VERANDERING VAN GRONDWET FATAAL

Mediaverklaring

TLU SA

TLU SA het met skok kennis geneem van die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Gugile Nkwinti, se standpunt dat die regering bereid is om die Grondwet te verander ter wille van grondhervorming.

Mnr. Louis Meintjes, President van TLU SA, sê dat hier teenstrydige boodskappe uitgestuur word, maar uiteindelik met een sentrale uitkoms, naamlik die vervreemding van die boer van sy grond.

  Mnr. Meintjes het verwys na die pas vrygestelde Groenskrif oor grond, waar verskeie prosesse nou aan die gang gesit is om die Groenskrif te bespreek en kommentaar te lewer. “As die regering dan in eie geledere besluit het om die Grondwet te verander, waarom is dit nodig om die Groenskrif te hanteer?” vra mnr. Meintjes.