Neal Quirk, een van die direkteure van Pick n Pay, die bekende groot kettingsupermark in Suid-Afrika, het vanoggend bekend gemaak dat hulle om ekonomiese redes dalk sowat 3,137 werknemers gaan afdank. Hy het vakbonde oor hierdie moontlikheid ingelig en gesĂȘ dat daar al deeglik oor ander moontlikhede gedink is om die groot getal afdankings minder te maak. Daar sal gedurende die volgende vergadering daaroor uitsluitsel gegee word.