VERWOERD SE BOEKIE NOG NIE VOL?

VERWOERD HET WISKUNDE GLO BEMOEILIK OMDAT SWARTES ‘N BEDREIGING WAS – SÊ MUCHUNU

ANC HET WISKUNDE BELAGLIK VERGEMAKLIK OMDAT BLANKES ‘N BEDREIGING IS – SÊ ONS...

Kriewelkop

"Dit was Verwoerd wie hierdie twee vakke moedswillig so moeilik gemaak het in sy doelbewuste beplanning om die swart volke ‘n agterstand te gee, en dit net omdat hy deur hulle bedreig gevoel het.”

‘n Kort tydjie gelede was dit die rassistiese blankes se skuld dat daar so min swart mense hemel toe gaan, het ‘n ANC-woordvoerder in alle erns beweer. Daarom sou hulle voortaan sorg dat indien Angus Buchan weer samekomste reël, die eerste 70% van kaartjieverkope gedwonge aan swartes verkoop sou word. Ek het toe die vraag gevra: wie op aarde het vir die ANC gesê dat daar min swartes in die hemel kom? Of was dit juis nie ‘n aardse stelling nie... Nietemin, of dit ‘n mens was of ‘n ander wese wat hierdie nuus aan hulle oorgedra het, kon niemand tot nou toe my vraag beantwoord nie.

Nou is dit weer Verwoerd en sy afsonderlike ontwikkeling se skuld dat die Wiskunde en Wetenskap so moeilik was. En ek sê ‘wás’, want die ANC het reeds gesorg dat dit nie meer ís nie, en hulle gaan verder sorg dat dit die heel maklikste vakke op skool word.

Ons weet mos dat nie alle rasse juis primêr aangelê is vir rekenkundige berekeninge en diep wetenskappe nie want vir dié dinkwerk was daar ‘n andersoortige groep  geskape  -  en die ánder ánderiges  was slegs veronderstel om die reeds deurdenkte opdragte van die andersoortige groep uit te voer. Maar toe wil daardie ánderiges ook leer hoe om opdragte uit te deel. Ongelukkig kan hulle steeds nie die ware jakob in Wetenskap en Wiskunde baasraak nie.

En nou is dit weer apartheid se skuld. Só sê ene Mchunu ‘n paar dae gelede by die iLembe prysuitdelings by Stanger Hoërskool waar hy die leerlinge geprys het oor die 9.6% styging in die slaagsyfer oor die geheel – maar dit was blanke en swart leerlinge se stygingspersentasie, en heel aanvaarbaar dat dit hoofsaaklik Wiskunde en Wetenskap is wat die swart leerlinge in die verlede gepootjie het. Nou wat sou nou verander het?

Muchunu verduidelik sommer self: “ Een van die aspekte wat in die verlede ‘n groot probleem vir die leerlinge was, is Wiskunde en Wetenskap. Daar was slegs ‘n 50% slaagsyfer vir Wetenskap, en net 47% slaagsyfer vir Wiskunde. In hierdie twee vakke gaan ons nou poog om julle uit julle gewoonte van slegdoen te haal want dié twee vakke gaan nie meer so moeilik wees nie. Dit was Verwoerd wie hierdie twee vakke moedswillig so moeilik gemaak het in sy doelbewuste beplanning om die swart volke ‘n agterstand te gee, en dit net omdat hy deur hulle bedreig gevoel het.”

Vir so ‘n siel sal dit niks help om te hoor dat dr Verwoerd juis die één man was wat alles in sy vermoë gedoen het om die swart volke op te hef sodat hulle op alle gebiede selfstandig sou kon leef nie. Maar selfs die heel beste, puik deurdagte beplanning kon nie die selfverkose-agtergeblewenes tot op die andersoortiges se vlak bring nie.

En wat bly nou oor? Ook ons blanke leerlinge word onderwerp aan hierdie lae standaard van Wiskunde en Wetenskap, en al kry hulle deesdae self baie hoër punte in hierdie twee vakke is dit alles behalwe ‘n prestasie; daarom is hulle met betrekking tot betrokke beroepe deesdae ook nie meer so in aanvraag in oorsese lande soos tevore nie.

Waar eindig die nageslag van ‘n volk wat amper nie meer kan lees nie, feitlik nie meer kan spel nie, en nou ook sy prestasies met sy natuurlike aanleg vir die wetenskappe en wiskunde gedwonge moet prysgee? Klink dit soos die toekomstige leiers van ‘n geseënde volk? Mag elke ouer en elke volksgenoot hierdie saak aan ons Almagtige God met groot erns opdra.