GODDELIKE WAARSKUWINGS (6)

Lees reeks by  Goddelike waarskuwings

Hierdie reeks handel oor visioene soos deur verskeie persone ervaar

NOG PROFETIESE WAARSKUWINGS

"As gevolg van die verskrikking van hierdie gesig het Johanna in een enkele nag heeltemal grys geword. Sy was ook so geskok dat sy vir dae lank nie eens met haar man daaroor kon praat nie. 'Die wyse waarop hulle die Blankes vermoor het is te afgryslik vir woorde,' skryf sy. 'Soos by Bloukrans, het ek gesien hoedat die Swartes die Blanke babas aan die voete vat en hulle koppies teen die naaste harde voorwerp vergruis. Die gille was ontsettend.' "

Jaap Marais
Mnr Jaap Marais het herhaaldelik gewaarsku dat die Swart kommunistiese bestel in duie sal stort omdat dit nie oor die duursaamheid van die belangrikste twee voorwaardes beskik nie naamlik ’n:

  • groeiende ekonomie, en
  • respek vir wet en orde.

Sy woorde in Augustus 1994:

“Omdat hulle prioriteit wraak en uitwissing van die Blanke is sal so ’n ineenstorting met groot bloedvergieting en geweld gepaardgaan. Ons moet ons voorberei vir wanneer al hierdie dinge in duie sal stort.”

Daar is talle ander profete in eie reg wat hierdie dinge reg ingesien het:

Roger Teale
Roger Teale, 'n Christenprediker in Amerika, het op 4 April 1994 in Durban gearriveer waar hy teen sy sin (want hy het eintlik nie kans gesien om na Suid-Afrika te kom nie en het dit lank reeds uitgestel), maar uiteindelik in opdrag van God die eerste van sy reeks waarskuwings oor juis dit waarvan mnr Marais gepraat het, aan gehore in Suid-Afrika sou kom rig.

Hy het ‘n uitgewerkte reisprogram gehad om in verskeie groot stede in die land op te tree.

Ná sy openbaringe die vorige aand in Durban is sy visum die volgende oggend skielik ingetrek en hy moes die land onmiddellik verlaat. Hy was nie toegelaat om enige van die ander stede te besoek nie omdat hy daardie aand gesê het:

  • Maak julle gereed vir groot geweld wat hier sal uitbreek. Julle bloed gaan in die strate loop.
  • Ek sien dat al die lughawes gesluit word en net mense wie se name op ‘n lys is toegelaat word om uit die land pad te gee.
  • Julle moet ernstig tot God bid dat Hy julle geliefdes, vroue en kinders, en julle huise en besittings in daardie uur van verskrikking sal uitspaar...
  • En julle rand sal dan niks werd wees nie.”

Hy het dus ook die ekonomiese ineenstorting saam die geweld voorsien soos mnr Marais voorspel het dit sal gebeur.

Johanna Brandt
Oor 'n bloedbad wat in Suid-Afrika sou plaasvind het die Boodskapper aan Johanna Brandt gesê:
"Kyk", en sy het gekyk en voor haar 'n miniatuur-assegaai op die grond sien lê. Dan sien sy die begin van 'n staking wat gou-gou dwarsoor die land versprei en hoog bo in die lug hang die letters XL. Alles staan, selfs die groot besighede is gesluit en verlate, en niks funksioneer meer nie. Die stakings is so groot dat die hele land lamgelê word. Terwyl hierdie staking aan die gang is, organiseer die Swartes in die geheim en kom een nag bymekaar in Johannesburg. Dan gebeur dit – vinnig en onverwags – hulle sny die kragverbindings binne en rondom die stad af.

Hierna sien sy, vaar hulle die blanke gebiede in en vermoor ons mense voor die voet. Duisende gaan sterf in daardie 'Egiptiese nag' wat oor die Blankes in Johannesburg gaan toesak. "Toe ek in die visoen die talle verminkte lyke rondom my sien lê, het ek geskok en hardop uitgeroep: "Dit kan tog nie wees nie want daar is nie so baie mense in Johannesburg nie!"

As gevolg van die verskrikking van hierdie gesig het Johanna in een enkele nag heeltemal grys geword. Sy was ook so geskok dat sy vir dae lank nie eens met haar man daaroor kon praat nie.

"Die wyse waarop hulle die Blankes vermoor het is te afgryslik vir woorde," skryf sy. "Soos by Bloukrans, het ek gesien hoedat die Swartes die Blanke babas aan die voete vat en hulle koppies teen die naaste harde voorwerp vergruis. Die gille was ontsettend. Vroue en kinders, oud en jonk, is voor die voet afgemaai met gewere, assegaaie, knopkieries, kapmesse of enige soort wapen wat die swartes in die hande kon kry. Mense het probeer vlug, maar is ingehaal, doodgemaak en net so in hulle bloed laat lê. Daar was oral bloed – op die strate, op die sypaadjies, in die huise, woonstelle en winkels.
"Toe die dag breek, het ek gesien hoe die Swart hordes in die rigting van Pretoria beweeg. Dit was die teken vir die ander Swartes in die land om ook tot die aanval oor te gaan en om in hul eie dorpe die blankes stelselmatig uit te moor. Sy het ook gehoor hoe hulle onder mekaar na hierdie dag verwys as 'Our Great Day'. "

Sy sê verder dat in dié tyd, sal Europa en veral Engeland, 'n hongersnood beleef.

Alois Irlmaier
Daar is min mense wat weet van Alois Irlmaier, 'n eenvoudige Duitser wat in 1959 oorlede is. Net soos Siener van Rensburg het hy in sy leeftyd ook talle visoene gehad maar meer spesifiek oor die uitbreek en verloop van die Derde Wêreldoorlog – 'n tyd waarvan ons nou besig is om te begin inbeweeg.

Hy sê terwyl almal nog vrede, vrede, verkondig, sal 'n vooraanstaande persoon met 'n dolk vermoor word en die moeilikheid in die Midde-Ooste inlui. Hy sê: "Ek sien 'n grote wat val, 'n bloedbesmeerde dolk langs hom – dan is dit slag op slag... Die twee moordenaars is deur ander betaal om dit te doen. 'n Derde persoon sterf, en dis oorlog. Die een moordenaar is 'n kleingeboude Swartman, die ander 'n bietjie groter met helderkleurige hare. Ek dink dit vind plaas in die Balkan, maar is nie seker nie..."

Hy beweer verder die oorlog versprei baie vinnig. Die boere sal nog in die kroeg kaartspeel dan kyk die soldate van 'n ander land by die vensters en deure in. So ver as Regensburg is daar geen brûe oor die Donaurivier nie. Massa eenhede marsjeer van die ooste af na Belgrade. Drie gepantserde magte kom teen 'n hoë spoed en sonder waarskuwing van die Donaurivier af oor Wes-Duitsland na die Rynrivier. Die bevolking slaan paniekbevange op die vlug na die weste. Baie motors blokkeer die paaie. Alles wat 'n hindernis in die pad van die oprukkende tenks is word platgery – motors inkluis. Hy sien geen brûe verder as Regensburg nie en byna niks bly van Frankfurt oor nie. Die Rynvallei word vernietig, hoofsaaklik deur lugaanvalle.

Rusland val Europa met drie speerpunt binne, Die eerste deur die woude al langs die Donau deur Praag, tot by die Bavariese woude en die noordweste. Die tweede speerpunt gaan van oos na wes oor Sakse, en die derde kom van die noordooste na die suidweste. Vliegtuie vlieg soos 'n swerm wit duiwe op. Die Russe stop nêrens nie. Dag en nag storm hulle in gelid om die Ruhrvallei te bereik waar daar baie oonde en vuurmaakplekke is.

Die geel draak, Sjina, val Alaska en Kanada binne, maar kom nie ver nie. Die vliegtuie laat bomme val in 'n lyn wat 'n geel stof uitsprei. Hulle gooi ook die geel stof af tussen die Swart- en Noordsee. So word 'n doodsgebied geskep so wyd as die helfte van Bavaria. In hierdie gebied kan niks verder leef nie en die Russe se voorrade word afgesny.

Dit sal 'n helder nag wees wanneer hulle dit begin gooi. Die tenks rol voort maar die soldate in die tenks word heeltemal swart wanneer hulle die stof inry. Waar die stof val, gaan alles dood – geen bome, geen bosse, geen vee, geen gras – alles verlep en word swart. (Siener het ten opsigte hiervan gesê alles word swart oppad na Suid-Afrika toe).

Die huise bly staan. Enigeen wat oor die stofstreef gaan, sterf. Dan begin alles by die speerpunte verbrokkel. Hulle moet almal na die noorde gaan. Wat hulle by hulle het, gooi hulle weg. Niemand sal weer terugkom nie.

Eskaders vliegtuie styg op. Twee gaan na die gevegsfront tussen wes en suidwes. Die eskaders draai na die noorde en sny die pad van die Derde Leër af. Uit die ooste kom ruspertenks maar almal daarin is dood. Die voertuie hou net aan met loop tot waar hulle vanself gaan staan. Hier gooi die vlieëniers ook klein, swart houers af. Dit ontplof voordat dit die grond raak en versprei 'n geelgroen stof wat soos rook lyk. Wie ookal in kontak daarmee kom sterf dadelik. Die gif is so erg dat die mense swart word en die vlees van hulle beendere afval. Vir 'n jaar daarna groei geen plante daar nie.

By die Ryn is die aanval uiteindelik afgeweer. Uit die speerpunte sal niemand huistoe gaan nie. 'n Natuurlike katastrofe sal veroorsaak dat die Russiese mag na die noorde uitwyk.

Die laaste veldslag sal rondom Cologne plaasvind. Hulle vlieg na die noorde. In die middel is daar 'n gebied waar niks leef nie. Dan vlieg hulle na die verre noorde waar die derde speerpunt ingekom en alles afgesny het. Hulle sterf almal, geeneen van hierdie leërs sal huistoe gaan nie.

Alois sien 'n enkele vliegtuig van die ooste af aangevlieg kom wat iets in die water laat val en dan gebeur iets vreemds. Die water styg hoër as 'n toring, val dan terug en alles word oorstroom. Daar is 'n aardskudding en die helfte van Engeland gly in die water. Drie groot stede van Engeland word ook vernietig. Die een deur water, by die tweede styg die see so hoog dat jy net die kerktoring sien, en die derde stad val in die water. (Onthou Siener  se visoen gehad waarin Duitsland aan die kop van 'n groot tafel sit, met talle lande waaronder Suid-Afrika ook aansit; Engeland was egter glad nie aan die tafel nie. Siener het voorspel dat Engeland heeltemal onder die water sal verdwyn as straf van God vir al die ellende wat hy deur baie jare aan talle wêreldlande veroorsaak het.)

Die lande aan die kusgebied word oorstroom. Die see is baie onstuimig, die golwe styg so hoog soos huise en skuim asof dit ondergronds kook. Eilande verdwyn, die klimaat verander. Januarie sal so warm wees dat die muskiete dans, beweer Alois.

Daar kom 'n groot donkerheid wat net sowat drie dae duur, dan val hael, en daar is erge weerlig en donder, 'n aardskudding laat die aarde vibreer. Moenie na buite gaan nie. Daar sal net kerslig wees. Mense wat rook inasem, krimp ineen en sterf. Moenie vensters oopmaak nie, maak dit dig met swart papier. Alle oop water sal giftig word, ook alle voedsel wat nie goed toegemaak is nie. Moenie voedsel in glas bewaar nie want dit sal nie heeltemal toegemaak kan word nie, het hy gesê.

Buite gaan die dood deur die rook voort en baie mense sterf. Na drie dae is alles verby maar hou die kerse aan die brand. En bid! Oornag sal daar meer mense sterf as in die twee vorige Wêreldoorloë. Moenie vensters oopmaak nie vir nog drie dae lank.

Die riviere sal so min water hê dat 'n mens daardeur kan loop. Die vee sal vrek, die gras word geel en droog, die dooie mense sal geel en swart word. Die wolke van die dood dryf na die ooste.

In die stad met die ystertoring (Parys) breek daar rewolusie uit. Die inwoners steek die stad aan die brand en dit word met die grond gelykgemaak. In Italië is net so veel chaos. Duisende mense word vermoor, en die pous slaan op die vlug. Baie kerklikes sal doodgemaak word. Die eilande aan die kusgebiede sink as gevolg van die woeste see en golwe. Daar is groot openinge in die see wat weer vol raak wanneer die enorme golwe terugtrek.

Daar breek 'n revolusie in Rusland uit, met 'n burgeroorlog tgot gevolg. Die lyke is so baie dat hulle nie meer van die paaie verwyder kan word nie. Die Russe glo weer opnuut in God. Die grotes onder die partyleiers pleeg selfmoord.

Alois sien 'n rooi massa, gemeng met geel gesigte; dit is opstande en verskriklike moorde. Hy sien drie neges as 'n tydsaanduiding, maar weet nie hoe dit bereken moet word nie. Die derde nege bring vrede. Na alles verby is, het 'n baie groot deel van die volk gesterf en die mense vrees God opnuut. Aborsies word weer verbied, daar is vrede en 'n beter tyd breek aan.

"Na hierdie gebeure breek 'n lang vredevolle tyd aan, en dié wat dit ervaar sal baie voorspoedig wees en kan hulleself gelukkig ag. Maar die mense sal weer van vooraf moet begin, daar waar hulle grootouers begin het." eindig Alois se visoen.

Vervolg...