestel. Sommige hiervan het ook oor radikale konsolidasie en uitbreidlng van die swart tuislande gehandel. Andere het die Kleurling-Asiër vraagstuk gedek. Ek het sommige voorstelle met vertrouelinge bespreek, insluitende Retief van Rooyen. Hy het ongetwyfeld nog in dieselfde week alles aan mnr. Vorster gerapporteer.

Die opmerking wat mnr. Vorster seker die kwaadste gemaak het was my opsomming dat hy op daardie stadium soos ’n kurkprop in ’n bottel goeie wyn was: “Dit was net ’n kwessie van hoe om die goed uit die bottel te kry".

Die land was ryp vir positiewe verandering en aanpassings en vir verbeeldingryke herstruktuering van die geo-politieke grense van die tuislande maar mnr. Vorster het niks gedoen nie. Selfs die geheime boodskap van die Franse regering (wat ek van Michel Poniatowski ontvang het) dat hullo ’n onafhanklike Zoeloeland, in sy historiese tuisland as een gebied gekonsolideer met Richardbaai as hawe, sou erken, was nie genoeg om Vorster tot aksie oor te haal nie. Hy was nie alleen huiwerig nie, hy was ook geestelik moeg en onwillig om meer te doen. Sy gedagtes was meer en meer deur sy plek in die geskiedenis in beslag geneem, en die nommer 13 het al hoe meer bekoring vir hom ingehou. Dit het voorgekom asof hy werklik na 13jaar van Premierskap mik. Die gevolg was dat hy aan bewind was, maar nie regeer of gelei het nie - hy was te bang dat hy ’n enkele setel in die Parlement sou verloor. Die resultaat was ook 'n ad hoc kompromie met geen ware leierskap nie.

   Teen die begin van 1977 was hy net ’n skadu van die man van 1974. Die akademiese gemeenskap kon mnr. Vorster nie meer bereik nie, sy eie mense was bang om enige kritiek uit te spreek en mnr. Vorster was bang om te beweeg. Ons het polities ’n slakkegang ingeslaan.

Vervolg…