SA EKONOMIESE INEENSTORTING IN VOLLE SWANG!

Vuurwapenregister in wanorde
Ditsemblits by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Volgens ‘n DA-mediaverklaring is die Sentrale Vuurwapenregister (SVR) van die SA Polisiediens in wanorde ná gepoogde interne herstrukturering van die rekords en lisensie-aansoeke. Blykbaar is van die toppersoneel van die SVR bevorder na hoër poste, met niemand om hul plekke in te neem. Van die wagwoorde op die rekenaarstelsel is verander en het die stelsel tot stilstand gekom. Volgens die DA was pogings om die SVR te kontak vrugteloos, met telefone wat na bewering gediskonnekteer is. Minister van Polisie Nathi Mthethwa het na bewering ’n totale hersiening van die SVR beveel, maar dit het tot dusver net tot meer wanorde gelei. Hierdie toestand volg op jare se pogings van die regering, d.m.v. die SAPD, om die besit van wettige vuurwapens so moeilik moontlik te maak – ’n poging wat wyd gesien is as hoofsaaklik teen blankes gemik.