AFRIKANERS PRAAT MET DE KLERK (5)

AFRIKANERS PRAAT MET DE KLERK (5)

Lees reeks by Afrikaners praat met De Klerk

"Seretse Choabi van die ANC/SAKP het aan prof. Piet de Lange van die Broederbond gesê: 'Die Wit debat is nie ter sake nie. Al wat ons sal doen, is om julle te skiet' ”.

"Genl. Johan Coetzee, voormalige Kommissaris van Polisie, het gesê. 'Die uiteindelike doel is om die georganiseerde arbeid, ná ’n mobiliserings- en opswepingsfase tot georganiseerde en landwye stakings te laat oorgaan, om in die proses die ekonomie so nadelig aan te tas dat werklike revolusie en kapitulasie van die bestaande bestel noodwendig sal word” (Beeld, 2 Oktober 1984). Hierdie strategie is klaarblyklik besig om toegepas te word in Suid- Afrika. Naas die arbeidsonlus waarvan genl. Coetzee gewag maak, het daar die massa-demonstrasies en die plakkery bygekom, wat die handhawing van wet en orde baie moeiliker maak. Namate toestande al hoe meer onhanteerbaar word, sal die Kommunistiese kreet al luider word: 'Bevryding nou' en daarmee saam 'Ontwapen die Blankes'."

Betekenis van Kommunistiese regering

Om te besluit hoe belangrik dit is om die logiese eindresultaat van die De Klerk-beleid van “hervorming” en “onderhandeling” te verhoed, moet baie deeglik besin word oor wat die betekenis van ’n Kommunistiese regering in Suid-Afrika sal wees.

Daar is enkele werklikhede wat beslissend sal wees by die optrede van ’n Kommunistiese regering in Suid-Afrika:

•          Die bestaan van die Afrikanervolk, as die kern van die groter Blanke nasie, met ’n gees van selfstandigheid, die wil om homself te handhaaf, ’n geskiedenis van regmatige vestiging in Afrika en van heroïese stryd om sy vryheid. Nêrens in Afrika was daar ’n dergelike Blanke gemeenskap nie.

•          Die Afrikanervolk in Afrika is ’n voorwerp van intense haat en nyd vir veral die Kommuniste (maar ook vir buitelandse magte wat die ANC steun), daarom is dit ’n uitgesproke oogmerk van die Kommuniste om die Afrikanervolk uit te wis.

Wil Afrikaners uitwis

Hoe ernstig die saak is, kan afgelei word uit verskillende uitlatings van figure in die ANC/SAKP-geledere.

By ’n Ford Foundation-konferensie in New York in 1986 het Seretse Choabi van die ANC/SAKP aan prof. Piet de Lange van die Broederbond gesê: “Die Wit debat is nie ter sake nie. Al wat ons sal doen, is om julle te skiet”.

’n Ander vooraanstaande ANC-lid in Natal, Harry Gwala, het by geleentheid'verklaar dat lede van die polisiemag en van regse organisasies “voor vuurpeletons sal sterf, of jare lank in gevangenis gehou word wanneer die ANC die bewind oorneem”. Hy het ook gesê: “Die uitgestrekte landstreke wat tans deur Blanke boere besit word, moet teruggegee word aan die wie se eiendom dit is, en wat daarop woon”.

Klaarblyklik word juis dié twee groepe uitgesonder, omdat Polisiemanne en boere hoofsaaklik Afrikaners is. Hierdie uitlatings weerspieël die gesindheid wat in die ANC/SAKP teen die Afrikaners gekweek word.

Slovo is Afrikanerhater

Waarskynlik die beiangrikste figuur in die ANC/SAKP-geledere wat hierdie haat teen Afrikaners aanhits, is die Kommunis en KGB-offisier, Joe Slovo. ’n Amerikaanse politieke kommentator, eerw. Robert Slimp — ’n voormalige kolonel van die VSA-magte — skryf in ’n rubriek in The Edgefield Advertiser van 30 Mei 1990:

“Slovo is 'n Jood wie se ouers in 1935 na Suid-Afrika geïmmigreer het. Hy het ’n patalogiese haat vir die Afrikaners. As gevolg van sy invloed het die Kommunistiese Party die strategie aanvaar om die Afrikaners as ’n volk en ’n kultuur volkome te vernietig.

“Van I960 tot 1986 het die Kommunistiese radiosenders wat na Suid-Afrika gerig was aanhoudend beklemtoon dat die Boereregering en hulle rassistiese Afrikaanse taal die verdrukkers van die Swart meerderheid is en vernietig moet word.. ”

Een kommentator het daarmee gespog dat daar “in die nuwe Azanië geen plek vir die Afrikaner-onderdrukkers sal wees nie!”

Enigiemand wat nie daarmee rekening hou dat die Kommuniste jarelank met haat teenoor die Afrikaners vervul is, wil nie die werkiikheid onder oë sien nie. Die herhaalde gebruik van die woord “vernietig” is beslis nie ondeurdag nie. So ’n woord word nie gebruik sonder duidelike bedoelings nie.

Kommunistiese metodes

Oor hoe die vernietiging moet geskied wat hulle in gedagte het, kan bespiegel word, maar die Kommunistiese metodes is bekend.

In Kambodja, byvoorbeeld, ná die uitverkoping van Suid-Viëtnam aan die Kommuniste deur die bedenklike rol van die infame dr. Henry Kissinger van die VSA, is duisende mense koelbloedig vermoor. Maar die Kambodjane wat oorleef het, is ook vernietig, nie deur dood nie, maar deur uitwissing van hulle identiteit.

—        Begraafplase is platgestoot deur stootskrapers;

—        Geboorteregisters, huweliksregisters en doodsregisters is vernietig;

—        Elke persoon is verplig om sy of haar naam te laat vaar en ’n ander naam aan te neem wat deur die regering gekies is.

So is die Kambodjane se herkoms en identiteit uitgewis, sodat hulle ander mense kon wees — mense sonder ’n voorgeslag en sonder familiebande. Dit is net een voorbeeld van hoe Kommuniste te werk gaan as hulle ’n volk wil vernietig.

Dit is die samehang waarin De Klerk se onderhandeling met die Kommuniste beskou moet word. (77% van die ANC se Hoofbestuurslede is geïdentifiseerde Kommuniste, soos elders hierin vermeld).

Onderhandeling met die ANC is dus onderhandeling met die SA Kommunistiese Party — die poiitieke bende wat in 1983 deur mnr. PW Botha bestempel is as “dissipels van die duiwel”, en wat openlik verkondig dat hulle die Afrikanervolk wil vernietig.

De Klerk is reeds met hulle in so ’n vaste bondgenootskap dat Mandela ’n beroep op Blankes doen om De Klerk te steun, (The Star, 28 Mei 1990), en ’n MDM-leier, Terror Lekota verklaar dat hulle “bewus is van hulle verantwoordelikheid om die huidige Afrikanerleiers te hou waar hulle is”. (The Star, 15 Februarie 1990)

Twee moontiikhede

Die verloop van sake in Suid-Afrika uit hierdie gegewe sal in hoë mate afhang van die wyse waarop die Kommuniste dalk beheer oor Suid-Afrika sal kry. Dit is derhalwe een van die ernstigste vrae of ’n oorgang tot ’n Kommunistiese regering in Suid-Afrika moontlik langs die weg van onderhandeling en toegewings teen einde 1991 sal geskied, dan wel in ’n toestand van toenemende onlus en onregeerbaarheid as gevolg van stakings, massa-demonstrasies, geweldpleging en onbeheerbare plakkery in en om Blanke dorpe en stede.

Die moontlikheid dat die Kommunistiese beplanning daarop gemik is, eerder as op ’n proses van onderhandeling en toenemende druk op die Regering, moet as byna seker aanvaar word.

“Die sameswering om die vakbondwese in Suid-Afrika in ’n beoogde Kommunistiese revolusie te gebruik, is ’n voldonge feit”, het genl. Johan Coetzee, voormalige Kommissaris van Polisie, gese. “Die uiteindelike doel is om die georganiseerde arbeid, na ’n mobiliserings- en opswepingsfase tot georganiseerde en landwye stakings te laat oorgaan, om in die proses die ekonomie so nadelig aan te tas dat werklike revolusie en kapitulasie van die bestaande bestel noodwendig sal word” (Beeld, 2 Oktober 1984).

Hierdie strategie is klaarblyklik besig om toegepas te word in Suid- Afrika. Naas die arbeidsonlus waarvan genl. Coetzee gewag maak, het daar die massa-demonstrasies en die plakkery bygekom, wat die handhawing van wet en orde baie moeiliker maak.

Namate toestande al hoe meer onhanteerbaar word, sal die Kommunistiese kreet al luider word: “Bevryding nou” en daarmee saam “Ontwapen die Blankes”. Met ’n tussentydse regering van die NP en die ANC/SAKP dan aan die roer, is dit wat verwag kan word en waarop voorberei moet word — ’n toestand van uiterste krisis en lewensgevaar vir elke Blanke persoon, maar veral vir Afrikaners as daar nie betyds ingegryp word nie.

Blankes ontwortel

Soos in Angola in 1975, sal wet en orde totaal ineenstort, sal die jong Swart opstandiges deur die Kommuniste bewapen word en sonder aansiens op elkeen losbrand binne trefafstand, sal gesinslede verdwyn sonder enige manier om hulle op te spoor, en sal tienduisende hulle plase en wonings en besittings verlaat in ’n poging om na veiligheid te vlug.

Die Kommuniste sal waarskynlik ’n figuur aanstel soos Rosa Coutinho, “die Rooi Admiraal” wat in Angola aangestel was “om Blankes volkome te ontwortel”, met die gevolg dat duisende weerloses wreedaardig en koelbloedig vermoor is in ’n bedwelming van dood en verwoesting.

Die binding van die Blanke samelewing smelt weg in so ’n chaos; in Angola het selfs die jong soldate hulle selfrespek en selfbeheer verloor, en party het selfs oorgegaan na die vyand.

“Kan nie hier gebeur nie”

Totdat hierdie hel in Angola losgebars het, wou die Blankes daar nie glo dat dit daar sou kon gebeur nie. Die gevolg was dat hulle heeltemal onvoorbereid was toe die wêreld om hulle ineengestort het. Tienduisende het oor die grens gestroom om in Suidwes-Afrika stilte en orde te vind, verneder, verslae, beroof van alles wat hulle gehad het.

“Mense kon hulle oë nie glo nie. Hulle het ontken wat besig was om te gebeur”, skryf prof. Raditsa in die elders aangehaalde Prisoners of a Dream. “Party van die mense wat geglo het dit kan nie hier gebeur nie, het saamgedrom by die lughawe in Luanda, ’n stad van vrees en dood: miskien die mees tragiese gesig in hierdie reeds wanhopige stad was by die Luanda- lughawe. Daar, in lang, slordige rye kon jy die hopeloosheid van die situasie waarneem. Kinders, ouers, die verwagtendes, die oumense en die kreupeles het almal gewag, pateties in hulle erns om weg te kom van die land van verpletterde illusies”.

Dít is die aanskouingsles van Afrika waar Kommuniste uit naam van “African Nationalism” die mag kry en dan hulle haat laat botvier. Die Kommuniste se haat vir die Afrikanervolk is oorbekend.

De Klerk is gewys op mnr. PW Botha se verklaring van 15 Mei 1987: “Daar is geen plek ter wêreld waar die Kommunistiese magte losgelaat is en waar dit nie gelei het tot omverwerping van die regering nie”. En met Suid-Afrika reeds omring deur Kommunistiese state, is dit wensdenkery dat “hervorming” en “onderhandeling” tot enigiets anders sal lei as ’n Sowjet-Suid-Afrika, tensy die pad na De Klerk se “’n nuwe Suid-Afrika” versper word.

Vir die Afrikaners en ander Blankes van Suid-Afrika sal daar nie ’n grens wees om na veiligheid oor te steek of ’n moederland om heen te vlug nie. As die huidige gevaarlike proses nie gestuit word voordat dit die kritieke stadium bereik nie, sal hier ’n erger en wreedaardiger slagting van die Afrikanervolk wees as in die Engelse Oorlog van 1900.

Waarom die haas?

Dit is opvallend dat die De Klerk-regering voortvarend saam met Mandela te werk gaan om ’n Swart regering oor die Blankes van Suid-Afrika gevestig te kry. Hiervoor is verskeie redes:

•          In ’n revolusionêre aksie durf die momentum nie verslap nie. Dit moet steeds volgehou en versnel word om die samelewing al meer onbestendig te maak. Dit hang ook daarmee saam dat snel opeenvolgende gebeurtenisse mense se aandag van die een na die ander laat spring en politieke opponente ontwrig deurdat hulle nie sterk op ’n saak kan konsentreer voordat die volgende onwikkeling plaasvind nie.

•          Die Kommunistiese oorname in Suidwes-Afrika het ’n gunstige toestand geskep om die rewolusionêre golf sonder onderbreking na Suid- Afrika te laat oorspoel — veral voordat die ellendige gevolge van die Kommunistiese oorname in Suidwes sigbaar word.

•          Die ANC/SAKP is deur die ineenstorting van Kommunistiese regerings in Oos-Europa baie erg benadeel. Sy finansiële en militêre hulp het grotendeels daarvandaan gekom. Die waarnemende leier van die ANC, Alfred Nzo, het self in Januarie 1990 gesêdat die ANC nie in staat was om die oorlog in Suid-Afrika te verhewig nie. Daar moes inderhaas opgetree word om te verhoed dat die ANC/SAKP sy stryd gewonne sou gee — teen die begeertes en behoeftes van die Afrikanervolk se buitelandse vyande en die binnelandse ondermyners en ANC-ondersteuners.

•          Die hefboom wat waarskynlik die grootste effek gehad het om die De Klerk-bewind die stryd teen die ANC/SAKP gewonne te laat gee, was die verknorsing waarin Suid-Afrika is as gevolg van die finansiële wanbestuur, waardeur hy aangewese is op die welwillendheid van buitelandse banke.

Harry Oppenheimer het byvoorbeeld verklaar:

“Ek meen nie ekonomiese sanksies het 'n deurslaggewende rol gespeel in die stappe om apartheid te beëindig nie... Die enigste ding wat ’n uitwerking gehad het, was die opskorting van normale bankbetrekkinge met die buitewêreld” (Beeld, 22 Februarie 1990).

Die standpunt is bevestig in ’n artikel in The Pretoria News van 21 Mei 1990 waarin aangehaal word wat “’n senior Suid-Afrikaanse bron” gesê het. “Ons kan sanksies baasraak”, was sy woorde, “maar ons het daardie lenings nodig... Die ding is om die vertroue van die banke te wen sodat hulle sal begin om weer geld in Suid-Afrika te sit”. Wat die behoefte baie aktueel gemaak het, is byvoorbeeld in Beeld van 27 September 1989 geskets. “’n Groot deel van die land se skuld, sowat 72 persent in 1986, is van korttermynaard, en dit verplig Suid-Afrika om met buitelandse bankiers tot ’n vergelyk te kom ... ” En die vergelyk was, soos Oppenheimer gesê het, “om apartheid te beëindig”. Dit kom daarop neer dat die buiteland Suid-Afrika se binnelandse beleid beslissend beïnvloed weens die Suid-Afrikaanse Regering se onverantwoordelike finansiële beieid en gebrek aan weerstandsvermoë teen buitelandse inmenging.

Die internasionale geldskieters het dus finansiële sanksies gebruik om Suid-Afrika se binnelandse beieid te laat verander. Die De Klerk-regering was nie bestand teen die druk nie, het gevolglik daarvoor geswig, en moet steeds meer links beweeg om lenings te kry. Hierdie feite is die bewys dat die NP na die pype van die geldmag dans.

® Die ekonomiese toestande in Afrikastate stuur af op totale verval. Hulle rente op buitelandse lenings bedra reeds 95% van die skuld; Zambië se inflasiekoers is 122% per jaar, en die Londense Financial Times skryf byvoorbeeld: “Zambia’s peasants are heading back into history”; Beeld van 8 Januarie 1990 skryf: “Afrika het in die jare tagtig verder teruggesak in armoede en politieke wanorde”; die Swart Afrikastate se bydrae tot die wêreldekonomie was in 1989 net een persent.

Dit is duidelik dat die ineenstorting van Afrikastate onvermydelik is, en die magte wat die Afrikanervolk se politieke mag wil breek, moet dit bewerkstellig voor die ineenstorting in Afrika plaasvind; daarna sal die politieke druk te gering wees.

•          Die verwagte gevolge van die Vigs-epidemie dwing ook tot besinning

dat die toestand in Afrika en Suid-Afrika weens sterftes so ingrypend verander sal word dat die druk op die Blankes van Suid-Afrika baie kan verslap.

Op 23 Februarie 1990 het Die Transvaler berig: “In baie lande in Sentraal-Afrika is reeds tot een-derde van die bevolking met die siekte besmet”, en “Een uit elke tien mense tussen die ouderdomme van 25 en 45 sterf reeds aan die siekte”. The Sunday Times van 18 Februarie 1990 skryf dat sommige geneeshere in Zimbabwe sê dat Vigs “reeds twee miljoen Zibabwiane besmet het”. En Die Transvaler van 3 Mei 1990 berig dat die navorsingspan van die Potchefstroomse Universiteit “voorspel die aantal sterftes weens Vigs sal van die huidige 26 per jaar tot 838 000 in die jaar2000 styg”.

Klaarblyklik wil die vyande van die Blankes van Suid-Afrika ’n Swart regering hier vestig voordat die rampspoed van Vigs die aangesig van Afrika verander het.

• ’n Ander oorweging wat haas veroorsaak om die Blankes onder ’n Swart regering te bring, is die feit dat Mandela reeds 71 jaar oud is en daar ernstige bedenkings oor sy gesondheid bestaan. Hy is kunsmatig opgebou tot ’n internasionale figuur om hom ’n aansien in Suid-Afrika te gee van die onbetwiste leier van die Swartes. As hy nie kan voortgaan nie, sal daar byna chaos onder die Swart groepe uitbreek in die stryd om leierskap en sal die hele proses van “onderhandeling” tot stilstand kom.

In die lig van hierdie oorwegings is dit van die grootste belang dat van die kant van die Blanke opposisie alles in werking gestcl moet word om in te gryp in die beplande proses en vertraging in die program te bring.

Dit is die deug van die voorstel dat ongeveer vyfhonderd KP-, HNP- en AWB-stadsraadslede wat oor sowat tagtig kiesafdelings versprei is, gelyktydig moet bedank en die NP na die stembus dwing, sodat bewys kan word dat hy nie ’n mandaat vir sy optrede het nie, en daarom ’n algemene verkiesing moet hou, waarin hy dan verslaan kan word deur ’n gekonsolideerde regse opposisie. Dit is die enigste werkbare plan om in te gryp in die verraderlike proses wat aan die gang is. Dit vra moed en opoffering, maar die politieke wins wat vir ons volk daardeur behaal kan word, is onberekenbaar groot.

Vervolg...