DEMOKRASIE

E. Van Nantes

" Diegene wie oor ‘n redelike opvoedingspeil beskik en des nieteenstaande steeds die lof van demokrasie in Afrika en ander Derde-wêreldse lande besing, moet όf aan ‘n enorme skuldkompleks f die Stockolm sindroom ly."

Wikipedia definieer “demokrasie” as die “regering deur die mense”. Die “mense” gee dus ‘n mandaat aan die regering om namens hulle te regeer.

Sou die volgende aanhaling, in terme van bogenoemde definisie, dan beskou kan word as ‘n voorbeeld van demokrasie in werking?

Mar 15:8  “En die skare het geskreeu en begin vra dat hy vir hulle sou doen soos altyd.

Mar 15:9    Toe antwoord Pilatus en sê vir hulle: Wil julle hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat?

Mar 15:10 Want hy het geweet dat die owerpriesters Hom uit nydigheid oorgelewer het.

Mar 15:11  Maar die owerpriesters het die skare aangehits dat hy liewer Barábbas vir hulle moes loslaat.

Mar 15:12   Toe antwoord Pilatus weer en sê vir hulle: Wat wil julle dan hê moet ek doen met Hom wat julle Koning van die Jode noem?

Mar 15:13   En hulle skreeu weer: Kruisig Hom!

Mar 15:14   Maar Pilatus sê vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Hulle skreeu toe nog harder: Kruisig Hom!

Mar 15:15   En omdat Pilatus aan die skare hulle sin wou gee, het hy Barábbas vir hulle losgelaat; en nadat hy Jesus laat gésel het, het hy Hom oorgelewer om gekruisig te word.”

In terme van die definisie, is bogenoemde inderdaad ‘n uitstekende voorbeeld van demokrasie. Pilatus(die regering) voer die wil van die mense uit alhoewel hy weet dat hulle verkeerd is in hul versoek. Inteendeel, Pilatus is sό oortuig van die skare se oordeelsfout dat hy in Mat 27:24 hom totaal en al distansieer van hul versoek : “En toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar eerder ‘n oproer kom, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien!”

Uit hierdie verhaal blyk dit baie duidelik dat demokrasie :

  1. ‘n meerderheid, of dan ten minste, ‘n “skare” nodig het om in beweging te kom;
  2. slegs die toppunt van sy potensiaal bereik wanneer hierdie “skare” totale idiote wat geensins vir hulleself kan dink nie;
  3. die gemeenskaplike waardestelsel van die “skare” so benewel dat hulle goed as sleg en sleg as goed, sal beskou;
  4. geen ruimte laat vir onderhandeling nie;
  5. ten doel het om uitvoering aan die “skare” se wil te gee;
  6. steier voor die blote risiko van “oproer”;
  7. uitgebuit kan word deur ‘n “aanhitser” met ‘n eie agenda.

Laasgenoemde “eienskappe” van die demokratiese regeringstelsel het dus tot gevolg dat die individue, wie die gevolge van besluite kan visualiseer en evalueer, effektief uitgesluit word van die besluitnemingsproses, sou die meerderheid deelnemers nie ook oor hierdie analitiese vermoëns beskik nie. Met ander woorde, demokrasie kan slegs effektief (soos oorspronklik bedoel) funksioneer waar die bevolkingsamestelling dieselfde agtergrond, lewenstandaard en opvoedingspeil deel, soos in Europese lande byvoorbeeld.

Diegene wie oor ‘n redelike opvoedingspeil beskik en des nieteenstaande steeds die lof van demokrasie in Afrika en ander Derde-wêreldse lande besing, moet όf aan ‘n enorme skuldkompleks όf die Stockolm sindroom ly. Hierdie liberaliste weier om te erken dat die minderheidsgroepe nooit aangehoor sal word of enige betekenisvolle bydrae, behalwe natuurlik vir hul belastings, tot sodanige ontwikkelende land sal kan lewer nie. Hulle vereenselwig hulle nie met hul eie ras nie en bevorder daarom integrasie en vermenging  ten einde uiteindelik deel van die “meerderheid” te word en te verval in die maalkolk van identiteitloosheid.

Om terug te keer tot die demokrasie in die praktyk. Die nuwe Suid-Afrika word wyd voorgehou as ‘n toonbeeld van demokrasie aan die res van die wêreld en voldoen dan ook beslis aan die sewe eienskappe soos hierbo geïdentifiseer. Dit is egter die skrywer se opinie dat hierdie regeringstelsel eerder bekend moet staan as ‘n demokrasie onderhewig aan bepaalde regeringsterme en -voorwaardes, wat soos volg daar uitsien :

  • ten einde die vereiste “meerderheid” of “skare”te verseker, word die landsgrense  onbewaak gelaat en immigrasie aangemoedig. Kindertoelaes waarborg verder ‘n  populasie-ontploffing en tiener-swangerskappe is aan die orde van die dag;
  • die vlak van onderwys verseker matrieks met van die laagste geletterdheid standaarde in die wêreld ,veral in wiskundige en wetenskap. Die druipsyfer onder eerstejaar universiteitstudente is, om die minste te sê, skokkend;
  • verkiesing na verkiesing bly die uitslag dieselfde, des nieteenstaande die  daaglikse bedrog en korrupsie wat aan die lig kom, regeringsinstansies wat reddingsboeie moet ontvang en beurtkrag;
  • die 66% parlementêre meerderheid verseker dat die regering kan maak soos hy wil “and if you don’t like it, leave”;
  • solank die skare se wil ooreenstem met dié van die regering, is alles klopdisselboom.  Die oomblik wat die skare se eise beteken dat daar aan die regeringskoffers geraak word, is dit egter ‘n probleem soos om byvoorbeeld ordentlike dienste en huisvesting te verskaf;
  • oproerigheid word vinnig onderdruk deur dit op apartheid te blameer en as dit nie werk nie, dreig hulle die oproeriges eenvoudig met polisie(geweld). Kom die oproerigheid van die kant van minderheidsgroepe, soos met die tolstelsel, ignoreer hulle dit of dreig met nuwe wetgewing om sodoende nog ‘n ou inkomstetjie te verseker;
  • die regering self tree op as aanhitser sodra hy nie sy sin kry nie. Neem maar die misbruik van vakunies ten einde eise om regstellende aksie en swart bemagtiging af te dwing en die onrus in die Wes-Kaapse landbou so tydjie gelede te bewerk.

Solank die demokratiese bestel in stand gehou word, is die moontlikheid van daardie St.3 verklaring, naamlik dat “die ANC sal regeer tot Jesus kom”, bes moontlik nie so vergesog nie. Sou die skrywer egter ‘n les moet neem uit die laaste 21 jaar, is dit dat indien die meerderheid hierdie kant toe neig, hardloop ander kant toe, want die meerderheid is meesal verkeerd. Die meerderheid aanvaar homoseksualisme, aborsies, politieke korrektheid, middelmatige diensverskaffing, swak regering, ens as die norm, maar enige persoon ouer as 35 sal weet dat hierdie alles on-Bybels is en hierdie land maar ‘n skaduwee van sy vorige self onder die sogenaamde demokrasie geword het.

Die wêreld mag dalk met ‘n demokratiese stem skree “Barábbas”, maar die skrywer skree demokrasieloos harder as die skare, “JESUS”!