OPGEDRA AAN ALLE SENIORS
Iemand skryf:
Op 'n dag hou ek stil bo op 'n berg in die plantasies van Tzaneen. Ek staan en kyk oor die omgewing en die Laeveld en dink ek kan tot by Phalaborwa sien. Ek hoor 'n voertuig aankom en dit ry tot by my. 'n Voertuig van Merensky Bosbou. Die vuurtoring het rapporteer dat hulle 'n voertuig sien stilhou het in die plantasie. Die bosbouer het kom kyk wat aangaan.
Ons kyk saam na die omgewing - pragtig!
En Hannes vra my toe
" WAT IS 'N BOOM ?"...
'n Boom ? Wat 'n vraag !
Ek dink 'n bietjie en besef hy wil vir my iets sê en ek vra hy moet my vertel...
"A TREE IS A SEED THAT TOOK A STAND !"
Daar gaan klomp sade tot niet. Party lê net en het op 'n klip geval. Ontkiem maar verdroog. Ander versuip. Ander ontkiem maar lê bo-op en verdroog. Ander groei maar brand dood. Klomp redes waarom dit nie tot volwassenheid ontwikkel nie, maar teen die tyd wat dit boom geword het, is dit een met getuienisse wat 'n klomp aanslae oorleef het.
As jy "groot" geword het, 60 verby, dan het ek baie respek vir jou. Dan beteken dit jý is "A tree that took a stand !".
Maar, dan vertel dit ook dat jy gespaar was, sodat jy koelte kan gee, takke het waarop voëls kan sit en nesmaak, vrugte kan dra vir almal om daarvan te kan eet, hout het wat gebruik kan word, en 'n karakter het wat eie is. Pragtig gevorm en uniek.
Jy was gevorm om 'n doel te dien.
Ek bid dat jy nie net staan en wag dat jou tyd verby gaan nie. Jy is 'n uitgekieste saad wat 'n BOOM geword het. Jy het vrug, koelte, kennis, ens. vir ander.
Ek dank ons Vader dat ek vir jou kan sê dat jy spesiaal gespaar was tot nou.
Vader, ek bid vir elke “boom” wat staan. Dat U vir elkeen sy of haar waarde sal wys en dat hulle dit ook sal uitleef.
Dankie Vader dat ons tot hier gevorder het en almal vrug het vir ander om te eet. Loof U groot en Heilige Naam.