MALEMA SE KORRUPSIE TOEGESMEER

Sarie Pieterse

Dis tog interessant hoe daar tekorte aan fondse opduik wanneer korrupsie-ondersoeke na Swartes geloods word terwyl daar klaarblyklik geen geldtekorte is wanneer swart radikales soos die ANC-jeugliga en die 'National Youth Development Agency'  bakhand by die regime staan nie. Pas is daar weer verskeie ondersoeke na korrupsie, insluitend dié van Julius Malema, weens 'n geldtekort op ys geplaas – dié soort ys wat so vinnig smelt dat niemand ooit weer 'n daaroor woord rep nie.  Die swart advokaat Thuli Madonsela, het as Openbare Beskermer hierdie uitspraak gelewer.
Al is die OB ingevolge die Wet op die Openbare Beskermer geregtig om hulp van ander staatsliggame soos die Valke vra, is dit nou glo teen haar 'beterwete' want die "ander ondersoekafdelings se geld is ook min." Hierdie soort konsiderasie vir ander instansies se besittings is 'n rariteit in die Nuwe Suid-Afrika en verdien gewis buitengewone vermelding. Te midde van al die baie ander dringender sake sal die tesourie glo wel later 'n volledige oudit van die OB se kantoor doen en kyk na die begroting en toenemende verantwoordelikhede. Kershia Singh, woordvoerder van die tesourie, het gesê die departement van finansies gaan nie die sake bespreek nie want dit is nie nodig dat almal weet wat hulle doen nie maar alle aanpassings sal glo in Oktober in die parlement aangekondig word wanneer daar heel moontlik ook veel belangriker sake op die tafel sal wees.