DIE STOCKHOLM-SINDROOM

Uitkoms of verraad?

Andrè van den Berg

Lees meer van hierdie skrywer by Andrè van den Berg

Verraaiers verag baie van die dinge wat vir ʼn volk kosbaar is.  Dit was onlangs weer die geval toe Steve Hofmeyr Die Stem in Nelspruit in die openbaar gesing en beswaarmakers nie op hulle laat wag het om kapsie daarteen te maak nie.  Sulke teenstand laat nie net ʼn wrang smaak in die mond nie, maar toon ook die Stockholm-sindroom wat baie volksgenote verlam.

Die Stockholm-sindroom is ʼn sielkundige verskynsel wat ontstaan wanneer mense hulle so met hul vyand vereenselwig, dat hulle dié selfs verdedig.   Hierdie benaming is aan ʼn gyselaardrama in 1973 ontleen toe gyselaars tydens ʼn rooftog in Stockholm met die rowers eenstemmig geraak en hulle selfs gehelp het.   Dieselfde ding gebeur ook in Suid-Afrika met volksgenote wat soos tjankende honde die hande van hulle kastyders lek.

Die Stockholm-sindroom is logiese verraad.

  Iemand wat deur booswigte gevang of op een of ander wyse mishandel word en niks aan die situasie kan doen nie, werk dan saam met die booswigte om die situasie draagliker en  optredes menslik te maak.   Om die regte ding vir die verkeerde redes te doen, bly egter verraad.

Blankes word nie as vennote in ʼn nuwe bedeling aan die suidpunt van Afrika beskou nie, maar eerder as verslane vyande wat by elke moontlike geleentheid verder verneder moet word.   Daar gaan geen dag verby dat Blankes nie die prooi van versteende wraaksug is nie.   Moord op Blankes skiet die hoogte in terwyl die res met positiewe benaminge soos regstellende aksie en Swart bemagtiging in die modderpoel van onregskepping versmoor word.

Diegene wat op ʼn vreedsame wyse hul eie gemeenskappe wil vorm ten einde saam te verkeer, word beledig en/of bedreig.   Die gans wat die goue eiers lê, moet dood!   En hoe reageer ons daarop?   Span ons saam en veg terug?   Met die uitsondering van ʼn handjievol mense wat wal gooi, is die antwoord nee.   Die meeste huil op aandrang van ontspoorde kerke saam met die wolwe!

Die Boerevolk beskik oor die nodige kundigheid om die land terug te neem en die skade te herstel.  Al wat dit verhoed, is die kollektiewe Stockholm-sindroom wat ons volk lamlê.   Die meeste Blankes vereenselwig hul met die verfoeilike toedrag van sake net om te oorleef - eiebelang bo volksbelang.

Die Boerevolk het een van vier keuses – veg terug, vlug buiteland toe, ontken die situasie of vereenselwig hul met die vyand. Wie laasgenoemde keuse maak, moet maar tevrede wees met die krummels wat van die onderdrukkers se duur feestafels val waarvoor Blanke belastingbetalers betaal het!   Desondanks glo hulle dat dit met verloop van tyd vrug sal afwerp en dat hul verdraagsaamheid tot genormaliseerde rasseverhouding sal lei; wensdenkery op sy ergste!

Al voel ons ook hoe magteloos teen die voortslepende onreg in ons land, mag ons nooit ophou om kapsie daarteen te maak nie.   As genoeg vlooie op die regte plek byt, kan dit ʼn groot hond so ongemaklik maak dat hy selfs van rigting verander.  Voordat dit gaan gebeur, sal ons egter eers van die vloek van die kollektiewe Stockholm-sindroom wat ons volk teister, ontslae moet raak. ’n Volk kan dwase leiers oorleef, maar nie verraaiers nie!

(Steve het net die volgende week weer Die Stem in Perth gesing en duisende ondersteuners het dit weer uit volle bors saamgesing - gelukkig ly niemand daar aan die Stockholmsindroom nie...  -  red.)