KONTROLE

E. van Nantes

Die mag om die gedrag van individue of massas te beïnvloed of te rig, kan όf positief όf negatief aangewend word. Uit die geskiedenis leer ons dat hierdie mag gereeld deur kerk en staat ingespan is ten einde bepaalde doelwitte te bereik. Maak nie saak wie dit is wat oor hierdie mag van kontrole beskik nie, die gevolge daarvan is normaalweg verrykend.

Neem so Bartholomeusnag as kerkvoorbeeld : Hulle (Protestante) het eerstens ‘n keuse moes maak tussen die Pous van die Roomse Kerk en die Bybel. En hulle het die Bybel gekies. ...... Sondag, 24 Augustus 1572, is 10,000 Hugenote in Parys om die lewe gebring, almal wat nie ten duurste ‘n heilige Maria-beeldjie, te koop by die Roomse kerkdeure gedra het nie. Nog ‘n verdere 25,000 Hugenote is toe in Frankryk om die lewe gebring – met die uiteindelike totale tol van 80,000![1]

As voorbeeld van staatskontrole, kan die Nazi’s met Hitler as leier, voorgehou word. Die invloed wat hy op sy Duitse landgenote gehad het, kon seer sekerlik nog nooit weer geëwenaar word nie. Die gevolg van sy invloed was nie alleen deur al wat Jood is ervaar nie, maar het dit ook die Tweede Wêreldoorlog tot gevolg gehad.

Beide genoemde voorbeelde het dit gemeen dat iemand met mag (kerk of staat) ‘n ultimatum stel aan iemand sonder ‘n oënskynlike soortgelyke mag. Versuim om aan hierdie ultimatum te voldoen het altyd een of ander straf tot gevolg, in hierdie twee gevalle, die dood. Dit is verder interessant dat kontrole nie noodwendig oor ander rasse (Duitsers vs Jode) uitgeoefen word nie, maar selfs ook teen andersdenkende volksgenote(Franse vs Franse). Kontrole is egter nie slegs beperk tot landsgrense nie. Dink aan die internasionale sanksies teen Suid-Afrika as gevolg van die apartheidsbeleid of nog meer hedendaags, kan die lagwekkende stelling dat die mens verantwoordelik is vir globale verwarming en daarom belasting daarvoor moet betaal by die aankoop van voertuie en bande, as verdere voorbeelde van kontrole voorgehou word.

Feit van die saak is dit, sodra iemand van mening is dat hy een of ander magsposisie bekleë, blyk kontrole ‘n noodwendige nagevolg daarvan te wees. In Suid-Afrika is dit dan ook nie anders nie. Wat die situasie hier egter uniek maak, is dat die staat nie slegs daarmee tevrede is om staat te wees nie, maar ook poog om ‘n god vir ieder en elke landsburger te wees. Dit is predikant vir die Christen, pous vir die katoliek en toordokter vir die res. Die skeiding tussen staat en kerk het derhalwe sodanig vervaag dat die parlementêre gestoeltes en die kerkbanke voorwaar één geword het.

Dit is die skrywer se opinie dat die rede vir hierdie oorvleueling van magte daarin geleë is dat die ANC terdeë daarvan bewus is dat dit besig is om die magsposisie as die meerderheidsparty te verloor en daarom elke moontlike taktiek sal gebruik om kontrole te behou. Ter ondersteuning van laasgenoemde stelling word u aandag op die volgende stellings gevestig :

-    “Die ANC was anders gebore as enige ander politieke party. God was by met die ANC se geboorte” en tydens dieselfde geleentheid “Hierdie (biddag) is baie uniek aan Suid-Afrika. In die middel van die land, in die Vrystaat – die geboorteplek van die magtige ANC – word daar vir ’n suksesvolle sporttoernooi gebid.” (Zuma)[2]

- “die ANC sal Suid-Afrika regeer totdat Jesus terugkeer” (Zuma)[3]

- “Mnr. Jacob Zuma, ANC-leier, word aan dieselfde soort lyding as Christus onderwerp” ( Ace Magashule)[4]

-           “Die ANC sal vir ewig bestaan. As jy die party probeer skaad, sal die voorvaders jou ontbloot.”

Ja, die ANC het voorwaar vlerke gegroei gedurende die laaste 21 jaar. Of dit nou díe aan Perseus se steweltjies of díe op Icarus se rug is, maak nie saak nie. Wat wel saakmaak is dat hulle daarbo rondvladder soos ‘n wafferse mitologiese mens-god. Hulle het die posisie van die Almagtige GOD ingeneem deur te bepaal wie die koninkryk sal beërwe “When you are carrying an ANC membership card, you are blessed. When you get up there, there are different cards used but when you have an ANC card, you will be let through to go to heaven.”[5]  

Dit beskik oor die vermoë om te besluit of die bevolking sondig is, aldan nie "I don’t want us to say we are... cursed because of our sins. The way we live life here on earth has affected our climate,[6] 

Die ANC weet selfs wanneer die wederkoms gaan plaasvind, wat natuurlik die dag is waarop hulle ophou regeer (of sal mens sê, ophou kontroleer?)

Die ANC hoofsweep het, soos ‘n wafferse pous, Zuma selfs vergewe vir die Nkandla-fiasko, alhoewel die hoofsweep persoonlik op geen wyse daardeur geraak is nie. Hoe en waarvoor vergewe jy dan nou iemand wat jou op geen wyse skade berokken het nie?[7] Miskien stel die ANC vir die res van die land ‘n voorbeeld in die hoop dat hulle ons ook daardeur kan kontroleer ten einde Zuma te vergewe. Ironies genoeg, word dieselfde christenbenadering nie teenoor die eiendomsagent wat ‘n aap-uitlating gemaak het, gehandhaaf nie (bes moontlik omdat sy wit is). Nee, sy moet tot die laaste letter van die wet vervolg word en sodoende ‘n voorbeeld van gemaak word! By wyse van haar skuldigbevinding sal die res van ons dan ook gekontroleer word in wat ons mag sê of nie.

Alle eenvoudige sterflinge soos ons, weet maar alte goed dat gode soos die ANC onder geen ander gesag as hul eie staan nie want : “howe is nie vir Afrika nie”, "once you begin to feel you are above the ANC, you are in trouble", before stating that the ANC was "more important" than the constitution.enNo political force can destroy the ANC — it is only the ANC that can destroy itself," he continued, adding that the constitution was only there to "regulate matters".[8]  

Was dit dan nie Abraham Lincoln wat gesê het You can fool all the people some of the time, and some of the people all the time, but you can not fool all the people all the timenie? Skrywer vermoed dat die ANC te besig was met hulle god-goedjies om kennis te kon neem van Lincoln se stelling en wil daarom van die geleentheid gebruik maak om die volgende onder hulle aandag te bring : Protestante sien sake vir wat dit werklik is en kan daarom nie weer geflous word soos met Bartholomeusnag nie, Protestante glo slegs in GOD Almagtig en Protestante sê en dink wat hulle wil. Protestante kan nie gekontroleer word nie, in elk geval nie deur afgode of mense nie. Die enigste kontrole oor Protestante is GOD en sy Woord, en dít is júlle beslis nie, al probeer julle ook hόé hard om die illusie daarvan te skep.

Dit skrywer wil die staat met die spreekwoordelike “Mexican wave” (of eerder protestante golf) aanmoedig om daardie laaste paar vlerkslae na die son te voltooi. Vlieg ANCarus, vlieg! want die kerswas tap al geruime tyd reeds uit daardie “made in China”- vlerke van jou.