Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
STRIJDOM-STANDBEELD - NYLSTROOM
Ligging: Aan die oostekant langs die R101, wat noord- suid deur die dorp loop, skuins oorkant die Beyers-monument.
GPS-koordinate: S24°42.152, E28°24.173.
Toegang: Die monument staan agter 'n tralieheining maar is duidelik sigbaar. Daar is geen toegangsbeheer nie en oorgenoeg parkeerplek.
Geriewe: Daar is geen geriewe by die beeld nie, maarvoldoende in die nabye omgewing.
Beeldhouer: A. de Jager.
Onthul: 1972, deur mev. Susan Strijdom.
Hierdie monument bring hulde aan J.G. Strijdom, wat as eerste minister van 1954 tot 1958 aan die hoof van die Suid-Afrikaanse regering gestaan het.
Johannes Gerhardus (Hans) Strijdom (1893-1958) het op 'n plaas naby WiIlowmore in die Ooskaap opgegroei. Hy het na-skools by die Victoria-kollege (wat later die Universiteit van Stellen-bosch geword het) asook by die Universiteit van Pretoria in die regte studeer. Hy het op Nylstroom in Noord-Transvaal as prokureur praktiseer en spoedig 'n leiersfiguur in die gemeenskap geword. In 1929 is hy as kandidaat van die Nasionale Party as volksraadslid vir Waterberg verkies. Hy het sy kiesafdeiing ononderbroke tot in 1958 in die parlement verteenwoordig en op grond van sy kragdadige beeld die eretitel "Leeu van die Noorde" verwerf.
Strijdom was op een stadium die enigste Volksraadslid van die destydse Transvaal wat die Nasionale Party ondersteun het. Teen 1948 het daardie party se steun egter tot so 'n mate gegroei dat dit die algemene verkiesing gewen en die regerende party geword het. Die partyleier D.F. Malan het eerste minister geword en vir Strijdom in sy kabinet opgeneem.
Toe Malan in 1954 uit die politiek getree het, het die Nasionale Party vir Strijdom as nuwe hoofteier verkies en het hy Eerste Minister geword. Hy het voortgegaan met die toepassing van apartheid, wat die basis van die Nasionale Party se beleid was. Hy was daarbewens 'n groot voorstander van die gedagte dat Suid-Afrika 'n republiek moes word, maar dit is nie in sy regeringstyd bereik nie.
Strijdom, wat as 'n toegewyde, eerlike en onkreukbare persoon bekend gestaan het, se gesondheid het in die loop van sy kort regeringstyd toenemend verswak en hy is in 1958 oorlede. Hy is deur sy vrou Susan, 'n seun en 'n dogter oorleef.