MALEMA PRAAT LAAAANKAL NAMENS REGIME...

TLU - MEDIAVERKLARING

Brei Malema tugverhoor uit

Die dissiplinêre verhoor wat ANC-Jeugleier Julius Malema in die gesig staar is te verwelkom, alhoewel die redes daarvoor gebrekkig voorkom.

TLU SA se president, mnr. Ben Marais sê dat Malema se uitlatings oor ‘n gewenste regeringsverandering in Botswana waarskynlik die minste is van sy uitsprake en dat dit die land nie benadeel het nie. “Sy uitsprake oor nasionalisering van myne, en onteiening van landbougrond sonder vergoeding, het die land se ekonomie reeds onberekenbare skade gedoen en beleggersvertroue byna onherstelbaar geskaad.

“Daarbenewens is hy ook nog nooit deur die ANC aangespreek oor sy opswepende dreunsang ‘Skiet die boere’ nie.  Die dissiplinêre verhoor is dus die ideale geleentheid om al hierdie sake te hanteer en te probeer regstel.  Daarom doen TLU SA ‘n ernstige beroep op die ANC om die dissiplinêre verhoor uit te brei na sy opmerkings oor onteiening van landbougrond en sy nasionaliseringspraatjies.  Doen die ANC dit nie, sal ons geen ander afleiding kan maak as dat Malema die gevoel van die regerende party en die selfs die regering self verwoord het toe hy onteiening en nasionalisering op dieselfde geleentheid as die regeringsverandering in Botswana geopper het,” sê mnr. Marais.