Anita Morkel
Die volksuitmoording van blankes het die afgelope tyd weer ’n skerp styging getoon te midde van die ANC en sy jeugliga se vaste voorneme om te appelleer teen die hofuitspraak dat “skiet die Boere” haatspraak is. Die hof het ook die sing daarvan verbied.
Die dagbladpers word toemend deur die publiek daarvan beskuldig dat hulle nie korrek berig oor hierdie volksuitmoording nie, dit afwater en ook onder die mat probeer invee. Enersyds is daar woede aan die opbou oor die media se versuim en andersyds oor die feit dat daar hoegenaamd niks oor die volksuitmoording gedoen word nie, óók en veral vanuit regeringskant nie.
Die media het wél berig oor die volgende mense wat vermoor is en ‘n ouerige dame wat ‘n wreedaardige aanval oorleef het. Die feite wat vervolgens gebruik is, is egter in verskeie bronne nagegaan:
* Amaro Vaina (13 jr.), sy ma, Geraldine, (46 jr.) en pa, Tony, (50 jr.) is deur besope swartes vermoor wat die gesinslede met panga’s deur hul huis op ‘n hoewe naby die Walkerville skougrond gejaag het terwyl hulle kapwonde toegedien is. Die swart moordenaars het Amaro boonop vasgebind en in ‘n bad verdrink. Sy pa, Tony, en die gesin se hond is met die panga’s doodgekap. Mev. Vaina is verkrag en met bottelskerwe gemartel voordat sy vermoor is.
Die seun van die gesin se bediende, ‘n 20-jarige swarte, is in verband met die moord aangekeer. Die gesin se gesteelde voertuig is by hom gekry. Sy vriende wat aan die barbaarse moorde deelgeneem het, is blykbaar nog nie aangekeer nie.
Die wreedaardige wyse waarop mev. Vaina seksueel gemartel is, herinner aan die wyse waarop die Lotter-moorde verlede jaar op Allanridge in die Vrystaat gepleeg is. Die vroue se 22-jarige tuinier en sy medepligtige het mev. Alice Lotter (76 jr.) en haar dogter, Helen (57 jr.) aangeval. Hulle het insgelyks bottelstukke gebruik om mev. Helen Lotter seksueel te martel en sodanig te verniel dat sy aan haar wonde beswyk het. Haar moeder is doodgesteek. Die woorde: “kill the boer” is deur die moordenaars teen die Lotter-woning geskryf.
*Annalieze Herbst (39 jr.) van Thabazimbi is deur swart moordenaars verwurg en onbenullige items is uit die woning geneem.
*Freddie Vos (30 jr.) is met verskeie steekwone aan sy kop en rug in die Polliesbale steengroef buite Vryburg gekry.
*Mnr. Piet Leeb (48 jr.) van Naboomspruit is vasgebind en met ‘n byl en mes vermoor. Sy moordenaars was vermoedelik Zimbabwiërs. Hy het 12 uur lank oorleef voordat hy aan sy wonde beswyk het.
*Die bejaarde Duitser, mnr. Hein Euler (75 jr.) is in Morehill Glen, Benoni met ‘n ysterpyp deur twee swart moordenaars doodgeslaan. Sy vrou, Erika (71 jr.) is ernstig aangerand.
*Karin Zemann (40 jr.) is vermoor terwyl sy probeer vlug het van haar moordenaars by Hekpoort in Wes- Transvaal. Sy is in die oop veld met ‘n enkel skietwond bo haar linkeroog gekry.
*Die wreedaardige aanval deur drie swartes op mev. Elsie van der Merwe (66 jr.) van Langenhoven Park in Bloemfontein vind plaas op dieselfde dag waarop sy na ‘n veiligheidsoord sou trek. Sy het die aanval oorleef. ’n Kopfoto van haar het in die media verskyn en toon hoe wreed sy verniel is. Benewens al die beserings wat hulle haar toegedien het, het haar aanvallers ook wyn op haar uitgegooi terwyl een met ‘n aansteker gespeel het. Hulle het haar gedreig dat hulle haar aan die brand sou steek.
Haar swart aanvallers, wat tussen 26 en 30 jaar oud is, is in hegtenis geneem.