AGUR
E. van Nantes
Die King James vertaling verwys na “bewe” as “disquieted” terwyl Dictionary.com die woord omskryf as ‘n gebrek aan kalmte, vrede of gemak; angstigheid of onrustigheid.
Met hierdie beskrywing in gedagte kan mens die stelling maak dat die nuwe Suid-Afrika homself voorwaar in ‘n toestand van bewing bevind. En hoe bewe hierdie aarde nie!
Van die parlement in Kaapstad tot elke universiteit in die land, bewe dit. Of dit nou Zuma, opposisie partye, die efektebeurs, droogtetoestand, studente, die een of ander protes-optrede of die begrotingsrede is...dit bewe.
En hoekom bewe dit? Miskien kan die antwoord hierop in Spreuke 30, uit die woorde van Agur, vasgestel word. Alhoewel Agur in vers 2 sy gebrek aan verstand verklaar, is skrywer van mening dat Agur se woorde salf vir wonde is en gerus maar mildelik aangewend kan word. Sonder enige intensie van disrespek, wil skrywer tog sy woorde op ons huidige tydgleuf van toepassing maak in ‘n poging om dit beter te verstaan. Luister na Agur se woorde wanneer hy oor bewing praat :
Spr 30:21 Onder drie bewe die aarde, en onder vier kan hy dit nie uithou nie:Spr 30:22 onder ‘n slaaf as hy koning word, en ‘n dwaas as hy volop brood het;
Spr 30:23 onder ‘n nie-geliefde as sy tog ‘n man kry, en ‘n slavin as sy haar meesteres uit die besitting verdrywe.
Agur verwys in hierdie verse na ‘n slaaf, 'n dwaas, ‘n nie-geliefde en ‘n slavin - kom ons noem hulle “benadeeldes” (by gebrek aan ‘n beter woord). Almal van hulle het, in sy beskrywing, iets ontvang wat hulle nie voorheen gehad het nie. Die een het koning geword, die ander het volop brood verkry, die ander het ‘n man verkry en die laaste het haar meesteres uit haar besittings verdrywe. Volgens Agur, verander die voorheen benadeelde in die huidig bevoordeelde deur iets te ontvang of iets te neem wat nie vir hom/haar bedoel was nie. Agur is in werklikheid besig om aan die leser ‘n anomalie te beskryf en volgens hom het sulke abnormaliteite of uitsonderings op die reël, ‘n bepaalde reaksie tot gevolg.
Skrywer vind dit geweldig interessant dat Agur dit goedgedink het om ‘n skaal in sy beskrywing in te bou. So byvoorbeeld sal net een of twee anomalieë nog aanvaarbaar kan wees, maar dat drie bewing tot gevolg sal hê terwyl vier (hoogste gradering), ‘n onuithoubare situasie sal verteenwoordig.
Daar is die afgelope tyd verskeie uitsprake deur die regerende party gemaak wat die ore eenvoudig laat tuit en die skrywer net in totale ongeloof met ‘n handpalm teen die voorkop gelaat het. Neem byvoorbeeld die volgende :
- dat die huidige watertekort voor die deur van apartheid gelê moet word omdat blankes die damme te groot gebou het en dit gevolglik te lank neem om vol te loop;
- dat Suid-Afrikaanse vlieëniers in Kuba en Rusland opgelei moet word omdat vorige werknemers (lees blankes) die opleidingsvliegtuie gesteel het;
- dat die kontinent van Afrika so groot is dat die res van die wêreld daar kan inpas;
- dat blankes die land van die swartman gesteel het, ens, ens, ens.
Oproepe dat Zuma sy pos moet onruim klink uit verskillende oorde op en is dit nie beperk tot slegs die EFF, COPE, DA en UDM[1] nie, maar het ‘n aanlyn ondersoek getoon dat 40 000 handtekeninge uit die privaatsektor binne bestek van ‘n paar uur hierdie oproepe ondersteun het.[2]
Die ondeurdagte besluit met betrekking tot die aanstelling van David van Rooyen het tot gevolg gehad dat die JEB binne twee dae met byna 19% geval het en dat dit verliese van biljoene Rand verteenwoordig.[3]
Die voortdurende pogings om ‘n presidensiële vliegtuig ter waarde van R4bj aan te koop - dit gedurende ‘n periode waar die wêreld hom in ‘n globale ekonomiese krisis bevind.
Aangepaste matriekuitslae + gratis onderrig = protesterende student. Hierdie leergieriges, wie ontevrede is met standbeeld en onderrigtaal, wend hulle tot geweld en die afbrand van geboue ten einde van sogenaamde kolonialistiese embleme en apartheidsbeleide ontslae te raak (wat nooit deur hulle ervaar is nie bloot omdat hulle te jonk is daarvoor). Voordat hulle daadwerklik met hul studies kan begin is dit dus noodsaaklik om die universiteit tot hul standaard te verander.
(Skrywer verstaan nie waarom die swartman so graag aan ‘n blanke universiteit, wat dan so totaal en al onaanvaarbaar vir hom is , wil studeer nie.)
Aan die hand van bogenoemde is die skrywer van mening dat die nuwe Suid-Afrika hom inderdaad op die vierde graad van die Agur beweskaal bevind. Meer spesifiek :
- ‘n man wat voorheen ‘n slaaf was, sit op die troon;
- ‘n idiotiese politieke party vergryp hom aan die vet van die land (of dit wat daarvan oorgebly het);
- die nie-geliefde vryheidsvegter-kongres het uiteindelik oorhand oor ‘n land verkry;
- die slawe verdryf die besitters uit hul besittings van taal, kultuur en eiendom.
“Onder drie bewe die aarde, en onder vier kan hy dit nie uithou nie”.
Vergun skrywer om af te eindig met die woorde waarmee Agur sy spreuk begin :
Spr 30:1 “Die woorde van Agur, die seun van Jake; die Godspraak. Die man spreek: Ek het my moeg gemaak, o God, ek het my moeg gemaak, o God, en ek versmag.”