NOG SA-BURGERS VLUG LANDUIT

Ons kopdoekprof sien die saak heeltemal reg: Afrikaners hoort nie in 'n land waar soveel korrupsie, misdaad en onvermoë van 'n sogenaamde regering is nie. Hulle kan dit nie meer in hierdie vernielde land uithou nie. Reeds in hierdie eerste kwartaal van 2012 volgens die jongste PPS vertrouensindeks oorweeg meer mense as in 2010 om Suid-Afrika permanent te verlaat.  Die redes wat hiervoor aangevoer word, is misdaad, swak gehalte van onderwys, treurige gesondheidsorg en politieke onsekerheid. Hierdie bevindinge klop feitlik identies met die jongste Grant Thornton Internasionale Sakeverslag wat bevind het dat  20% van uitvoerende direkteure van genoteerde en private ondernemings in SA dit in die eerste kwartaal vanjaar ernstig oorweeg het om die land vir goed te verlaat.

Maar ongelukkig vir die proffie gaan hier 'n Gideonsbende van Afrikaners wat vir niks stuit nie, oorbly. Sal daar dán vir doekdraers soos hy nog plek wees...