VERSKERPTE POGING TOT VOLKSMOORD IN 2012

Dit is duidelik dat 2012 die jaar is waarin 'n verskerpte poging aangewend sal word om die witman finaal uit die land te kry. Minstens vyf plaasaanvalle waarin drie boere vermoor is, het die afgelope paar weke skokgolwe deur die land gestuur. Daar is glo reeds vanjaar meer aanvalle as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar, maar ’n tekort aan amptelike statistiek in dié verband maak dit moeilik dit te bewys.

“Die situasie is onaanvaarbaar,” sê mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA. Hy het boere gemaan om paraat te wees en hulself só te posisioneer dat hulle teen misdaad kan optree.  “Die landbou is in ’n skaakmatsituasie en die onus rus op elke boer om te  sorg dat hy en sy plaas veilig is".

"Voorkomende optrede is nodig indien Suid-Afrika plaasaanvalle ’n nekslag wil toedien", sê mnr. André Botha, voorsitter vir van Agri SA se landelike beveiligingskomitee.

Toename
“Daar is jaarliks ’n toename in plaasaanvalle in Januarie en Februarie. Ons vermoed dít hou verband met die hoër ekonomiese druk waaronder mense dié tyd van die jaar verkeer,” sê Botha.  Hy sê ten spyte daarvan dat die landelike beveiligingsplan goedgekeur is, word dit nie na behore toegepas nie. “Volgens die plan moet daar deurlopend ’n patrollievoertuig in ’n distrik wees sodat onbekende voertuie dopgehou en verdagtes ondervra kan word. By polisiekantore word dié plan nie na behore uitgevoer nie." En met hierdie laaste stelling weerspreek mnr Botha sy sogenaamde teorie dat die oorsaak groter ekonomiese druk is – dit is duidelik dat daar 'n georkestreerde uitwissingspoging van die ANC en sy swart polisiemag is teen die blanke in die land, nie net die plaasboere nie – daar word egter nie statistiek gehou of bekend gemaak van die talle ander moorde en aanvalle om blanke burgerlikes nie.